Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

DIE AFRIKANER SE VOORLIEFDE VIR OORSPRONKLIK HEIDENSE GEBRUIKE

Vadersdag, Moedersdag, en wat nie al

- GERT KRUGER - VERWOERDBURG  -

Sondag, 20 Junie 2004, was dit al weer "Vadersdag"! Dit is nie duidelik hoe lank dié dag al bestaan nie, maar dit moes seker maar na aanleiding van die eerste Moedersdagvierings, wat deel was van die lentefees wat in die antieke Griekeland ter ere van die Griekse god Rhea, wat ook die moeder van die gode genoem is, ontstaan het.

Die vraag kan tereg gevra word: hoekom is die "Christen"-Afrikaner en sy kerke so lief om heidense feesdae, heidense gebruike, en heidense idoolname so geredelik en gemaklik te aanvaar? Die oningeligte leser sal seker met eerste oog opslag sy/haar wenkbroue oor hierdie en die stelling in paragraaf een hierbo lig, en vra hoe daar tot so ‘n gevolgtrekking geraak kan word. (Later in hierdie stuk, meer hieroor.)

Beide Vadersdag en Moedersdag val onder die sogenaamde spesiale Sondae waaronder die destydse Polisie-Sondag, Verpleegsters-Sondag, Burgemeesters-Sondag, ensovoorts getel het. Gelukkig is daar ‘n geruime tyd al met hierdie dae weggedoen.

Die ironie van hierdie twee dae is dat beide op ‘n Sondag val. Christene en hul kerke laat toe dat die viering van hierdie twee dae die aandag van die verkondiging van die Evangelie aftrek en op die vaders en moeders toegespits word. Die viering daarvan kan net sowel op enige dag van die week geskied. Die duiwel is egter listig en maak gebruik van die kommersiële en geldmagwêreld om dié dae ‘n Moeder- en Vader-Sondag te maak!

As daar op die ontstaan of herkoms van hierdie dae gelet word, sal gesien word dat dit direk uit die antieke Griekse heidendom afkomstig is. Soos met Kersfees, Paasfees, wat in werklikheid onbybelse feesdae was, is die kerk met betrekking tot hierdie twee dae ook op ‘n duiwelse wyse beïnvloed om hul goedgelowige en naïewe lidmate hierdie twee dae op ‘n Sondag te laat vier! Restourante en ander openbare eetplekke is op hierdie dae só vol, dat daar lank voor die tyd bespreking vir ‘n "Vader- of Moeder-Sondagete" gedoen moet word.

‘n Instansie soos Radio Pretoria, wat hom uitgee as ‘n stasie wat vir die Christelike erfenis van die Boerevolk staan, laat toe dat ‘n omroeper nou al reeds vir ongeveer ‘n maand lank ‘n Vadersdag Treintoer, oor sy senders propageer! Hierdie stasie maak hom ook daaraan skuldig deurdat hy toelaat dat Vadersdag en Moedersdag sowel as ander dae van heidense oorsprong, soos Valentynsdag, oor sy senders geadverteer word!

Sover dit die heidense oorsprong van Moedersdag betref, het daar op 28 April 2004 ‘n artikel in ‘n bylaag tot BEELD (verbeel jou!) onder die opskrif "Moedersdag kom al jare", verskyn. Ons haal dit graag woordeliks hieronder aan:

Moedersdag word elke jaar getrou gevier, maar die geskiedenis daaragter is nie so bekend nie.

Die eerste Moedersdagvierings was deel van die lentefees wat in die antieke Griekeland ter ere van Rhea, die moeder van die gode, gehou is.

In die sewentiende eeu is ‘n "Moedersondag" in Engeland gevier. Dit is gehou op die vierde Sondag van die 40-dae vastyd wat die Paasfees voorafgegaan het en het al die moeders van Engeland vereer. In hierdie tydperk het baie van die arm mense in Engeland vir die welgestelde families gewerk. Omdat hulle werkgewers gewoonlik ver weg gebly het, het baie van die werkers ingewoon.

Op Moedersondag het die werkers die dag vry gehad en hulle is aangemoedig om dit tuis met hul moeders deur te bring. ‘n Spesiale koek is dikwels saamgeneem huistoe om by te dra tot die feestelike atmosfeer.

Namate Christenskap deur Europa versprei het, het die feesdag verander om erkenning te gee aan die "Moeder Kerk" – die geestelike krag wat aan die mensdom lewe gegee het en hulle teen boosheid beskerm.

In die VSA het Julia Ward Howe die eerste Moedersdag in 1872 voorgestel as ‘n dag wat toegewy was aan vrede.

Sy het begin om jaarliks georganiseerde vierings in Boston, Masachusets te hou.

In 1907 het Ana Jarvis ‘n beweging begin om Moeders-dag tot ‘n nasionale dag te laat verklaar. Sy het haar ma se kerk oortuig om Moedersdag te vier op die herden-king van haar ma se dood – die tweede Sondag in Mei.

Jarvis en haar ondersteuners het begin om aan politici en sakemanne te skryf in hul strewe om Moedersdag tot ‘n nasionale dag te laat verklaar.

Teen 1911 is Moedersdag in byna elke Amerikaanse staat gevier. In 1924 het President Woodrow Wilson Moeders-dag as ‘n amptelike vakansiedag verklaar wat op die tweede Sondag van Mei gevier moes word.

Alhoewel Moedersdag in sommige lande op ander dae gevier word, vier Suid-Afrika saam met baie Europese lande steeds hierdie dag op die tweede Sondag in Mei."

Alhoewel daar nêrens melding van die ontstaan van Vadersdag gemaak word nie, kan aanvaar word dat dié dag later, ter wille van die geld wat daarin gesteek het, deur die kommersiële en sakewêreld geproklameer is. Met verwysing na die heidense gebruike, feesdae, heidense idoolname, Griekse Songod en Rhea, die moeder van die gode, hierbo vermeld, meld C J Koster in sy boek, "Die Vader van die Reformasie", die volgende:

Dit is alombekend dat die Kerk sedert die 4de eeu heidense feesdae, Heidense beelde, idoolname ensovoorts, in die Kerk opgeneem en aanvaar het, met die verskoning dat hierdie dinge van die heidendom nou ‘geheilig’ of "gechristianiseer" is, of "nuwe inhoud gekry het". Daarom was, en word daar nog steeds, baie van hierdie dinge se ware heidense oorsprong verswyg, geïgnoreer of weggeredeneer. Openhartige geskiedkundiges, argeoloë, en sekulêre bronne, het egter hulle bevindings, sowel as die ware feite, vir ons opgeskryf, want hulle was onbevooroordeeld en het slegs hulle bevindinge geboekstaaf. Dus, die klippe van die argeologie en die geskiedenis roep dit ook uit! (Luk. 19:40).

... die Skrifte openbaar aan ons baie duidelik dat die hoofgode van Babilon Songode was. Argeologiese en geskiedkundige bronne bevestig dit ... en noem vir ons die name van ‘n groot aantal idole waarvan die meeste maar net verskillende name vir die Son-idool is, of variasies daarvan. Die Maan-idool en Istar (of Ishtar) tel hieronder, veral as deel van die bekende Babiloniese drie-eenhede. Istar (Ishtar) verteenwoordig die ster Venus of soms al die sterre in die algemeen. Ishtar was ook bekend as Cybele, Semiramis, Aphrodite, Demeter, Dea Syria, Venus, Ma en Rhea. Sy was ook later met Isis vereenselwig. (bl 124).