Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

DIE HERVORMER bied in 'n redaksionele rubriek (15 April 2004, bl 1) 'n vertroostende boodskap uit die mond van wyle prof PS Dreyer, waaraan ons graag bekendstelling verleen.

"Die mens  - 'n probleem vir homself"

Wyle prof PS Dreyer het die Wysbegeerte 1-lesings aan die Universiteit van Pretoria elke jaar begin met die onvergeetlike tema: Die mens is 'n probleem vir homself.

Vanuit sy wye filosofiese agtergrond het hy dan diep nagedink en besin oor wat van die mensdom van alle tye gesę kon word. Die skerp punt van sy argument was dat mense van alle tye en plekke een ding met mekaar gemeen het: Hulle dink hulle is iets en kan uit hulself suksesvol en gelukkig leef. Net om altyd te ontdek: As mens is jy eintlik niks. Die mens se beste pogings om suksesvol en gelukkig te leef, is tot mislukking en gebrokenheid gedoem. By navraag oor of alles dan inderdaad tot niks kom nie, kon hy op Sondae wanneer hy as teoloog op die kansel in Pretoria-Oos gestaan het, op skerpsinnige wyse die wanhoop en fatalisme en sinloosheid van die menslike bestaan in lig en hoop en lewe omkeer wanneer hy gepreek het oor die sin wat God deur Jesus Christus aan mense se lewens gee.

Ons węreld word steeds op ironiese wyse gekenmerk deur anomalieë wat die verstand te bowe gaan. Ons leef sogenaamd in die grootste inligtingstyd en tyd van massamedia in die geskiedenis van die mensdom. Tog kry mens so dikwels die indruk van die mees on-ingeligte en waningeligte mense. Ons leef in die tyd van die hoogste opbloei van ekonomiese wetenskappe en ekonomiese programme en bemagtiging. Tog hoor ons telkens dat ons tyd gekenmerk word deur die grootste armoede. Ons leef in die tyd van ongelooflike mediese vooruitgang en suksesse. Tog staan die groot geleerdes en die terminaal siekes saam met leë hande en in onmag voor die mag van ongeneeslike en oordraagbare siektes.

Oral in die węreld is organisasies en politieke programme en godsdienste besig om in die naam van vrede die węreld 'n beter plek te probeer maak. Tog woed daar węreldwyd steeds die afgryslikste oorloë en dreig daar opnuut oorloë van węreldomvang. Oral is en word demokrasie as die antwoord op politieke vrae en modelle voorgehou. En tog wemel die węreld van tirannieke vergrype teen alle politieke billikheid in. Menseregte word as dié oplosssing van alle vorme van uitbuitery en ontmensliking voorgehou. Dan vra mens jou af wat help menseregte die honderde mense wat elke dag in Suid-Afrika verkrag, vermoor en gewelddadig van hul motors en ander besittings beroof word?

Dit lyk of prof Dreyer tog reg was: Die beste wat die mens kan bied, loop telkens op die grootste bankrotspul uit. Al wat mens steeds van dié sinloosheid kan red, is die troos in lewe en in sterwe, dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan ons Heer en Verlosser, Jesus Christus.