Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

DIE BERYMDE PSALMS

HERSIENING VAN DIE OORSPRONKLIKE TOTIUSTEKS

Voorgestel deur Deputategroep benoem deur die Nasionale Sinode GKSA 2003, soos beskryf in die uitgawe van ons blad, Januarie 2002, bl 5

PSALM 90

                                                                      1

U was, o HEER, vanaf die vroegste jare

vir ons 'n vlug- en skuilplek in gevare.

Die rotsgebergtes was nog nie gebore,

die aarde nie gevorm nie, lank tevore -

toe was U reeds die troue God van mag,

onwankelbaar in wese en in krag.

2

Hoe nietig is die mens! Wat is sy lewe?

Wat hét die mens, al is hom veel gegewe?

U knak die steel van snel vergange jare

en hy gaan heen net soos die najaarsblare.

Want in u oog is duisend jare, HEER,

maar net 'n dag, 'n nagwaak en niks meer.

3

Wat is die mens as U hom soos met strome

so gou oorgolf? Hy leef in slaap en drome!

Die môre staan hy regop in sy strewe

soos gras wat spruitin eerste jonkheidslewe,

Maar teen die aand word hy al afgesny,

dan droog hy weg, en dis met hom verby.

 

4

U toorn verslyt ons in ons aardsse swerwe,

deur vrees vir gramskap bly ons lewe - sterwe.

Ons sondes, ook uit dae lank vervloë,

ons misdaad, nog bedek voor mense-oë,

staan naak en helder, HEER, voor u gesig,

wat die geheim ontsluier met u lig.

 

5

So gaan u gramskap met ons deur die lewe -

die skaduwee wat swart oor ons bly swewe;

ons leef bedroef deur dae en deur nagte,

ons jare bring ons deur soos 'n gedagte.

Die sterkste klim ten hoogste tot die top

van sewentig of tagtig jare op.

 

6

Wat was ons lewe as dit klaar gebloei het?

Die ydel pronk van wat ons net vermoei het!

Hul gaan so gou verby, ons lewensdae;

net soos 'n wolk gedryf deur onweersvlae.

Wie ken u toorn, sy woede en sy krag,

wie ken u gramskap met genoeg ontsag?

 

7

Leer ons so ons dae tel, so lank ons lewe,

en nie te kla, al laat u toorn ons bewe,

dat wysheid ons kan voortlei in ons gange,

ons hart kan vul met dank- en lofgesange.

Hoe lank, o HEER? ... Ons dae gaan verby!

Keer trug na ons, betoon ons medely!

 

8

En as die leed van jare uitgely is,

verkwik ons vroeg, wanneer die nag verby is;

ag, skenk ons, HEER, die blyk van u behae,

verbly ons na die smart van al ons dae

en na swaarkry van die strenge proef,

waarmee U ons wou tugtig en bedroef.

 

9

Laat ons u werk aanskou wat nooit beswyk nie!

Laat van ons kroos u heerlikheid nie wyk nie!

Laat op ons afstraal al u lieflikhede!

En, HEER, verhoor ons in ons laaste bede:

Bevestig by die onguns van die tyd,

bevestig tog ons werk in ewigheid.