Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die ewige beginsels van God se Woord

AKTUEEL: Dit gaan om veel meer as 'n stad se naam 

SKRIFOORDENKING:
Mal. 3:16 Die name van die gelowiges....

Diskussie oor Ger. Skrifbeskouing

Aanhef tot Ierse Grondwet

Eenheid of verskeidenheid

Boodskap SJP Kruger aan kinders

Die betekenis van Heilige Doop

Motivering Openlike Verklaring GP Kerk Brakpan

KERKLIKE JOERNAAL: 
Woelinge in die NG Kerk kry nuwe klimaks

Behoudende predikante takel dwalinge by kweekskole

"The Da Vinci Code"

Openlike Verklaring - Die GPK Brakpan

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akkrediering en Registrasie - Ja of Nee?

Die "wortels" van Karate

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Liberalisme op Kerklike Terrein

Die gebruik van "Kinderbybels"

Stiltetyd

PERSRUBRIEK: Die ontstaan van verskillende soorte apartheid

Die Marxistiese insypeling in die Gereformeerde Belydenis

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Die Afdanking van Zuma

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Sadduseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 9  No 4 Julie 2005

KERKLIKE JOERNAAL

BEHOUDENDE PREDIKANTE TAKEL DWALINGE BY KWEEKSKOLE

"Ons glo dis nou tyd vir 'n revolusie teen die dwaalstories"

Marlene Malan berig in RAPPORT, 5 Junie 2005, oor bogenoemde soos volg:

Predikante wat hulself "Skrifgetroue" en "behoudende" teoloë noem, het die die afgelope week losgetrek teen sommige hoogleraars by die NG Kerk se kweekskole en hulle daarvan beskuldig dat hulle "dwaalleerstellings" verkondig en die nuwe geslag predikante "onbybels" oplei.

Die gehalte en benadering van die gereformeerde kerke se nuwe geslag dominees op die kansel moet bevraagteken word omdat hulle klas loop by mense wat die Bybel "as geïnspireerde Woord van God" in twyfel trek.

Dit kom ná die opname voor 'n gehoor die afgelope week van die radioprogram Oop gesprek, wat oor RSG op 5 Junie uitgesaai is.

Klaarblyklik was die verskille tussen die behoudende en liberale teoloë agter die skerms nóg sterker as tydens die opname. Van die teoloë en teologiese studente in die gehoor het aan Rapport gesê van die deelnemers wat die liberale standpunt verteenwoordig, "het weggekom met fyn nuansering oor kardinale kwessies, soos die historiese opstanding van Jesus.

Die deelnemers was prof Julian Müller, dosent in praktiese teologie by Tukkies, dr Kobus Gerber, hoofsekretaris en voorsitter van Tukkies se kuratorium, ds George Nel, NG predikant van Booysens, en dr Jan Grey, leraar van die NG gemeente Pretoria-Oosterlig. Die gespreksleier was dr Flip Loots.

Grey het die afgelope week in 'n verklaring gesê: "Honderdduisende lidmate van die NG Kerk weet nie van die dwaalleringe wat aan toekomstige predikante, veral by die teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria (UP) verkondig word nie. Ook op Stellenbosch word gedwaal. By Unisa ook, maar dis nie 'n amptelike kweekskool van die NG Kerk nie.

"Daar is dosente en teoloë wat openlik ongereformeerde en onbybelse uitsprake lewer. Hulle glo self die dwalings en propageer dit. Dis fataal vir die kerk. As gemeentes, predikante en lidmate breedvoerig ingelig sou kon word oor die dwalings, sal daar 'n oorlog in die kerk uitbreek."

Grey het voorts gesê teologiese teologiese studente kla al lank hieroor, maar nog niks het van die klagtes gekom nie.

Dit blyk van die klagtes hou verband met uitsprake dat Christus se Godheid, die maagdelike geboorte, die liggaamlike opstanding, die hemelvaart, sy wonderwerke en die Bybel as die geïnspireerde Woord van God in twyfel getrek word.

Grey se verklaring, wat ook deur ds Gawie Malan van dieselfde gemeente onderteken is, sê van die akademici ignoreer die basiese Christelike belydenisskrifte. "Ons glo dis nou tyd vir 'n revolusie teen die dwaalstories."

Daar word ook gekla oor uitsprake in proefskrifte en boeke van teologiese akademici "dat Jesus se buite-egtelikheid hom 'n sondaar gemaak het, dat Hy Hom as vaderlose tot God gewend het, dat die Bybel 'n produk is van die gekonkel van mense, dat Jesus se opstanding 'n premoderne uitspraak is, en dat een godsdiens nie méér werd is as 'n ander nie."

By navraag het dr Lourens Erasmus, moderator van die Vrystaatse Sinode, gesê die NG Kerk het 'n dringende taak om wél na die aard van teologiese opleiding te kyk. "Die kerk het 'n regstreekse belang hierby. Die saak van teologiese opleiding en van die gesag van die Bybel is 'n brandpunt. Ons kan nie hieroor ronddans nie. Dan gaan ons predikante op die kansel staan wat aan staatsuniversiteite opgelei is wat nie meer helderheid oor kardinale kwessie het nie. Teologiese opleiding wat nie erns het met die gesag van die Skrif nie, gaan hom wreek op die kerklike lewe.

Volgens dr Victor d' Assonville van die Gereformeerde gemeente Colesberg/Philipstown "is jy ernstig oor die gereformeerde belydenis as jy ernstig is oor die gesag van die Skrif."

Grey meen: "Dwalers moet nóú tot orde geroep word, en as hulle volhard, behoort hulle uit hul poste te bedank of geskors te word."