Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 4 Julie 2004
KERKLIKE JOERNAAL("PAUL KRUGERKERK")KERKRAAD GEREFORMEERDE KERK PRETORIA
OOR BEWOORDING VAN APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS
Die Kerkraad het kennis geneem van 'n skrywe van Deputate ekumenisiteit (GKSA), gedateer 20/04/2004, en het besluit om die volgende te antwoord:
Die Kerkraad het die sinodebesluite van 2003 oor die saak nagegaan, en het besluit om te hou by die bewoording: "... en neergedaal het na die hel".
Die Kerkraad het die besluit geneem, met die wete dat in die leerprediking gereeld deeglike aandag aan die betekenis daarvan gegee word.
In 'n tyd van verandering aan feitlik alles wat vir ons deel is van ons kerkwees, vind ons dat hierdie verandering onnodig is.
U (die Deputate) word vriendelik versoek om ernstig ook aandag te gee aan die vraag of hierdie verandering werklik nodig is, en sal verheug wees indien dit u aanbeveling by die sinode sal wees.
Namens die eerwaarde Kerkraad,
HT de Villiers (Voorsitter) & AS du Plessis (Skriba)