Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid

AKTUEEL: Die onregverdige Mammon      

SKRIFOORDENKING:
Aktiewe betrokkenheid teen die verval in goddeloosheid

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Waarom ek slegs die 1933/53- Bybelvertaling gebruik

'n Nuwe brontaalgerigte Afrikaanse Bybelvertaling op pad!

Verplig om by die WARE 
KERK aan te sluit - NGB Art 28

Die leer van die "Nuwe Hervorming" (NH) 'n radikale breuk met die Christelike geloof, met die leer van saligheid

Die Sionistekerk (ZCC) - ZION City Moria

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog geen versoening on Orania nie

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") oor bewoording van Apostoliese Geloofsbeleidenis

Deputate GKSA verseker die SA Regering van Kerk se voorbidding

Nee vir Kindernagmaal

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Wending in die onderwys?

Swartes aanvaar nie Theuns Eloff

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Eie aard van samelewingsverbande

Die ACDP "uit en uit Christelik?"

GK Pietersburg-Noord se beswaar teen beleid van Deputate Owerheidsake

PERSRUBRIEK: Die mens 'n probleem vir homself

Die AP Akademie: Bekendstelling

Formuliere: Lank of Kort 

Die Afrikaner se voorliefde vir oorspronklike Heidense gebruike

Die "Kerklike kleed"

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Fariseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 4 Julie 2004

Redaksioneel

Nadat die verkiesingsopwinding gaan lê het, was daar weer 'n volgende saak wat die sug na "brood en spele" hoë koors verskaf het. Die sokkerbod vir die jaar 2010 wat aan Suid-Afrika toegeken is. Wat is alles nie in die stryd gewerp om dié toebedeling te bevorder nie. En die uitbundige, amper uitspattige feesvreugde wat tot uitbarsting gekom het nadat die bod aan ons land toegeken is! Dit is werklik sportverdwasing. Dat die regering van ons land hom sterk daarby betrek het, is voor die hand liggend. Vir hulle is daar geen ander doel as die sosialistiese welvaart nie. Dis nie die eer aan die Here wat sentraal staan nie, maar die mens met sy behoefte vir genot en voorspoed. Die kommunistiese stelsel leen hom uitstekend daarvoor. So min as moontlik inspanning (vervulling van die Goddelike kultuuropdrag) en soveel as moontlik voordele en versorging waar nie na vermoë vir presteer word nie. Dis waarom die Lotto en ander vorme van lotery en pryswen-kompetisies op die TV en in koerantadvertensies, ensovoorts, so 'n wye omvang gekry het. Dit word direk en indirek deur die owerheid van ons land ondersteun en bevorder. Brood en spele!

Laat dit so wees dat dit die ekonomie stimuleer. Maar dit gaan alles daaroor om die sportgod te behaag, ook met die oog op die toekoms. Daar word reeds genoem dat die stadions wat gebou of opgradeer moet word, gebruik kan word vir ander geleenthede soos toekomstige aanbieding van Wêreld-Rugby en Olimpiese Spele.

Volgens die redakteur van Die Kerkblad, prof JH van Wyk, hou die gebeure tydens 2010 "natuurlik vir die kerke in Suid-Afrika 'n besondere uitdaging (vir evangelisasie) in." Maar is dit die ideale omstandigheid om evangelisasie te bedryf terwyl die opwinding opswepend toegespits word op die sportprestasies?