Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

DIE "KERLIKE KLEED"

- DR PJ COETZEE - POTCHEFSTROOM -

In: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859 - 1959: Gedenkboek by die Eeufees, bl 280, 281

Die opvatting dat daar in die Gereformeerde Kerk ook so iets as 'n gesanksioneerde, offisiële kerklike gewaad kan bestaan, soos by die Roomse Kerk byvoorbeeld die geval is, het klaarblyklik van tyd tot tyd in die kerklike praktyk sterk na vore getree. Die Sinode van 1879 het dit nodig geag om die volgende besluit te neem: "De synode kent onder het Nieuwe Testament geen ambtsgewaad voor de bedienaren des Goddelijken Woords; en kan alzoo ook niets voorschrijven, dan dat de leeraren zich in alles dienen te gedragen zooals er staat in 1 Timotheus 4 : 12 en Titus 2 : 7 en 8."

Op die Sinode van 1942 het hierdie aangeleentheid weer ter tafel gekom. In daardie tyd is juis in Die Kerkblad ook 'n geanimeerde polemiek gevoer oor die aanvaarbaarheid al dan nie van die kerklike kleed. In die rapport wat voor die Sinode gedien het, word uitdruklik verklaar dat die seremoniële ampsgewaad in die kerk van Christus geen reg van bestaan het nie, veral omdat Christus met sy lyde en dood die skadudiens opgehef het. Die simboliese onderskeiding tussen die clerus (die geestelike stand) en leke deur middel van 'n afsonderlike kleed, soos deur Rome vasgestel en gehandhaaf, mag op grond van Gods Woord nie gedoog word nie. Origens is die sogenaamde kerklike kleed 'n middelmatige saak wat nie nodeloos gedryf moet word nie en die een die ander nie moet verwerp nie; maar wat tot stigting kan dien, moet gesoek word. Die "kerklike kleed" kan nie beskou word as onontbeerlik by die vervulling van ampspligte nie. Dit word as iets verkeerds aangemerk dat so baie byvoorbeeld die manelpak, omdat dit 'n historiese gewordenheid in die kerk is, sonder meer as 'n soort onaantasbare usansie wil beskou. Aan die ander kant word die noodsaaklikheid beklemtoon dat daar nie by gebrek aan deftigheid en waardigheid opening gelaat moet word vir wanorde en onstigtelikheid wat in die Kerk baie nadelige gevolge kan hê.

Die Sinode van 1942 het die prinsipiële stellingname in hierdie rapport aanvaar maar het tog onder meer besluit dat manelpakke by die eredienste en swart pakke op kerklike vergaderings gedra behoort te word. Die Sinode van 1952 het egter op die saak teruggekom en die hele rapport wat in 1942 ter tafel was en by wyse van 'n beskrywingspunt weer aan die orde gestel is, aanvaar.

Die suiwere beginsel is dus weer vasgegryp dat daar op Skrifgronde geen "kerklike kleed" gesanksioneer mag word nie, maar dat daar tegelykertyd orde, dissipline, deftigheid en waardigheid gehandhaaf moet word. Elke kerkraad moet hieraan die nodige aandag gee.