Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

KERKLIKE JOERNAAL

NOG GEEN VERSOENING TUSSEN GEREFORMEERDES IN ORANIA NIE

Voortspruitend uit 'n besluit van die Sinode 2003 het daar verskeie ad hoc besprekings plaasgevind tussen afgevaardigdes van die sinode en die klassisse Griekwaland-Wes en Krokodilrivier, asook die kerkrade van Kimberley en Orania (Dordt). Die gemeenteblad, Dordt-Nuus van April 2004 vermeld "van die kerkraad se tafel", dat daar helaas op hierdie stadium geen positiewe resultate is nie. Die berig lui as volg:

Klassis Krokodilrivier: Die sitting op 16 Maart het twee sake hanteer wat direk op Orania slaan. Die eerste was dat ons rapporteer het dat die versoening met Kimberley en die klassis Griekwaland-Wes nie verder gegaan het nie, omdat Kimberley nie hul belofte nagekom het om die saak ten opsigte van die vervolging van di Smit en Ligthelm skriftelik af te sluit nie. Ook het die sinodale deputate nie toegesien dat die toegewings van Kimberley op die agendas van klassis Griekwaland-Wes en Part Sinode Noordwes kom sodat hulle vorige besluite in ooreenstemming gebring kon word met die toegewings van Kimberley nie. (Die kerkraad het beide aspekte skriftelik in Februarie onder die aandag van Kimberley en die sinodale Deputate gebring, tot nog toe sonder reaksie.) Die tweede saak is dat Orania se beskrywingspuntby die vorige sitting (September 2003) om die Nuwe Vertaling vir kerklike gebruik af te wys, geen rapport opgelewer het nie en na nuwe deputate verwys is vir rapportering op die September 2004-vergadering.