Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die ewige beginsels van God se Woord

AKTUEEL: Dit gaan om veel meer as 'n stad se naam 

SKRIFOORDENKING:
Mal. 3:16 Die name van die gelowiges....

Diskussie oor Ger. Skrifbeskouing

Aanhef tot Ierse Grondwet

Eenheid of verskeidenheid

Boodskap SJP Kruger aan kinders

Die betekenis van Heilige Doop

Motivering Openlike Verklaring GP Kerk Brakpan

KERKLIKE JOERNAAL: 
Woelinge in die NG Kerk kry nuwe klimaks

Behoudende predikante takel dwalinge by kweekskole

"The Da Vinci Code"

Openlike Verklaring - Die GPK Brakpan

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akkrediering en Registrasie - Ja of Nee?

Die "wortels" van Karate

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Liberalisme op Kerklike Terrein

Die gebruik van "Kinderbybels"

Stiltetyd

PERSRUBRIEK: Die ontstaan van verskillende soorte apartheid

Die Marxistiese insypeling in die Gereformeerde Belydenis

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Die Afdanking van Zuma

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Sadduseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 9  No 4 Julie 2005

Gesprek met die Lesers:

Dankbaar mag ons terugsien na die verlede soos die Here vir ons gesorg het. Dis nou byna tien jaar dat ons blad bedryf word. In al die jare is ons ruim voorsien van die stoflike middele wat nodig is vir die tegniese hantering en posversending daarvan. Die gebeurtenisse, waarin ons belangstel, volg op mekaar en die prinsipiële verdelingslyne sny al hoe dieper. Dis op die kerklike terreine asook op die maatskaplike. Ons glo nie aan kompromieë nie.

Ons belewe opwindende tye waartydens 'n mens maklik perspektief verloor. Ons weet darem dat die Here se hand in alles is. So is die gang van sake op die staatkundige-politieke terrein van die afgelope maande ook iets wat raakgesien moet word, dat dit onder Sy toelating geskied. Juis daarom let ons op die tekens. Die Woord van die Here openbaar dat dit moet plaasvind binne die raamwerk van die wederkoms van Christus om die koninkryk van die hemele sigbaar en daadwerklik op die aarde te vestig.

In hierdie uitgawe het ons gebruik gemaak van inligting oor korrupsie en binnegevegte wat in die ANC plaasgevind het en vind. Hoewel ons nie verbind is aan enige organisasie van politieke belang nie, probeer ons wel objektief te oordeel oor die geldigheid van argumente wat gestel word. Ons weet ons afhanklik van insigte en kommentare wat uit wye kring op ons tafel beland. Ons bly egter onwrikbaar verbind aan ons standpunt dat die stelsel van die teenswoordige multi-kulturele eenheidstaat nie tot heil van die samelewing ooit kan bydra nie. Dit bly oorheersing van die meerderheid oor die minderheid, die demokrasie van die massa. In ons land se omstandighede is daarbinne geen ruimte vir Bybels gemotiveerde prinsipiële beredenering van wetgewing en aangaande die uitvoerende magte van die staat nie. Ons maak ons nou sterk in "die isolement waarin ons krag lê".

As kerklike gebeure van belang is die aktiewe weerstand binne die NG Kerk vermeld op die middelblad. Die gemeente van ds Hendrik Hefer in Brakpan het uit die verband van die NG Kerke uitgetree oor sake van verval wat lank reeds plaasvind en 'n toppunt bereik het. Reformasieklokke klink! Die NG gemeente Coligny-Oos het 'n onherrroeplike uitspraak oor die aanvaarding van die Belhar belydenis gedoen, en eis dat alle bande van die NG Kerk met die Verenigende Gere-formeerde Kerk verbreek moet word.

Binne die verband van die GKSA is daar 'n doodse stilswye oor die saak van strukturele veranderings waar reeds oor besluit is en wat nou voorgestel word om te implementeer ná die sinode van DV Januarie 2006. Met die oog daarop is gebruik gemaak van nuttige agtergrondsinligting wat in hierdie uitgawe gepubliseer is. Ons trag nie om die verlede te idealiseer nie maar wel om die goeie van die verlede te vergelyk met die skrikwekkende hede. In die besef van die gebrokenheid van die aardse bestaan, soek ons die wysheid om te leef en te beweeg in die Woord van die Here en die profetiese tradisies wat aan ons oorgelewer is.

Die Samewerkende Kerke in die GKSA-verband is tans uitgebrei met die kerke van Parys en Marble-Hall wat bygekom het. Dan is daar 'n verblydende nuus dat ds Kobus de Kock (voorheen van Dendron en Magalakwin) sy gesondheid herwin het en dat hy weer beroepbaar gestel is. Ons roep hom 'n hartlike boodskap van welkome terugkeer tot die bediening toe.

Graag kry ons 'n woordjie in aangaande die finansiering van ons blad.

Allereers wil ons vermeld dat 'n aantal lesers agter raak met betaling. Sodoende word hulle gestel vir versoeke van betaling van meer as een jaargang. Dis nie ons wat die agterstallige veroorsaak het nie. Daarom pleit ons dat elke intekenaar aan die begin van 'n jaargang sy/haar finansiële bydrae sal vereffen. Sonder die nodige fondse kan ons nie bestaan nie. Dit gebeur talle kere dat ons die uitgawes van Die Kerkpad aanstuur, sonder dat ons iets hoor daarvan, en dan uiteindelik die toesending staak, omdat mense nie reageer op ons versoeke om by te dra vir die koste daarvan nie.

Die volgende jaargang begin met Januarie 2006. Daar kan (wenslik) aan die einde vanjaar of vroeg volgende jaar vir bygedra word.

Baie dankie vir getroue ondersteuning en blyke van waardering vir ons redaksie. Tegelykertyd wil ons graag aanmoedig om bykomende intekenare te werf. Daar is baie wat nie bewus is van die verskyning van ons blad nie, maar wat dit graag wil ontvang.