Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

Aktueel

DIE ONREGVERDIGE MAMMON

-  Verkoop van Iscor-aandele in die gedrang  -

Die vakbond Solidariteit het vandag gevra vir ‘n jaar moratorium op afleggings by Iscor. Dit volg op ‘n verslag van Solidariteit waarin gewys word dat Lakshmi Mittal van LNM binne ongeveer twee jaar ‘n reuse R5 miljard groei op sy belegging in Iscor gekry het. Dit verteenwoordig ‘n groei van 174%. Hierdie bedrag sluit die R613 miljoen konsultasiefooi, wat deur Iscor aan LNM betaal is, uit. Die reuse wins vir Mittal is meer as twee keer die totale jaarlikse personeelkoste van die ongeveer 13000 werkers in Iscor. Ten spyte van hierdie reuse groei op kapitaal van Mittal, wil Iscor nou van nog 1000 poste ontslae raak. "Ons vra nou aan Mittal om sy welwillendheid teenoor die werknemers van Iscor en Suid-Afrika te toon en vir ‘n jaar ‘n moratorium op afleggings te plaas", het Dirk Hermann, woordvoerder van Solidariteit, gesê.

"Die werkers by Iscor is afleggingvoos. Mittal moet begrip daarvoor hê dat werknemers opstandig word indien hulle sien dat die hoofaandeelhouer hierdie buitensporige groei op kapitaal het, terwyl hulle moet werk onder die swaard van nog afleggings. Daar is die afgelope tien jaar reeds van 30 000 Iscorwerkers ontslae geraak. Dit is met wrewel dat ons lees van die uitspattige lewe van Mittal. Hy koop die duurste huis in die wêreld teen ‘n bedrag van byna R1 miljard en reël ‘n troue vir sy dogter teen R400 miljoen. Werkers in Suid-Afrika finansier hierdie luukse lewensstyl en niemand van ons is eers genooi na die daknatmaakpartytjie of die troue nie", het Hermann gesê. Een persoon kry meer geld as 13000 werknemers.

Solidariteit baseer die inligting in sy verslag, oor Mittal se betrokkenheid by Iscor, op die nuutste Iscor jaarverslag van Desember 2003.

Uittreksel uit die Solidariteitverslag:

Solidariteit baseer sy inligting op die nuutste Iscor jaarverslag van Desember 2003. LNM het ongeveer R2,8 miljard vir sy aandele betaal en die markwaarde van Mittal se aandele is nou ongeveer R7,8 miljard. Hulle het dus slegs ‘n gemiddelde prys per aandeel van R12, 76 ($1.96) betaal en die huidige waarde is ongeveer R35 per aandeel. In ander woorde het hulle slegs vir 18,15% aandele betaal en 49,9% ontvang. Wat hierdie som nog meer ingewikkeld maak is die weerspreking van Iscor se 2003 en 2004 se jaarverslae. Volgens die 2003 jaar-verslag het LNM vir die eerste 47% aandele slegs ‘n gemiddeld van R9.30 ($1.40) betaal. Indien 2003 se syfers gevat word kan meer as ‘n half miljard rand nog by sy groei gesit word. Om hierdie reuse bedrag in perspektief te stel moet dit vergelyk word met Iscor se totale personeelkoste vir ‘n jaar van R2,4 miljard. Hierdie een persoon ontvang dus twee maal die koste van 13000 personeel en hy wil nou nog werkers afdank om nog meer te ontvang.

In die verslag wys Solidariteit ook op die redes wat aanleiding gegee het tot die reuse groei op kapitaal. Die eerste 20% aandele is deur die bemiddeling van die IDC (Independent Development Corporation) vir waarskynlik slegs R6/aandeel aangekoop. Aandele 20% tot 35% is op die mark aangekoop, maar ‘n groot gedeelte tydens die geslote periode volgens die reels van die aandelebeurs waarvoor Iscor ‘n boete van   R200 000 ontvang het. Aandele 35% tot 47% is uitgekoop by minderheidsaandeelhouers teen ‘n heelwat laer prys as wat analiste verwag het en aandele 47% tot 49,9% is waarskynlik gefinansier uit die besigheidsbystandsooreenkoms waardeur R613 miljoen aan LNM as konsultasiefooi betaal is.