Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die ewige beginsels van God se Woord

AKTUEEL: Dit gaan om veel meer as 'n stad se naam 

SKRIFOORDENKING:
Mal. 3:16 Die name van die gelowiges....

Diskussie oor Ger. Skrifbeskouing

Aanhef tot Ierse Grondwet

Eenheid of verskeidenheid

Boodskap SJP Kruger aan kinders

Die betekenis van Heilige Doop

Motivering Openlike Verklaring GP Kerk Brakpan

KERKLIKE JOERNAAL: 
Woelinge in die NG Kerk kry nuwe klimaks

Behoudende predikante takel dwalinge by kweekskole

"The Da Vinci Code"

Openlike Verklaring - Die GPK Brakpan

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akkrediering en Registrasie - Ja of Nee?

Die "wortels" van Karate

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Liberalisme op Kerklike Terrein

Die gebruik van "Kinderbybels"

Stiltetyd

PERSRUBRIEK: Die ontstaan van verskillende soorte apartheid

Die Marxistiese insypeling in die Gereformeerde Belydenis

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Die Afdanking van Zuma

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Sadduseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 9  No 4 Julie 2005

KERKLIKE JOERNAAL

OPENLIKE VERKLARING *

DIE GEREFORMEERDE PROTESTANTSE KERK BRAKPAN (19 Junie 2005)

> Voorganger: Ds Hendrik Hefer <

Ons, die belydende lidmate van die Gereformeerde Protestantse Kerk Brakpan bely dat ons:

  • Met ons hele hart glo dat die Heilige Skrif, volledig en alleen, die geopenbaarde, geďnspireerde en daarom betroubare en gesagvolle Woord van God is.

  • Oortuig is dat die Gereformeerde Belydenis, soos uitgedruk in die Gereformeerde Belydenisskrifte, die Evangelie van Jesus Christus – soos in die Bybel geopenbaar – suiwer bely en verkondig.

  • Oortuig is dat, alhoewel daar nog sommige (baie?) gelowiges en gemeentes is wat streef om Bybelgetrou en Belydenisgebonde te leef en te werk, daar in die teologie, in die besluite van kerklike vergaderings en in die inrigting van die gemeentelike lewe so ver van die Gerefor-meerde Belydenis afgewyk word, dat die Ned Geref Kerkverband nie meer Gereformeerd is nie.

Ons verklaar dat ons uit die Ned Geref Kerkverband getree het omdat ons oortuig is dat:

  • Daar nie meer vir ons ruimte was om Bybelgetrou en Belydenisgebonde te leef en te werk en so die gelofte wat ons tydens Belydenisaflegging afgelę het, gestand te doen nie

  • Deel wees van die Ned Geref Kerkverband vir ons en ons kinders meer afbrekend as opbouend geword het

  • Ons dit nie langer moreel-eties kon regverdig om deel te wees van ‘n Kerkverband wat stelselmatig al hoe verder van die Skrif afwyk nie.

Bewus van ons eie onvolmaaktheid en ons afhanklikheid van die Here verklaar ons verder dat dit ons begeerte is om, as gereformeerde gemeente van Christus, ons Vader in die hemel te verheerlik deur alles wat ons is, besit en doen. Daarom sal ons daarna strewe om:

  • In leer en lewe aan Sy Woord getrou te bly,

  • Hom getrou en met oorgawe in Sy kerk te dien en

  • Ons roeping in die węreld te vervul.

Mag God, in Sy ondeurgrondelike genade, ons daartoe help.