Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Soek  
Keuselys  

  

Nuwe stelsel

U sal opmerk dat 'n nuwe stelsel gebruik word om Die Kerkpad op die web te publiseer. Soos gewoonlik is daar altyd 'n paar probleme wat meer tyd in beslag neem as waarvoor beplan is. Ons hoop om die stelsel probleme geleidelik soos die tyd beskikbaar is op te ruim.

Daar is nog nie 'n Afrikaanse vertaling vir die stelsel nie. Ons werk daaraan, maar dit is 'n baie groot taak. Verduur asb die Nederlands (en ander tale) met geduld.

U sal aan die regterkant opmerk dat u kan registreer om in te log. Registreer asb. - dan kan ons vir u per e-pos op hoogte hou van belangrike gebeure - soos die beskikbaarheid van 'n nuwe uitgawe van Die Kerkpad op die web.

Die ou artikels is beskikbaar in die argief.

Jammer vir die ongerief


Die Kerkpad November 2005: Kerklike Konflik in Suid-Afrika

Geplaatst door: Admin op Woensdag, 19 Oktober 2005 - 00:00 EET
Aktueel 
KERKLIKE KONFLIK IN SUID-AFRIKA 2005

Behoudende denke teenoor leer- en regeerveranderings in die kerk

Gepubliseer en uitgegee deur P van der Kooi

As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? (Psalm 11:3)





Lees meer... 'Kerklike Konflik in Suid-Afrika' (38076 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: Wekroep vir reformasie in die kerk (GKSA)

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 18:20 EET
Redaksioneel 
Praktiese wenke vir die hantering van hierdie uitgawe met sy bylae





Lees meer... 'Wekroep vir reformasie in die kerk (GKSA)' (4707 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: NEERGEDAAL HET NA DIE HEL …

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 18:17 EET
Redaksioneel 
REDAKSIONELE KOMMENTAAR
MET DANK AAN “N INTEKENAAR-LESER WAT ‘N AANSPORENDE EN HOOGSBELANGRIKE INSET HIEROP GELEWER HET


Omdat daar vandag so 'n felle aanslag op ons godsdiens gemaak word om ons kosbare geloof te ondergrawe en daarmee ons saligheid bedreig, en omdat daar 'n algemene misverstand in die kerke bestaan, veral omtrent artikel 4 van ons Apostoliese Geloofsbelydenis, is dit nodig om die bewoording van hierdie artikel weer in eenvoudige taal te verduidelik.





Lees meer... 'NEERGEDAAL HET NA DIE HEL …' (10283 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: “VOORVADERGEESTE” BEïNVLOEDING RAAK SA PARLEMENT

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 18:07 EET
Algemeen 
BERIG IN: DIE AFRIKANER, 9 - 15 SEPTEMBER 2005
Die skokkende onthullings dat parlementslede en selfs kabinetslede hulle laat lei deur die voorvadergeeste in staatsake, is waarskynlik die grootste bewys van die agteruitgang van sake in Suid-Afrika sedert die ANC oorgeneem het.
Sangomas het, volgens inligting, vrye toegang tot die parlement waar hulle deur regeerders geraadpleeg word oor 'n groot verskeidenheid van sake.



Lees meer... '“VOORVADERGEESTE” BEïNVLOEDING RAAK SA PARLEMENT' (4705 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: Redaksioneel

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:27 EET
Redaksioneel 
Die datum van 31 Oktober staan, vandat Martin Luther sy 95 stellinge op dié dag, in 1517, op die deur van die slotkapel te Wittenberg vasgespyker het, bekend as Hervormingsdag. Veral die geloofsake van ewige saligheid of ewige straf aan liggaam en siel, was die brandpunt van Luther se konflik met die Roomse Kerk. Die handel in aflaatbriewe (“die heilige handel”, soos dit onbeskaamd genoem is) het tot 'n skandaal ontwikkel.





