Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

'N NUWE BRONTAALGERIGTE AFRIKAANSE BYBELVERTALING OP PAD!

-  PROF GJC JORDAAN:  IN: DIE KERKBLAD, JUNIE 2004, BL 46 / 47  -

Op Donderdag en Vrydag, 22 en 23 April 2004, het die Kerklike Advieskommissie saam met lede van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BGSA) by die Bybelhuis in Kempton Park vergader. Die Gereformeeerde Kerke is op die Advieskomitee verteenwoordig deur proff Jorrie Jordaan, Fika van Rensburg, Paul Krüger, Hans van Deventer en dr Braam Krüger (prof Herrie van Rooy is ook lid van die Advieskomitee, maar kon nie teenwoordig wees nie). Op sigself was die vergadering niks nuuts nie. Die Advieskomitee en die BGSA het al dikwels saam vergaderings gehad. Tog het die vergadering hierdie keer geskiedenis gemaak.

Wat gebeur het, is dat die vergadering tot die slotsom gekom het dat die tyd ryp is dat ons met 'n volgende verta-ling van diee Bybel in Afrikaans begin. Vir jare lank is daar oor die moontlikheid en wenslikheid van so 'n vertaling gedebatteer en gekonfereer, is ondersoeke gedoen en inligting ingewin. Maar nou het die Advieskomitee en die BGSA eenstemmigheid bereik. En dit wat die Gereformeerde Kerke al vir die afgelope tien jaar gevra het, het nou die groen lig gekry. 'n Brontaalgerigte vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Hoe gaan die vertaling lyk?

Die presiese besonderhede moet natuurlik nog uitgespel word, maar die volgende breë vertaalopdrag is by die vergadering geformuleer:

Skep 'n goed verstaanbare brontaalgerigte vertaling wat bedoel is vir voorlesing en gebruik in die erediens, vir kategese, Bybelstudie en privaatgebruik.

Hieruit is dit duidelik dat die beplande vertaling primêr op kerklike gebruik gerig is. Hierdie gerigtheid hou die volgende in:

Die Vertaling sal vir voorlesing in die erediens bruikbaar moet wees. Daarom sal die vertaling goed op die oor moet val. Die taal sal in moderne Afrikaans moet wees met 'n "waardige" aanslag (taalkundiges praat van 'n "hoër register" van die taal). Dit beteken nie 'n hoogdrawende taal wat niemand meer praat nie. Ons moet egter onderskei tussen 'n blote gesels-Afrikaans en 'n Afrikaans wat mense in 'n meer "formele" situasie (soos die erediens) sal gebruik.

Die vertaling sal bruikbaar moet wees vir Bybelstudie. Getrou aan die inligtingsera wil Bybellesers deesdae self insae kry in hoe die teks in die oorspronklike taal gelyk het en wil self kan sien watter moontlikhede van betekenis die teks vir die leser gee. Waar die vertaling nie self hierby kan bykom nie, sal ruim van voetnotas en eindnotas gebruik gemaak moet word.

Met die oog op kategese en privaatgebruik moet die vertaling soveel as moontlik van die ou Bybelse atmosfeer en manier van praat en doen bewaar. Mate en gewigte, militêre range en regeringstitels van daardie tyd sal byvoorbeeld behou word, met verduidelikings in voetnotas waar nodig. Ook sal die digterlike aanslag van die psalms en ander poëtiese dele sover as moontlik in die vertaling weergegee word. Met ander woorde: die vertaling sal brontaalgerig wees.

Samevattend kan 'n mens vra: In watter opsig sal hier-die vertaling anders wees as vorige vertalings? Ook die antwoord hierop is by die vergadering uitgespel:

Dit moet brontaal eerder as ontvangertaal gerig wees

Dit moet nuwe kennis en insig in die ou tale wat intussen bygekom het, gebruik.

Dit moet die letterkundige waarde van die Bybelteks beter weergee.

Dit moet meer bykomende tersaaklike inligting by die teks verskaf.

 

Wanneer en hoe gaan die vertaling plaasvind?

Dit spreek vanself dat die verskillende kerke hulle steun aan so 'n vertaling moet verleen voordat die BGSA voluit daarmee kan voortgaan. Die Gereformeerde Kerke het met hulle versoek tot so 'n vertaling in beginsel reeds daarvoor besluit. Daar is egter goeie rede om te glo dat ander kerke ook die saak sal ondersteun, om die volgende redes:

In die eerste plek is die begroting baie positief. Die geld wat vir die afhandeling van die projek benodig word, behoort geen ekstra las op die kerke te plaas nie.

In die tweede plek is dié vertaling nie 'n saak wat op aandrang van die BGSA op die kerke "afgedwing" word nie. Die aandrang het immers van die kerk se kant afgekom. Die Kerklike Advieskomitee het self by die BGSA daarvoor gevra. Nou sal die kerke net die volgende tree moet gee en persone moet nomineer om aan die vertaalprojek deel te neem.

In geheel verwag die BGSA dat die hele projek ongeveer tien jaar sal neem om af te handel. Om die proses solank aan die gang te kry, het die Advieskomitee saam met die BGSA 'n uitgebreide dagbestuur aangewys wat as loodskomitee sal optree. Dit is prof Bart Oberholzer van die BGSA (voorsitter), ds Gerrit Kritzinger van die BGSA, proff Andries Breytenbach en Andie du Toit van Pretoria, prof Jorrie Jordaan van Potchefstroom en prof Bernard Combrinck van Stellenbosch.

Hierdie komitee sal solank begin met voorbereiding vir die opleiding van vertalers en met die opstel van vertalings riglyne. Volgens beplanning behoort die opleiding DV reeds vroeg volgende jaar te begin. Dalk word ons gespaar om die eindproduk tien jat van nou af in 2015 te sien.

As dit egter reeds so vroeg as 2013 kan gebeur, sal die datum mooi by die vorige datums van Afrikaanse Bybels aansluit: 1933, 1953, 1983 - en dan 2013.