Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

-  SH SALOMONS  -  KERK EN WOORD, APRIL 2004, BL 18-20  -

Die NH wil bewus en radikaal breek met die kerk- en teologiegeskiedenis van die verlede. Die ekumeniese en reformatoriese belydenisskrifte en die kerklike dogmas, soos dit deur die eeue ontwikkel het, word verwerp.

In die lig van die post-moderne wêreldbeeld moet ons, volgens die NH, God nie meer as 'n Persoon voorstel nie en behoort die teïstiese Godsbeeld met 'n panteïstiese beeld vervang te word, dit wil sê: God is alles en almal is in God. Die teïstiese persoonlike Godsbeeld is uitgedien. Om aan God te dink as 'n goddelike supermens (teïsme) is nie meer aanvaarbaar nie.

Ter illustrasie: hierdie nuwe Godsbeeld word ten opsigte van Psalm 23 soos volg uitgewerk: In plaas van "Die Here is my herder", word dit nou: "Die aarde versorg my as 'n herder", met as slot: "Ek weet, solank ek lewe, sal die aarde vir my sorg. Daarom is ek tuis in die heelal, nou en vir altyd".

Die teologie van God se voorsienigheid word vervang met 'n teologie van menslike verantwoordelikheid. Die Gereformeerde teologie het nog altyd uitgegaan van die Goddelike soewereiniteit en as uitvloeisel daarvan die menslike verantwoordelikheid.

Daar is binne die nuwe Godsleer van die NH geen ruimte meer vir gebed nie. Die aard van die gebed moet verander van lofgebed na in jouself gekeerde meditasie.

Feitlik elke aspek van die Bybelse verlossingsleer word herinterpreteer: die ontvangenis en geboorte van Christus, die wonders, sy kruisdood as soenoffer en die opstanding. Die uitdaging is volgens die NH om hierdie verhale as mites te verstaan en akkuraat oor die betekenis daarvan te praat "want die wyse waarop die evangelie die goeie boodskap aangaande Jesus verstaan en aanbied, is onversoenbaar met die moderne wêreldbeeld en Bybelwetenskap."

"Ons weet dat maagdelike geboorte nie biologies moontlik is nie. Mense kan nie op water loop nie, uit die dood opgewek word of opvaar hemel toe op die wolke nie. Dalk moet hierdie verhale oor Jesus dan nie verstaan word as historiese feite nie, maar as kultuurgebonde interpretasies van sy lewe en visie."

Die "dogmatiese Jesus" (van die belydenisskrifte van die kerk) kan nie gelykgestel word aan die "historiese Jesus" nie.

Die gedagte aan versoening deur voldoening, die soendood van Jesus, rus op 'n uitgediende offersisteem, wat "problematies, primitief en uitgediend is."

Die opstanding van Jesus is 'n mite: Hy kon nie liggaamlik opgestaan het nie omdat so iets wetenskaplik onmoontlik is. Die opstanding moet metafories verstaan word en kan slegs as "simbool van vernuwing en vooruitgang funksioneer.

Die NH reik nie na verlossing eendag nie, maar streef om hemel op aarde te bewerkstellig". hier- volgens is verlossing in die mens self geleë, dit word deur en deur 'n menslike saak en rus nie meer op die genade van God in Christus wat in geloof omhels moet word nie.

Die kerk word gesien as 'n oop gemeenskap sonder enige diskriminasie hoegenaamd. Die nuwe visie op die Nagmaal is duidelik. Soos wat koring- en druiwekorrels voedsame brood en wyn word, so kan gelowiges die lewe se beproewings en teenslae op 'n positiewe manier hanteer. Aangesien, volgens die NH, Chrisus nie ligaamlik opgestaan het nie, kan daar dus nie daarvan sprake wees om tydens die Nagmaalviering die harte na die hemel, na die lewende Christus, op te hef nie; die Nagmaal word gereduseer tot 'n blote herinneringsmaal aan die dood van 'n voortreflike mens.

Wat die eskatologie (die leer van die voleinding van die wêreld, die wederkoms van Christus, die opstanding van die dode en die gerig van God) betref, beweer die NH: "nuwe navorsing toon ook dat wanneer die Bybel oor die hiernamaals praat, dit maar eintlik 'n ander manier is om oor die hiernoumaals te praat."

Dit is duidelik dat, as die liggaamlike opstanding van Jesus Christus ontken word, die persoonlike toekomsverwagting moet verdwyn. Die Christelike belydenis aangaande die opstanding van ons liggame word verwerp.

Die NH is van mening dat die klassieke Skrifgeloof - die Bybel is die Woord van God - verouderd en uitgedien is. "'n Post-moderne siening van die Bybel is daarom meer aanvaarbaar." Dit sê die Bybel as die geopenbaarde Woord van God nie, maar as getuienis van ons voorgangers in die Joods-Christelike tradisie.

Die rol van die moderne wêreldbeeld en moderne teologies-wetenskaplike navorsing speel 'n deurslaggewende rol in die Skrifbeskouing en Skrifverstaan van die NH. "Moderne navorsing kan 'n omvattender begrip van die gebeure ontwikkel as wat die betrokkenes (die Bybelskrywers) gehad het. "Feitlik word beweer dat moderne navorsers 'n betroubaarder beeld oor die persoon en werk van Jesus kan rekonstrueer as wat tydgenootlike oor- en ooggetuies kon doen. Die NH bepleit 'n "kultuursensitiewe benadering" van die Jesusgebeure.

Die NH maak die Skrifverstaan afhanklik van die teologiese wetenskap en die moderne navorsing deur vakteoloë, "Deur wetenskaplik te werk te gaan , besef ons nou dat gister se dogma 'n valse prentjie van Jesus teken." Anders as die naïewe en ortodokse omgang met die Bybel, gaan die Jesus-navorsing "op histories verantwoordbare enn wetenskaplik kontroleerbare wyse met hierdie bronne om." - "Dis inderdaad net die ingeligtes wat die Bybel kan verstaan. Die kerk kan nie die Bybel vir die mense gee sonder om hulle toe te rus om dit te verstaan nie."

Die gedagte dat God se selfbekendmaking, van God se openbaring in die Bybel wat met Goddelike gesag tot ons kom, en die volkomenheid van die Heilige Skrif, word volledig verwerp. As God nie meer as 'n Persoon erken en bely word nie, dan is die konsekwensie onvermydelik: dan kan Hy ook nie meer praat nie. Maar hoe sal ons dan ooit weet dat Jesus Christus die Here is, as dit nie aan ons geopenbaar en deur die Heilige Gees ingegee is nie?