Lees meer... 'Redaksioneel' (1623 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: VREEMDELINGSKAP

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:25 EET
Hoofartikel 
Gereformeerde Afrikaner volksgenote word nou skerp aangeval binne die verband van die GKSA, deur manne-broeders wat op prominente plekke aangestel is en hulle waardigheid en gesag tans misbruik om hulle liberale sienings oor “kerkwees en volkwees” te verkondig. Dis manne van kaliber wat hulle teologiese verklaring en uitleg van die Heilige Skrif verabsoluteer in hulle standpunte rakende behoudende Afrikaners, wat nie kán of wil vereenselwig met die “nuwe (demokratiese) Suid-Afrika“ nie. Skrifverklaring oor “vreemdelingskap” in die algemene Sendbrief van 1 Petrus, word situatief verklaar en dien as 'n boodskap gerig aan behoudende Afrikaners. Die kerkorde word gestel in verband van kollegialistiese, van bo af oorheersde kerkbestuur, 'n sinode saamgestel deur 'n “getrapte“ afvaardiging, ten opsigte waarvan meerderheidsbesluite in alle gevalle as vas en bindend beskou moet word. Veranderde omstandighede maak dat die “volks-”benadering met 'n ongeldige verwysing na sinodebesluite oor “apartheid”, as ontoelaatbaar en as uitgedien beskou en, sodanig, gedoseer word. Wat is hierop die antwoord? Daar is teveel om dit in een artikel te kan doen. Daarom is die publikasie van 'n geskrif wat spesifiek daaroor handel, as bylae hieraan toegevoeg.





Lees meer... 'VREEMDELINGSKAP' (9007 bytes) Printer vriendelijke pagina

DIE VERBORGE OPENBARING EN GEOPENBAARDE VERBORGENHEID

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:20 EET
 
Lukas 10 : 12 - 24
DS RONALD BAIN - POTGIETERSRUS-WES -

“In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.” Lukas 10 : 21



Lees meer... 'DIE VERBORGE OPENBARING EN GEOPENBAARDE VERBORGENHEID' (6404 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: DIE BYBEL IS DIE SPREKENDE GOD, DIE WOORD VAN DIE HERE

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:19 EET
Aktueel 
Die Bybel is heilig en kanoniek (NGB, art 6).

Daar mag niks bygevoeg of uit weggelaat word nie (NGB, art 7).

Die Woord van die Here is, soos Hy is, ewig, sonder begin en einde;
tyd en ewigheid, asook hemel en aarde omvattend,
onverganklik, onwankelbaar, vas en seker.



Lees meer... 'DIE BYBEL IS DIE SPREKENDE GOD, DIE WOORD VAN DIE HERE' (1166 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: DIE BYBEL IS DIE GODSOPENBARING

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:17 EET
Algemeen 
DIE BYBEL IS DIE GODSOPENBARING
- DR JD DU TOIT (TOTIUS) IN VERSAMELDE WERKE, DEEL 5. JOHANNESBURG 1960, BL 95 -

Die Bybel ontvou vir ons die Goddelike plan van verlossing soos gesentraliseer in Jesus Christus, die Middelaar van God en die mense. Dit bring “die heilige Evangelie wat God self eers in die Paradys geopenbaar het en daarna deur die heilige aartsvaders en profete laat verkondig en deur die offerandes en ander seremonies van die Wet vooraf laat afbeeld het en eindelik deur Sy eniggebore Seun vervul het” (HK, Vr/antw 19).



Notitie:
As dit eers duidelik en beslis op die voorgrond staan, kan ons voorts vasstel dat hierdie heilsboodskap van die Skrif nie soos 'n olyftak op die stormagtige lewenswaters drywe nie.

Die Woord van God predik die verlossing in Christus; maar let nou daarop hoe dit geskied. Die Skrif begin met die skepping van hemel en aarde. Dit eindig met die wêreldkatastroof in die Openbaring en die verrysenis van 'n nuwe hemel en aarde. Dit handel oor die opkoms, bloei en insinking van wêreldryke soos Egipte, Babel, Tirus en andere. Dit bevat gebooie vir die huisgesin, die sosiale verhoudinge, die owerheid en ander lewenskringe en lewensverhoudinge. Wie mag vir die Woord van God grense stel en sê: Tot hiertoe en nie verder nie?

Vir al die vertakkinge van die wetenskap vind ons in die Skrif die hoofbeginsels vanwaar uitgegaan moet word en wat by ons studie fundamenteel en rigtinggewend moet wees.

