Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

OPVOEDING EN ONDERWYS

SWARTES WIL NIE THEUNS ELOFF AS REKTOR Hê NIE

DIE AFRIKANER, 14 MEI 2004, GESKRYF DEUR JAKKIE BASSON  _

Die samevoeging van die Potchefstrroomse Universiteit vir CHO en die voormalige Universiteit van Boputhatswana tot die North West University het toe nie so voorspoedig afgeloop as wat dr Theuns Eloff en sy trawante gehoop het nie. Die swartes van die voormalige swart universiteit weier om hom as rektor te aanvaar.

Die Mmabatho-kampus van die universiteit sukkel al die afgelope paar weke om swart studente-onrus in bedwang te kry na herhaalde studente-opstootjies. Die universiteit was al by meer as een geleentheid gedwing om klasse op te skort en studente huis toe te stuur. Onderrig aldaar vorder alles behalwe na wen-se. Dr Eloff was ook hoegenaamd nie in staat om sake tot rus en vrede te herstel nie.

Die nuutste verwikkeling in die twis tussen die twee groepe is dat die swartes weier om dr Eloff se gesag as rektor te aanvaar. Hulle voer aan dat hy nie oor die nodige ondervinding beskik om die leiding van die nuwe inrigting te aanvaar nie. In hierdie verband wys hulle daarop dat hy slegs twee jaar ondervinding aan tersiêre onderwysinrigtings het, terwyl daar swart aanspraakmakers op die pos is wat al oor dekades lange ondervinding beskik. Hulle sê prontuit dat dit onregverdig is dat hierdie aanspraakmakers op die rektorskap oor die hoof gesien word, ten spyte daarvan dat hulle meer as tien keer die ondervinding van dr Eloff het.

Een van die klaers, professor Sipho Seepe, voormalige rektor van Vista Universiteit, sê dat nie net hy nie, maar ook drie ander aanspraakmakers op die pos verreweg oor meer ondervinding as dr Eloff beskik, en dat die pos een van hulle vier toekom.

Hulle maak daarop aanspraak dat hulle akademiese agtergrond dr Eloff s'n by verre oortref. Almal van hulle het reeds meer as twintig jaar ondervinding in die akademiese wêreld. Voordat dr Eloff rektor van die PU vir CHO geword het, het hy oor geen akademiese agtergrond beskik nie. Hy is van buite die akademiese wêreld ingebring om rektor te word.

Derhalwe is hulle uiters verbaas dat hy nou die aanstelling as rektor gekry het, en nie een van hulle vier nie.

Die vier swart kandidate dring nou aan op 'n onafhanklike proses om oor die rektorskap te besin. Een van hulle, professor Thandwa Mthembu, adjunk-rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, wat nie die pos gekry het nie, dring daarop aan dat redes aan hom verstrek moet word oor waar hy nie aan die vereistes voldoen het nie.

Die vier het te kenne gegee dat hulle die uitspraak van 'n onafhanklike paneel wat die saak ondersoek, sal aanvaar. Dit moet uit akademici bestaan wat dan na deeglike ondersoek 'n bevinding moet maak.

Seepe het ook die rassekwessie bygehaal deur te sê dat dr Eloff die pos gekry het omdat hy blank is. Dr Eloff staan bekend as een van die mees liberale persoonlikhede in die akademiese wêreld. Derhalwe is dit vreemd dat hy uitgesonder moet word as die een persoon wat nie kwalifiseer vir die pos wat hy beklee nie, terwyl daar swart akademici is wat jare meer ondervinding as hy het. Akademici moet ook publiseer, en voordat dr Eloff tot die akademie toegetree het, het hy nie juis presteer met publikasies van akademiese aard wat hom laat kwalifiseer om die pos van rektor van 'n akademiese inrigting te beklee nie. Toentertyd toe hy rektor van die PU vir CHO geword het, is vermeld dat hy om sy administratiewe vermoëns die pos gekry het, en nie as gevolg van sy akademiese prestasies, ondervinding of agtergrond nie. In die lig daarvan het hy ook geweier om die titel van professor te aanvaar, soos wat die gebruik is wanneer iemand tot hoof van 'n universiteit verhef word.

Dr Eloff maak nou allerhande bokspronge om sy aanstelling te probeer regverdig. Hy wys op die paneel, bestaande onder andere uit 'n swart rektor van 'n ander universiteit wat die aanstelling van die rektor hanteer het.

Dit is egter vreemd dat, met die beredenering vanuit 'n rasse-agtergrond, dr Eloff met sy liberale ingesteldheid nie bereid is om terug te staan nie. Dit kan alleen toegeskryf word aan sy persoonlike belange, en die feit dat hy in sy persoon daardeur benadeel sal word indien hy die pos moet ontruim om vir 'n swart rektor plek te maak. Liberaliste is daarvoor bekend dat hulle uiters verdraagsaam is, maar onhebbelik onverdraagsaam word wanneer hul eie persoonlike belange in die gedrang kom.