Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die ewige beginsels van God se Woord

AKTUEEL: Dit gaan om veel meer as 'n stad se naam 

SKRIFOORDENKING:
Mal. 3:16 Die name van die gelowiges....

Diskussie oor Ger. Skrifbeskouing

Aanhef tot Ierse Grondwet

Eenheid of verskeidenheid

Boodskap SJP Kruger aan kinders

Die betekenis van Heilige Doop

Motivering Openlike Verklaring GP Kerk Brakpan

KERKLIKE JOERNAAL: 
Woelinge in die NG Kerk kry nuwe klimaks

Behoudende predikante takel dwalinge by kweekskole

"The Da Vinci Code"

Openlike Verklaring - Die GPK Brakpan

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akkrediering en Registrasie - Ja of Nee?

Die "wortels" van Karate

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Liberalisme op Kerklike Terrein

Die gebruik van "Kinderbybels"

Stiltetyd

PERSRUBRIEK: Die ontstaan van verskillende soorte apartheid

Die Marxistiese insypeling in die Gereformeerde Belydenis

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Die Afdanking van Zuma

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Sadduseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 9  No 4 Julie 2005

KERKLIKE JOERNAAL

"THE DA VINCI CODE"

Die topverkoperboek The DA Vincy code is nie net onskuldige fiksie nie. Dit is 'n ongelooflike aanval op die Christendom en die Judaïsme, aldus dr Stephan Joubert, op 'n seminaar in die NG Kerk Moreletapark, volgens 'n berig van Neels Jackson in BEELD, Vrydag 3 Junie 2005.

Luidens 'n uittreksel uit 'n Amerikaanse video wat vertoon is, is die groot probleem met die boek dat dit geplaas is teen 'n fiktiewe agtergrond wat hom as waarheid voordoen. Daarvolgens word geheime ontrafel wat die wortel van die Christendom aantas.

Die "historiese agtergrond" van die boek is egter deurspek van historiese foute, waarvan Joubert en prof Hennie Stander, van die UP, talle op die seminaar gewys het.

Een van die groot foute wat by monde van een van die verhaalkarakters in die boek verkondig word, is dat die kerk in die vierde eeu op 'n sinode met 'n klein meerderheid besluit het dat Jesus 'n Goddelike aard gehad het.

Stander het verduidelik dat die saak voor die destydse sinode nie oor Jesus se Goddelikheid gegaan het nie, maar oor hoe gelowiges die verhouding tussen Jesus en God die Vader moes verstaan in die lig van Jesus se Goddelikheid.

Die besluit is ook nie naelskraaps geneem nie, maar met net enkele teenstemme. Stander kon selfs die name noem van die sinodegangers wat nie saamgestem het nie. ... Joubert het die boek getipeer as "strategie van die vyand".