Dit is dus duidelik dat die Skrif vir die gelowige 'n goudmyn van oneindige rykdom is. Maar - en dit is die punt waar dit nou op aankom - dié myn moet langs die weg van moeisame arbeid ontgin word. Die goudstukkies en goudstippels, soms o so fyn, moet uit die rotse gehaal en tot blokke gevorm word. En dan eers kan die edele metaal tot munt gestempel word.
Hierdie beeldspraak is, na ons gedagte, 'n genoegsame aanduiding van die heerlike arbeid wat vir die ondersoeker voorlê . Die Skrif gee die riglyne vir die gebou wat moet verrys. Laat elkeen maar oppas hoe hy bou.


Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: Daar staan geskrywe en dit het geskied

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:15 EET
Algemeen 
Die geskiedenis, wat nie 'n voorwerp van ydele nuuskierigheid mag wees nie, is nuttig; nie slegs omdat dit 'n treffende onderrig in die ervaring van die voorgeslagte gee nie, maar veral ook omdat dit, in die lig wat die Bybel vir Christene verskaf, God se almag, wysheid, regverdigheid, en genade in die lotgevalle van 'n sondige mensdom openbaar.





Lees meer... 'Daar staan geskrywe en dit het geskied' (1176 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: “Doen alles alles tot verheerliking van God”

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:14 EET
Algemeen 
- DR DF MALAN SE AFSKEID VAN SY GEMEENTE, NG KERK GRAAFF-REINET, 13 JUNIE 1915 -

Ons teks vind u opgeteken in die 31ste vers van 1 Korinthiërs 10: “Of julle dan eet en drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God”. Veral staan ons stil by die laaste gedeelte: “Doen alles tot verheerliking van God”.





Lees meer... '“Doen alles alles tot verheerliking van God”' (6396 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: DIE EERSTE ALGEMENE BRIEF VAN DIE APOSTEL PETRUS

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:12 EET
Algemeen 

Die Bybel met Verklarende Aantekeninge (1959) bl 678/9 -


Plek, tyd, doel en boodskap van skrywe

As plek van ontstaan van die brief word in 1 Petrus 5 : 13 Babilon genoem. Hiermee word nie bedoel die ou Babel aan die Eufraat of Babilon in Epipte nie, maar dis 'n geheimsinnige aanduiding van Rome, die hoofstad van die Romeinse wêreldryk. Deur Rome simbolies Babilon te noem, word die hoofstad en die gesag van die Romeinse wêreldryk vir die Christene aangedui as die sentrum van gruwele, goddeloosheid en afgodediens. Ons het hier 'n oorblyfsel van Joods-oud-Christelike geheimtaal. Ook in Openbaring 14:8; 16:19; 17:5 en 18:2, 10, 21 word Rome aangedui as Babilon.




Lees meer... 'DIE EERSTE ALGEMENE BRIEF VAN DIE APOSTEL PETRUS' (3975 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: TRANSFORMEER? OM DIE EER VAN DIE HERE, BESLIS NEE! REFORMEER! DIS DIE WEKROEP VIR DIE GEREFORMEERDE KERK

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:11 EET
Redaksioneel 
Redaksioneel - P van der Kooi -


“En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer,
en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is:
Hoor die woord van die HERE!” (Es 13:2)

Die omstandighede in die kerk, spesifiek in die GKSA verband van kerke, maak dit noodsaaklik om, soos die profeet Esegiël in sy dae geroep is om 'n wag vir die huis van Israel te wees (Es 3:17), tans die trompet te blaas en luid te verkondig: Gevaar! Die kerk van die HERE verkeer in gevaar!





Lees meer... 'TRANSFORMEER? OM DIE EER VAN DIE HERE, BESLIS NEE! REFORMEER! DIS DIE WEKROEP VIR DIE GEREFORMEERDE KERK' (5180 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: KERKEKONFERENSIE VAN 5 MAART 2005

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:09 EET
Aktueel 
“Die Skrifbeginsel agter die besluite van die Sinode van 2003
'n openhartige gesprek oor die gesag van die Skrif”

As redaksie beveel ons graag ons lesers aan om kennis te neem van die boekie
wat oor die Kerkekonferensie van 5 Maart 2005 saamgestel en nou beskikbaar is



Lees meer... 'KERKEKONFERENSIE VAN 5 MAART 2005' (5205 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: DIE PRESBITERIALE STELSEL VAN KERKREGERING

