Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die ewige beginsels van God se Woord

AKTUEEL: Dit gaan om veel meer as 'n stad se naam 

SKRIFOORDENKING:
Mal. 3:16 Die name van die gelowiges....

Diskussie oor Ger. Skrifbeskouing

Aanhef tot Ierse Grondwet

Eenheid of verskeidenheid

Boodskap SJP Kruger aan kinders

Die betekenis van Heilige Doop

Motivering Openlike Verklaring GP Kerk Brakpan

KERKLIKE JOERNAAL: 
Woelinge in die NG Kerk kry nuwe klimaks

Behoudende predikante takel dwalinge by kweekskole

"The Da Vinci Code"

Openlike Verklaring - Die GPK Brakpan

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akkrediering en Registrasie - Ja of Nee?

Die "wortels" van Karate

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Liberalisme op Kerklike Terrein

Die gebruik van "Kinderbybels"

Stiltetyd

PERSRUBRIEK: Die ontstaan van verskillende soorte apartheid

Die Marxistiese insypeling in die Gereformeerde Belydenis

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Die Afdanking van Zuma

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Sadduseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 9  No 4 Julie 2005

Aktueel

DIT GAAN OM VEEL MEER AS 'N STAD SE NAAM

- NUUSKOMMENTAAR RADIO PRETORIA, MAANDAG 30 MEI 2005

Hoekom was niemand verbaas oor die Geografiese Plekname Komitee se aanbeveling oor Pretoria se naam nie? O ja, nou onthou ons, seker omdat die voorsitter van hierdie objektiewe onafhanklike komitee gehelp het met die opstel van die Tshwane metroraad se aansoek om die naam te verander.

Dink die ANC en sy fasal-organisasies werklik dat enige iemand nog glo dat al die sogenaamde onafhanklike komitees en kommissies los staan van die ideologiese doelwitte van die ANC/SAKP?

Ons sien daardeur. Net soos ons deeglik daarvan bewus is dat die verandering van Pretoria se naam vir die ANC 'n voorbereidende stap is om die land se naam na Azania te verander.

Selfs die Demokratiese Alliansie moes tog verlede week in die Parlement agtergekom het dat die ANC enige een wat blank is of wat nie 'n partylid is nie, as 'n teenstander beskou. Volgens die hoofsweep van die ANC sou al die DA-lede in die tronk gewees het vir apartheid as dit nie vir die goedhartigheid van die ANC was nie.

Hier is beslis 'n verdieping van die kloof tussen die ANC en die res van Suid-Afrika. Die streep op die grond is getrek en die gevegsterrein is opgestel.

Of mense dit wil weet of nie, voor in die linie aan die een kant staan die ANC se kommunistiese ideologie en aan die ander kant staan die vryheidstrewe van die Boere-Afrikaner. Met reg agter hulle al die ander wat Afrikaans praat en almal wat nie in die ANC is nie.

Die streep op die grond is die naamsverandering van Pretoria. Die ANC wat die meerderheidsbeheer in die land het, se hantering van hierdie brandpunt gaan bepaal of daar 'n wapenstilstand of voortgesette vyandigheid gaan wees.

Soos President Paul Kruger destyds die insig gehad het om te besef dat die Engelse sy land wil hê, en dat dit nie regtig oor stemreg gaan nie, so kan 'n mens nie anders nie as om te besef dat dit hier om veel meer as 'n stad se naam gaan.

Dit is die strydpunt wat vir die ANC 'n simboliese oorwinning kan gee met betrekking tot sy vermoë om sy wil te laat geld. Net so is dit die strydpunt wat vir die Afrikaner simbolies is tot alles wat nog in sy mag is en sy vermoë om weerstand te bied teen die oorheersing van die ANC.

Niemand wat werklik die stad se naam wil behou, is bereid om toe te gee nie. Alle ander weë van protes en regsaksies sal gevolg word, maar die owerheid moet besef dat die Afrikaner nie werklik kan verloor nie, wat ook al die uitkoms is. Want die uiteindelike oorwinning lê in die wil wat wakker gemaak is. Die wil om nie sommer goedsmoeds alles te aanvaar met betrekking tot die verwerping van 'n volk in sy eie land nie.