|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 9 No 4 Julie 2005
Kommentaa
rDIE AFDANKING VAN ZUMA
Die volgende kommentaar oor die omstandighede rakende die (ANC-) adjunk-president Jakob Zuma is onder ons aandag gebring wat ons graag oordra aan die lesers vir kennisname. Dat hierdie gebeure voortspruitende gevolge sal hê wat ons nie nou al kan raaksien nie, is nie altemit nie.
Jacob Zuma se bewering in The Sunday Independent van 19 Junie 2005 dat hy vir Mbeki gedwing het om hom af te dank, moet gesien word teen die historiese agtergrond van hul Umkhonto we Sizwe kameraadskap. Volgens die USA Senate Committee on Security and Terrorism was beide Mbeki en Zuma in 1985 gelys as mees bekende militante naas Nzo, Hani, Modise en Joe Slovo. Mbeki en Zuma was dus "partners in crime". Nie eens die ANC se infame Tutu kommissie het kans gesien om Mbeki en Zuma kwytskelding vir hul dade te verleen nie!
Mbeki se versuim om onmiddellik na regter Squires se uitspraak vir Zuma af te dank, het onder andere moontlik te doen met sy en Zuma se eertydse terroriste bedrywighede. ‘n Korrupte verhouding tussen Zuma en Shaik weeg nie eens op teen die moontlike uitvoer en opdrag van "kill a farmer, kill a boer" en "one settler, one bullet" nie!
Zuma kan uit wraak ook Mbeki se beeld skaad. Verder het Zuma die Zoeloes met koning en al van Buthelezi vervreem en vir die ANC gebuit.
Dit blyk ook nou dat Cosatu en die SAKP hul invloed in die ANC via Zuma versterk het. Díe onthulling van Cosatu en die SAKP in The Sunday Independent is ‘n openlike erkenning waarom arbeids-, wapen-, mineraal-, grondhervorming- en ander wetgewing kommunisties van aard is. Dit blyk nou dat Zuma die spreekwoordelike stert was, wat die hond geswaai het.
Mbeki word deur die SAKP en Cosatu gesien as onredelik omdat Zuma volhou dat hy onskuldig is aan enige oortreding. Gesien vanuit swart kiesers se "Afrika oogpunt", is Zuma tegnies onskuldig. Die blankes se Westerse siening, naamlik dat die blote koppeling van jou naam aan ‘n korrupte persoon onhoudbaar is, is vreemd aan Afrika en irrelevant. Die gierigheid en spandabele lewenstyl van Zuma is vir dieselfde rede net vir die blankes onaanvaarbaar.
Alhoewel onthef van sy pos as adjunk-staatspresident is dit duidelik dat Zuma se steun nie afgeneem het nie. Op 16 Junie se jeugdagvieringe het die massas luid geskreeu "Phansi ngo (af met) Mbeki. Phambili ngo (vorentoe met) Zuma" en by een geleentheid is S’bu Ndebele, KwaZulu-Natal se premier, ver-skreeu en met bottels en ander voorwerpe bestook. Op Nelspruit waar Zuma self opgetree het, het die grond getril toe duisende jeugdiges mnr. Jacob Zuma verwelkom. Zuma het by hierdie geleentheid onder dawerende toegejuiging sy toespraak afgesluit met ‘n vryheidslied: awulethe umshini wami (gee my my wapen).
Volgens Aubrey Matshiqi kan die moontlike kwytskelding van Zuma deur ‘n hof, sou hy vervolg word, ernstige gevolge vir Mbeki inhou.
Ondanks die afdanking van Zuma deur Mbeki en die lof-prysing wat hy uit alle oorde ontvang, bevind hy homself steeds in ‘n onbenydenswaardige posisie, wat ernstige gevolge vir Suid–Afrika kan inhou.
Die verantwoordelike skrywer tot sover, mnr Willie van der Gryp, doen in die lig van dié gebeure ‘n beroep op die blankes om te konsolideer en hul voortgesette deelname aan die ANC/SAKP/Cosatu bestel in heroorweging te neem.
Ondertussen is verneem dat Zuma homself oorgegee het om deur die Hooggeregshof verhoor te word.
Prof Marius Wiechers, regswetenskaplike en voormalige Rektor van UNISA, het vooraf gewaarsku dat Zuma se "misbruik van die stelling dat hy nog geen kans gehad het om sy saak te stel nie, baie deursigtige en uitgediende politieke retoriek is".
Zuma is deur die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) versoek om sy betrokkenheid by alle ANC-strukture te staak hangende die voltooiing van die regsproses. Zuma bly egter aan as onderleier van die ANC, al mag hy nie meer deelneem aan enige aktiwiteite van die ANC nie.
Die besluit om Zuma voor die hof te daag, kom temidde van groot populêre steun vir die voormalige adjunk-president en pleidooie dat hy kans kry om sy "onskuld" in die hof te bewys.
Sal hierdie saak handuit ruk betreffende die polarisering van magte binne die ANC en sy alliansiegenote? Ons sal maar toekyk en wag wat sal gebeur. Een ding staan vir ons vas: Dít wat gebeur het, en voortspruitend, staan onder die gesag van God-Almagtig en dat dit moes gebeur het om die ANC te verdeel, sodat daar nog tyd en ruimte is vir die vergadering van Sy Kerk. (Red PVDK)