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:08 EET
Algemeen 
- DR B SPOELSTRA. IN: HANDLEIDING BY DIE KERKORDE VAN DIE GKSA, 1966, INLEIDING. BL 1 - 19 -

1 Die begrip kerkorde

Die kerkorde wil die orde en reël vir die kerk bepaal. Dit is nie 'n kerkwet nie, omdat God alleen vir die kerk vir die kerk wette kan neerlê. Wetgewing veronderstel ook dat die wetgewende liggaam (sinode) voor die wette bestaan. In die gereformeerde kerkregering moes die kerkrade eers 'n onderlinge ooreenkoms in 'n Kerkorde tref en daarna kan 'n sinode op sterkte daarvan bindende besluite neem (Amos 3:3). Die Kerkorde is dus die ooreenkoms waarvolgens kerkrade onder andere in sinodes saamkom en daarom kan dit nie 'n wet van die sinode wees nie. In die kollegialistiese kerkregeringstelsel roep die staat egter gewoonlik die sinode kragtens 'n staatswet in die lewe en delegeer hy die wetgewende mag na hierdie kollegialistiese sinode op grond waarvan dit weer met sy wette magte aan kerkrade verleen. Hier ontleen die kerkraad dan sy mag en bevoegdheid aan die sinodale kerkwet.





Lees meer... 'DIE PRESBITERIALE STELSEL VAN KERKREGERING' (11820 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: PLAASLIKE KERKE EN KERKVERBAND

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:06 EET
Algemeen 
- DR B SPOELSTRA IN: HANDLEIDING BY DIE KERKORDE VAN DIE GKSA, 1966, INLEIDING. BL 19, 39 - 41 -

Die plaaslike kerk vorm 'n kerkverband vir die regering

Net soos die gelowiges vergader om 'n kerk te vorm omdat hulle één in Christus is, en die ampsdraers weer in 'n raad van en vir die kerk saamkom om in die Naam van Christus te regeer, so kom die kerkrade weer met ander kerkrade, met wie hulle één in leer is, saam om die regering in kerkverband te behartig. Daar is so 'n voorbeeld in die Skrif waar verteenwoordigers van die kerk van Antiochië saam met die kerk van Jerusalem vergader het en hulle gesamentlik besluit met gesag aan alle kerke deurgegee het (Hand 15). In die kerkverband gaan die selfstandigheid van die plaaslike kerke nie verlore nie ...



Lees meer... 'PLAASLIKE KERKE EN KERKVERBAND' (3410 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: DIE KLASSIS - BEGINSEL

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:05 EET
Algemeen 
DR GPL VAN DER LINDE
iN: 'N VERKLARING VAN DIE GEREFORMEERDE KERKORDE, 1983. POTCHEFSTROOM. BL 156

In artikel 41 van die Kerkorde tree, net soos in die voorgaande artikels vanaf artikel 29, die grondliggende be-ginsel van presbiteriale kerkregeringstelsel op die voorgrond. Die plaaslike kerk is die volledige openbaring van die liggaam van Christus, maar nie die enigste nie. en is daarom op die ander kerke aangewys om in die kerkregering die wil van die Here na te speur, toe te pas en te handhaaf.





Lees meer... 'DIE KLASSIS - BEGINSEL' (944 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: VREEMDELING IN JOU EIE LAND?

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:03 EET
Algemeen 
“Teologiese riglyne vanuit 1 Petrus, met 'n juridiese begronding”
JJ (Fika) Janse van Rensburg en Gerrit J Pienaar
gepubliseer in: In die Skriflig, Jaargang 39.1, April 2005, bl 27 - 52

“Sommige Suid-Afrikaners, en meer spesifiek Afrikaanssprekende landsburgers, beleef hulle huidige situasie as dié van vreemdelinge in hul eie land. Talle voorregte wat hulle in die verlede geniet het, bestaan nie meer nie. Meer nog - dit voel vir Afrikaners asof hulle voortdurend ook nog andere voorregte kwytraak. In hierdie artikel word gepoog om die motief van vreemdelingskap in 1 Petrus toe te pas op die genoemde probleem, asook om tersaaklike Suid-Afrikaanse grondwetlike bepalings te betrek. Die doel met hierdie vertrekpunt is om predikers en pastors toe te rus om 'n geldige Bybelse perspektief op die probleem te bied. Sodanige perspektief kan moontlik bydra tot 'n meer positiewe houding by Afrikaner-Christene wat hierdie belewing van vervreemding het, sodat hulle hulle roeping in Suid-Afrika kan vervul in 'n gees van hoop”. dis die “opsomming van dié navorsing”.





