Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE

(Vereniging ingelyf onder Artikel 21)

- PROF FAH VAN STADEN - REKTOR AP AKADEMIE -

OFFISIëLE BEKENDSTELLING

Die Teologiese Skool van die Afrikaanse Protestantse Kerk (1987 - 1999) is op 1 Januarie 2000 kragtens die Onderwyswet nr 101/1997 voorlopig geregistreer as Die Afrikaanse Protestantse Akademie met die reg om die grade BA (tale en geesteswetenskappe) en B Th toe te ken - Privaat Tersiêre Instituut.

Na vier en 'n half jaar van volharding, waarin voldoen moes word aan vele wets- en regulasievereistes, wat steeds vermenigvuldig het en plaaslike inspeksie, sonder prysgawe van die beginsels van "Christelik" en "Afrikaans as voertaal", is die Akademie op 26 Mei ('n historiese dag) 2004 amptelik geregistreer as "Die Afrikaanse Protestantse Akademie - (Vereniging ingelyf onder artikel 21)". Die Akademie is dus geregistreer as 'n volwaardige "Privaat Tersiêre Instituut". Dit is vir die Raad en Senaat 'n groot geleentheid van dankbaarheid teenoor die Here, wat steeds voorsien het.

Die Akademie ken tans die grade BA en B Th toe onder die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte - dekaan prof R Marè en Teologie - dekaan prof H Theron. Op aandrang vanuit voksgeledere word die volgende beplan vir evaluasie en registrasie: Teologie - sesjarige kusrsus B Th, B Th (Hon), M Th, B Ed en Onderwysdiploma (die aandrang om onderwysopleiding is groot), BA (SW) (meer maatskaplike werkers is 'n behoefte), met ook reeds navraag oor grade in die Regte.

Die Akademie het reeds 'n satelietkampus in Lambton, Germiston, bekend as die Instituut vir Christelike Psigologie onder dekaanskap van dr NJ Joubert, wat onder registrasie is.

Alhoewel die bedryf van die Akademie baie hoë finansiële eise stel, word die jaarlikse klasfooie vir die graad BA tans op R 7 000-00 en vir die graad B Th op R 5 000-00 per jaar gehandhaaf ten einde studente te kan akkomodeer. Die Akademie word deur die sinode van die Afrikaanse Protestantse Kerk gesubsidieer. Dit ontvang geen subsidie van die Onderwysdepartement nie.Daarom is die behoefte aan skenkings uit volksgeledere groot!

Die Akademie funksioneer onder die leuse: "Woord, Waarheid, Lig" - Soli Deo Gloria.

Adres: Farendenstraat 430, Sunnyside, Pretoria - Posbus 11488, Hatfield 0028