Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

Gesprek met die Lesers:

Hierdie uitgawe is reeds die drie-en-veertigste sedert die begin van ons blad en ons is nog steeds op dieselfde koers as dié waarmee ons begin het. Sedertdien het egter baie water na die see geloop. Oorgedra na die tyd en węreld waarin ons leef, het baie plaasgevind wat veranderinge in die kerklike en persoonlike bestaan gemaak het. Veral in die Gereformeerde Kerke het daar ingrypende gebeurtenisse plaasgevind as gevolg waarvan botsings en dolerings op plaaslike vlakke voorgekom het. Daardie omstandighede het selfs verdeeldheid in gesinne en families veroorsaak. Die geskiedenis van kerklike stryd en afskeiding van mekaar herhaal steeds maar weer. Dit gaan daaroor om getrou aan die Bybelse waarheid en norme te bly. Met die oog daarop wil Die Kerkpad diens verleen om die lesers van betroubare voorligting en kommentare te voorsien. Dit geld ook vir lesers van buite die verband van die GKSA.

Sowel die Nederduitsch Hervormde Kerk as die Afrikaanse Protestantse Kerk hou binnekort hulle sinodale vergaderings, in die geval van die NHK is dit die 67ste Algemene Kerkvergadering waaroor ons op bl 15 hierin berig het en in die geval van die APK is dit hulle Sinode wat onder andere oor die Nuwe Liedboek met die 2001 Cloete-Psalm-omdigting moet besluit. In albei gevalle betref dit besluitneming op hoë vlak met verstrekkende gevolge na altwee kante. Kyk ons na die buiteland, dan is dit nie veel beter nie. Ook in die mees behoudende kerkverband in Nederland, die sogenaamd Vrygemaakte Kerke (GKN vrygemaak), is daar geskille oor die leer en kerkregering as gevolg waarvan opnuut, al is dit maar gering, afskeidings plaasgevind het. Andersyds het daar ook 'n nuwe eenheid tot stand gekom tussen 'n deel van die ou Nederlands Hervormde Kerk, (sinodaal) Gereformeerde Kerke en die Lutherse kerkverband, voorheen "Samen op Weg". Aan die een kant die hang na vernuwing en terugval in "reklike", rasionele godsdiens, aan die ander kant die sug na behoud van die beproefde ou paaie soos dit van geslag tot geslag oorgelewer is. Dis die krisis van voortbestaan van die Gereformeerde leer en kerkregering in die bestaan van die kerke węreldwyd waar hulle ook al gevestig geraak het.

Met die oog op die voortgang van ons redaksie en die verspreiding van ons blad doen ons 'n beroep op die lesers om dit moreel en finansieel getrou te ondersteun en ons werk ook te gedenk in die gebede, tot heil van God se kerk en koninkryk op aarde en om diensbetoning te onderskraag.