Lees meer... 'VREEMDELING IN JOU EIE LAND?' (3438 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: - Prof dr K Schilder. In: “Christus en Cultuur” 1948, bl 19 -

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:02 EET
Algemeen 
“Geen enkel christenmensch toch is normatief. Een feitelik gegeven is nooit normatief. De feiten dwingen ons wel: niemand kan zich ervan ontdoen, en ieders handelen móet uitgaan van hetgeen gegeven is. Onze handen kunnen wel graaien in de lucht, maar ze kunnen daar niets beginnen. Alleen als ze zich steken in het gegeven materiaal der historisch gegroeide werkelijkheid, kunnen zij dit <materiaal> gaan <bewerken>. En voor die bewerking (het handelen in verantwoordelikheid) zijn wij aangewezen op van God gestelde normen. Zij dwingen niet, doch bevelen. Normatief is daarom alleen het Woord van God, gegeven in de Schrift, normatief is niet de christen of de christenheid, maar de sprekende Christus, als door openbaring ons bekend geworden, en ook zelf God <verklarende> en Diens Woord zonder zondige of uit machteloosheid opkomende weerhouding tot ons sprekende wetgewer, en wetshandhawer, en wetsverklaarder, Hij namens God gezonden tot de menschen.
Elke historische strooming, ook elke presente cultuurstrooming, of -beskrywing, die zich zou richten naar het <gegeven> christendom, of zélfs naar het ideale christendom, als gedachtenbeeld, móet eindigen in zonde, wetsverkrachting, ongodsdienstigheid; zij zou niet anders kunnen optrekken dan een toren van Babel”. Want zij is, door haar verkeerd uitgangspunt, daarmee reeds begonnen.



Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: KERKSKEURING OP HANDE ? IN KLASSIS GKSA ETOSHA (VOORMALIGE SWA)

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:00 EET
Kerklike Joernaal 
Die gemeentes van Aranos, Otjiwarongo, Outjie en Biermanskool het hulle na afloop van die jongste klassisvergadering, op 20 September in Windhoek, amptelik van dié meerdere vergadering in die kerkverband onttrek, met die voorneme, waarvan hulle kennis gegee het, dat hulle ander klassisse wat soos hulle dink en voel, gaan konsulteer vir advies en moontlike inskakeling.




Lees meer... 'KERKSKEURING OP HANDE ? IN KLASSIS GKSA ETOSHA (VOORMALIGE SWA)' (491 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: KERKRAAD GKSA PRETORIA (“PAUL KRUGERKERK”) ERVAAR TEENSTAND BY DIE KLASSISVERGADERING

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:59 EET
Kerklike Joernaal 
Al drie sake wat die kerkraad GKSA Pretoria by die klassis-vergadering (Pretoria Moot) laat dien het, is afgewys.





Lees meer... 'KERKRAAD GKSA PRETORIA (“PAUL KRUGERKERK”) ERVAAR TEENSTAND BY DIE KLASSISVERGADERING' (1970 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK ORANIA WYS VERSOEK OM DIE KERKBLAD AAN TE BEVEEL, AF

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:58 EET
Kerklike Joernaal 
- Brief aan Redakteur, prof JH (Amie) van Wyk, soos gepubliseer in Dordt-Nuus, Julie 2005 -

Aangesien dit blyk dat die redaksie nie meer die Gereformeerde norme handhaaf in redaksionele artikels en die keuse van ander artikels nie, is dit nie verantwoord vir die kerkraad om aan genoemde versoek te voldoen nie.
In die verlede was die Woord van God norm, maar deesdae word toenemend wêreldse norme voorgehou.
As voorbeeld kan die Augustus 2003 uitgawe genoem word.
In teenstelling met die uitgawe van Augustus 1933, wat gewy was aan die ingebruikneming van die Bybel in Afrikaans, dus aan die Woord van God in ons moedertaal, word daar in die 2003 uitgawe nie eers 'n woord gerep oor die blye herdenking van 70 jaar nie. Die Augustus 1933 uitgawe was 'n spesiale uitgawe van Die Kerkblad wat met die feestelikheid van die ingebruikneming deur al die kerke daardie maand saamgeval het. Ook is daarin berig van al die feestelikhede oor die land.
Die Augustus 2003 glans uitgawe daarenteen was gewy aan (in die woorde van die redakteur): “9 Augustus staan bekend as Nasionale Vrouedag, 'n dag wat die fokus sterk op die plek van die vrou in die kerk en in die samelewing laat val - vandaar ons besondere aandag aan hierdie aspek in hierdie uitgawe van Die Kerkblad.”

