Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 9 No 2 Maart 2005
Intekening op ons blad
Die intekenprys vir die negende jaargang (2005) (ses uitgawes) is vasgestel op R135-00 (Honderd vyf en dertig Rand). Diegene wat dit nie kan bekostig nie en nogtans graag hierdie blad wil ontvang, betaal maar wat hulle kan, terwyl diegene vir wie dit moontlik is om te wil en te kan ondersteun met bykomende skenkings, by voorbaat dankie daarvoor. Dié bykomende fondse is nodig vir die finansiering van die verspreiding van ons blad, asook om die wat nie die intekengeld kan bekostig nie te help.
Ook ons innige dank vir ondersteuning van dié lesers wat dit laat blyk uit bemoedigende instemming met die redaksie van ons blad wat sowel op skrif as telefonies of deur middel van regstreekse kontak aan ons oorgedra word. Dit is 'n riem onder die hart en vir ons 'n versekering dat die uitgawe van hierdie blad op prys gestel word.
Dit is moontlik om bydraes vir intekening/donasie direk van 'n bankrekening (elektronies) oor te dra na:
DIE KERKPAD, Absa Pretoria - Waverley, Takverrekeningsnommer
632 005:
Ons Rekeningnommer 020 271 175.
(Laat weet dit by ons pos-, telefoon- of faksadres, asseblief)
Andersins is die strokie hieronder beskikbaar om dié bydrae aan te stuur na die daarop vermelde adres. Ons bedank u by voorbaat hartlik vir u samewerking.
| Die Administrasie van DIE KERKPAD Posbus 4237 0001 PRETORIA (Tel/Faks (012) 546 2846 Datum _____________________ Hieraan geheg die bedrag van R____________intekening/donasie vir die toesending van die negende jaargang (ses uitgawes) van DIE KERKPAD Naam: Posadres: Poskode: Telefoonkode en nommer: |