Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

Mediese Etiek

DIE PROBLEEM VAN DIE FARISEëRS

-  DR MC DURAND  -

Die pasiënt is sterwend. Hy het negentig persent brandwonde opgedoen. Hy het baie pyn en daar is niks wat die geneeshere kan doen om sy lewe meer te red nie. Indien die geneeshere alles in die stryd werp - mag die pasiënt moontlik nog net ‘n paar dae lewe. Maar hierdie paar dae sal dae van smart en lyding wees. Die pasiënt vra of die artse hom maar wil doodmaak.

Die een arts in die span stel voor dat in die geval waar iemand soveel lyding het, en self vra om dood gemaak te word, en waar daar geen prognose is nie - aktiewe eutanasie wel geregverdig is. Die arts meen verder dat aktiewe eutanasie tewens die enigste menslike opsie is. Hy is van mening dat die weiering van eutanasie die oortreding van die gebod tot naasteliefde is.

‘n Ander arts meen dat aktiewe eutanasie sonde is. Hy meen dat tensy die Skrif anders aantoon, is die doodmaak van ‘n mens ‘n oortreding van die sesde gebod. Al sou die pasiënt smeek om eutanasie, en al sou daar geen prognose wees nie, en al sou daar onhebbelike pyn wees - kan hy slegs liefde tot die naaste verstaan binne die raamwerk van die hele Skrif.

Altwee hierdie artse sal egter meen dat hulle mense lief het. Altwee hierdie artse meen dat die Skriftuurlike gegewens bindend is - die een arts verwys na die gebod van naasteliefde en die ander arts verwys na die verbod op doodmaak. Maar hoe gaan ons oordeel? Wie van hierdie twee artse sal ons ‘n Fariseër noem? Die eerste arts wat die reël volg dat indien die pasiënt daarvoor vra, daar geen prognose is nie en as daar baie lyding is - aktiewe eutanasie geregverdig is. Öf die tweede arts wat die reël van die verbod op mense doodmaak onderhou en navolg al sou dit lyding vermeerder?

Wie van die twee is die Fariseër?

Ten minste weet ons DAT die Fariseërs verkeerd was (Matt 3:7; 5:20; 16:6, 23:13, 15, 33). Maar ons wil weet HOEKOM die Fariseërs verkeerd was. Ons weet dat hulle eerste probleem was dat hulle nie Christus as die Messias erken het nie (Matt 12:14, 24) en die gelowiges vervolg het (Matt 23:33-37) en sleg gedink het van sondaars (Luk 18:11). Ons weet dat hulle nie self aan hulle eie reëls gehoorsaam was nie (Matt 23:3,4). Ons weet dat hulle gehoorsaamheid ook skynheilig was (Matt 5:5-7, 23:14,27,28). Die vraag van hierdie artikel is of hulle reëls AS SULKS verkeerd was of nie, naamlik daardie reëls - wat reeds voor die Here Jesus Christus se geboorte gemaak was, en daardie reëls - al sou die Fariseërs van harte daaraan gehoorsaam gewees het.

Hulle was tog nie verkeerd vanweë hulle aandrang dat die reëls stiptelik nagekom moet word nie. Want ons Here Jesus leer dat die jota en die tittel van die wet steeds geldig bly (Matt 5:18, vergelyk ook Matt 23:23-26).

Wat was dan fout met hulle reëls AS SULKS?

Die Here Jesus verwyt die Fariseërs dat hulle meen dat hulle op die stoel van Moses sit (Matt 23:2). Hulle was selfaangestelde profete en leermeesters van waarheid (vergelyk ook Matt 23:10). Hulle het gemeen dat hulle self reëls van moraliteit kan uitwerk.

Hulle het benewens die openbaring van God bykomende reëls gemaak. Hulle het benewens die geskryfde wette van Moses, die ongeskrewe Tora gehad. Hierdie ongeskrewe Tora was die tradisies van die voorvaders - die oorleweringe van die ou mense (Matt 7:3,5).

Hierdie bykomende reëls was talryk daar was byvoorbeeld reëls oor:

eedswerings (Matt 23:16, 18),

handwassing voor etes (Matt 7:3,5)

Hierdie reëls was nie deur die Here aan Sy volk gegee nie, maar steeds het die Fariseërs dit as geldige morele reëls gesien. Hulle het gemeen dat hulle wyser as God kan wees in die opstelling van morele reëls. Hulle het gemeen dat hulle die vryheid het om morele reëls volgens eie oordele kon opstel (vergelyk HK, Sondag 33).

Hierdie aspek van die vermeerdering van morele reëls kan ons vandag die verkeerde indruk gee dat die Fariseërs nie mens vriendelik was nie. Die teendeel blyk eerder die geval te wees. Die Fariseërs was hoog geag en hulle het baie volgelinge gehad (vergelyk Hand 5:34).

Hulle het populêre reëls gemaak. Hulle het die "moeilike" en "onvriendelike" reëls van die Skrif sagter gemaak:

Man en vrou wat moeites in die huwelik gehad het, kon vir verskillende ander redes as hoerery skei (vergelyk Matt 19:3 en Mark 10:2).

Mense hoef nie jou ouers (wat moontlik meer nodig het as wat die ongehoorsame kind wil gee) te onderhou nie - hulle hoef maar net die Korban as offer gegee het (Mark 7:11).

Selfs die lang reis na Jerusalem vir die Feesdae wat die Here beveel het, was "opgelos" deur `n Leviet op hierdie Feesdae te groet en dan kon jy by die huis gebly het.

Hulle het die reëls van die doodstraf wat die Here beveel so gewysig dat bykans niemand die doodstraf meer gekry het nie (behalwe die ware profete wat hulle vervolg het).

Die Fariseërs het die "mens-onvriendelike" reëls van die Here vervang met hul eie "mens-vriendelike" reëls.

Die morele reëls van die Fariseërs was verkeerd omdat hulle die morele reëls van die Here probeer vermeerder het EN die "onvriendelike reëls" van die Here daardeur probeer ongeldig te maak. Hulle het inderdaad gemeen dat hulle op die stoel van Moses sit.

Terug na ons twee artse - Watter een is die Fariseër?

Die arts wat die "mens onvriendelike" reël van God, naamlik "Jy mag nie doodslaan nie" vervang met `n "mens-vriendelike" reël van "Jy mag wel doodmaak wanneer die pasiënt daarvoor vra, baie lyding het en daar geen prognose is nie".

Of die arts wat die reël van God, naamlik "Jy mag nie doodslaan nie" toepas in eenvoud en nederigheid al is daar baie lyding en al vra die pasiënt daarom en al is daar nie `n prognose nie en al sug die mense om hom vanweë die "mens-onvriendelikheid" van die sesde gebod van die Here.