In die maand waarin ons mekaar moes herinner aan die grootse gebeurtenis 70 jaar gelede, en dit van pas sou wees indien die redaksie (soos die in 1933) die voortou sou neem, word Humanisties, polities (sinodaal korrek) oor die vrou gepraat omdat dit Nasionale Vrouedag is, iets wat in die kerk, veral in die Gereformeerde Kerke, net soos Moedersdag en Vadersdag en nog ander mensvereringsdae, onbekend is.
Solank bogenoemde praktyke betreffende Die Kerk-blad voortduur, sal die kerkraad verplig wees om die lidmate aan te moedig om eerder op ander gereformeerde tydskrifte in te teken wat deurentyd die fokus sterk op die Woord van God laat val en so die dwalinge van ons tyd bestry en lidmate toerus vir daardie stryd.





Lees meer... 'KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK ORANIA WYS VERSOEK OM DIE KERKBLAD AAN TE BEVEEL, AF' (1755 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: NG KERK SAL GEMEENTES NIE DWING OM EEN TE WORD NIE

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:56 EET
Kerklike Joernaal 
Neels Jackson berig in BEELD, Woensdag, 7 September 2005, bl 12, dat die kerk gemeentes nie sal dwing om een te word met die lidkerke van die Verenigende Gerefor-meerde Kerk (VGK) nie.





Lees meer... 'NG KERK SAL GEMEENTES NIE DWING OM EEN TE WORD NIE' (1489 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: “Geslagtelikheid speel geen rol meer nie”

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:54 EET
Kerklike Joernaal 
DEPUTATE-RAPPORTE vir Aanbeveling aan Nasionale SINODE GKSA 2006


“Geslagtelikheid speel geen deurslaggewende rol by wie tot die besondere dienste verkiesbaar is nie. - Sodanige Skrifgegewens gee geen verbod of verhindering waarom vroue nie tot die besondere dienste verkies kan word nie”.



Lees meer... '“Geslagtelikheid speel geen rol meer nie”' (6730 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: SENSITIWITEITSOPLEIDING

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:53 EET
Opvoeding_Onderwys 
Kommunistiese Hervorming van die Denke
Beskou en uiteengesit deur Willie van der Gryp -


Gedurende die sestiger- en vroeë sewentiger jare van die vorige eeu is ons samelewing uit talle behoudende oorde gewaarsku teen wat genoem word “Sensivity Training”. Vandag word dit algemeen toegepas op alle terreine van die samelewing, selfs deur sommige individue en instansies wat daarteen gewaarsku het. Mnr Willie van de Gryp het hierdie saak van nader beskou en gee in hierdie artikel 'n opsomming van dié gevaarlike kommunistiese strategie



Lees meer... 'SENSITIWITEITSOPLEIDING' (16647 bytes) Printer vriendelijke pagina

LIBERALISME OP KERKLIKE TERREIN

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:51 EET
kerkstaat 
DR JD (KOOT) VORSTER. IN: “AFRIKANER-LIBERALISME” 1977: BOEKENHOUT UITGEWERS BPK, BL 30 VV -
(Slotaflewering)

“Die Liberalisme wou nie soos die ateïsme met God en godsdiens breek nie, maar het in naam van ware godsdiens met 'n groot aftakelingsproses begin. Die menslike rede is bo alles, ook bo die Skrif, verhef en in godsdienstige vernis is die selfstandigheid, selfgenoegsaamheid en die soewerei-niteit van die mens gehandhaaf. Daar is wel nog met God, deug en onsterflikheid gedweep, maar kerk en godsdiens is in werklikheid gaandeweg ondermyn. In die Deïsme is God uit die lewe en wêreld geban.”



Lees meer... 'LIBERALISME OP KERKLIKE TERREIN' (6091 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: COTTESLOEVERGADERING - DESEMBER 1960

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:44 EET
Aktueel 
'n Waterskeiding in die kerklike situasie in Suid-Afrika
PROF DR AD PONT. IN: DIE LIBERALISME IN DIE AFRIKAANSE KERKE (CKA DESEMBER 1978) -

Die kerklike aanslag van die Liberalisme
In 1950 het die kerklike kongres van die Gefedereerde NG Kerke in Suid-Afrika in Bloemfontein onder andere besluit: “Die Kongres wil die oortuiging uitspreek dat die enigste blywende oplossing van die rassevraagstuk ten opsigte van wit en swart . . . geleë is in uiteindelike totale skeiding van blanke en nie-blanke . . .
“Die beleid van uiteindelike vermenging word verwerp omdat dit lei tot onnodige botsings tussen die twee rasse, en tot die ondergrawing van die toekoms van die blanke ras en daarmee tot groot nadeel van die ontwikkeling van die Christelike beskawing in Afrika.”





Lees meer... 'COTTESLOEVERGADERING - DESEMBER 1960' (10150 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: “BLY IN WAT JY GELEER HET”

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:42 EET
Aktueel 
REDIKING VAN DIE WOORD TYDENS KRUGERDAG, 10 OKTOBER 2005
- DS SAREL CILLIERS, WATERBERG IN DIE PAUL KRUGERKERK TE PRETORIA -
(Dankseggingsdiens aangebied onder gesag van die Krugergenootskap)

Ons leef in ‘n tyd waarin dit lyk asof die fondamente opkrummel. Nêrens is daar meer enige bestendigheid nie.

Die fondament waarop die kerke behoort vas te staan word tans ernstig bevraagteken en ons gewaar hoe sekere kerke wankel en waggel om te oorleef.





Lees meer... '“BLY IN WAT JY GELEER HET”' (18107 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: GEREFORMEERD-WEES

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:36 EET
Kommentaar 
- KOMMENTAAR GELEWER DEUR P VAN DER KOOI -

Professor Amie van Wyk het in In die Skriflig (April 2005, bl 175 - 192) 'n artikel aangebied wat handel oor “Gereformeerd-wees van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika”. Dit is 'n “bygewerkte voordrag” wat hy tydens die konferensie van die Vereniging vir Gereformeerde Lewenswandel op 22 Oktober 2004 gelewer het. “Die outeur ondersoek in hierdie artikel die moeilike saak om die belangrikste kenmerke van 'Gereformeerd-wees' te omlyn en dan, spesifiek met spesiale verwysing na die situasie in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA)”



Lees meer... 'GEREFORMEERD-WEES' (15429 bytes) Printer vriendelijke pagina

Die Kerkpad November 2005: Besinning vanuit die inhoud van die Bybel oor die beoefening van homoseksualiteit

Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:34 EET
Persrubriek 
Tydens die Aardklop kunstefees het twee predikante van die NG Kerk, op Donderdag 29 September, teenoor mekaar gedebatteer oor die hantering van homoseksualiteit.
Ds Willem Louw van die gemeente Miederpark in Potchefstroom het die klem gelê op die sondigheid van homoseksualiteit en die Bybelse voorskrifte in dié verband. In reaksie het dr André Bartlett van die gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg gesê: Louw se stel-lings herinner hom aan die dae toe die NG Kerk geen twyfel oor die Bybelse fundering van apartheid gehad het nie.




Lees meer... 'Besinning vanuit die inhoud van die Bybel oor die beoefening van homoseksualiteit' (1078 bytes) Printer vriendelijke pagina

Pagina << | 1 | 2 | >>
  
Inloggen  




 


Bent u nog niet geregistreerd? U kunt zich inschrijven!
Problemen met inloggen?

Alle logo's en handelsmerke op hierdie webtuiste is die eiendom van hulle onderskeie eienaars. Die kommentaar op die webtuiste is die eiendom van die outeur. Die res is © 2005 van die Kerkpad.
Hierdie webtuiste gebruik PostNuke, 'n web portaal stelsel wat in PHP geskryf is. PostNuke is Gratis Sagteware beskikbaar onder die GNU/GPL lisensie.

Alle nuusartikels is ook met RSS beskikbaar vanaf backend.php