|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 9 No 4 Julie 2005
PersrubriekDIE ONTSTAAN VAN VERSKILLENDE SOORTE APARTHEID
Ds T Danzfuss van die NG Kerk Witfield beskryf in 'n artikel in Waarheid en Dwaling, Mei 2005, wat handel oor die "Evaluering van die Belharbelydenis" onder die opskrif "Die ontstaan van verskillende soorte apartheid" soos volg:
Verskillende vorme van 'apartheid' het vroeg reeds vanuit die praktiese kontakervaring tussen die verskillende volkere in Suid-Afrika spontaan ontwikkel. Die meeste betrokkenes het aanvaar dit is in die beste belang van almal.
Dr Nico Smith beskryf in sy doktorale proefskrif dat daar 'n jaar na die aankoms van Jan van Riebeeck reeds 'n spontane skeiding tussen die nedersetters en inheemse bevolking ontstaan het. "Hiervan getuig talle aanhalings uit die Dagregister van Van Riebeeck ... Hierdie kontakervaring het veroorsaak dat daar spoedig na die begin van die volksplanting reeds 'n spontane skeiding in die vorm van 'n natuurlike afsondering ontwikkel het."
Hy kom dan tot die slotsom: "In die voorafgaande bespreking is aangetoon dat die skeiding tussen Blank en Nie-Blank op sosiaal-maatskaplike terrein in die Kaapse samelewing spoedig ná die aanvang van die volksplanting reeds 'n aanvang geneem het".
Hierdie spontane skeiding het eers later na die kerklike lewe deurgewerk. "Wan-neer dit soms gestel word as sou die Ne-derduitse Gereformeerde Kerk eers vanaf sy sinode in 1857 die praktyk van afsonderlike byeenkomste vir Blank en Nie-Blank begin toepas het, is hierin 'n vergissing". Prof Gerdener se navorsing bevestig dat daar lank voor 1857 verskillende vorms van spontane skeiding op kerklike terrein was.
Die NG Kerk was self vir meer as 100 jaar 'n uitgesproke voorstander van afsonderlike kerke. Dit het nooit die eenheid van die kerk bedreig nie. In 1857 het die NG Kerk ter wille van beter verkondiging van die evangelie en eiesoortige behoeftes, toestemming gegee dat bruin mense afsonderlik mag vergader. Hierdie versoek het van die bruin mense self gekom (Nico Smith; HR Kotze; D Crafford; J Ernst; T Danzfuss).
Selfs die versoek tot stigting van 'n eie selfstandige NG Sendingkerk in 1881 het van die bruin gemeenskap en die sendingkommissie gekom. Met toestemming van die sinode is die NG Sendingkerk op 5 Oktober 1881 as selfstandige kerk gekonstitueer. Dit was nie 'n kerkskeuring nie, maar 'n inheemse kerkplantig in belang van die kleurlinggemeenskap.
Vir 100 jaar hierna was die NG Sendingkerk gelukkig om as eie selfstandige kerk te funksioneer. Hulle het in die tyd gefloreer en saam met die ander Gereformeerde kerke in Suid-Afrika die Drie Formuliere van Eenheid as die ware en volkome leer van die saligheid aanvaar. Kerklike notules getuig van 'n wonderlike gees van samewerking, liefde en eensgesindheid wat daar vir 100 jaar tussen die NG Kerk en die NG Sendingkerk geheers het.
Verskeie sinodale besluite bevestig dat afsonderlike kerkformasies ook die NG Sendingkerk se eie amptelike beleid was. Ons noem slegs een: "Hierdie eerwaarde vergadering wil baie duidelik onderskei tussen apartheid enersyds en aan die ander kant eiesoortige ontwikkeling op kerklike gebied soos dit al die jare in die NG Sendingkerk aanvaar is ... Die hoogeerwaarde Sinode (van die NG Sendingkerk) is daarvan oortuig dat elke bevolkingsgroep deur selfverwesentliking en selfontplooiing die beste bydrae kan lewer tot die liggaam van Christus op aarde" (Acta NG Sendingkerk Sinode soos aangehaal deur ds PJ Booys in Die Ligdraer, 1/08/1982: 292-294).
Ons moet verskillende soorte apartheid in daardie tyd onderskei.
Die Redakteur van Die Ligdraer (amp-telike blad van NG Sendingkerk) skryf in 1986 dat daar onderskei moet word tusssen:
Die skeiding wat deur blankes voorgestaan was in belang van die blankes.
Die skeiding deur swart mense in belang van die swartman.
Die skeiding wat deur blanke geďnisieer is hoofsaaklik ten bate van swart- en bruin mense.
Hewson maak dieselfde onderskeiding. Dr JH Ernst onderskei in sy doktorale proefskrif tussen horisontale en vertikale apartheid. Selfs dr Ben Marais skryf dat afsonderlike kerke vir taal- of rassegroepe hom nog nooit gehinder het nie.
Politieke agitators misbruik die situasie om spanning aan te blaas. Op 1 November 1982 skryf Die Ligdraer: "Al drie voer die besware teen apartheid terug na agitators" (01/11/82). In dieselfde tyd lees 'n hoofartikel van Die Burger: "Soos die NGSK verklaar in sy brief aan die Eerste Minister, ... is die agitators besig om die apartheidbeleid magtig teen die Moeder- en die Sendingkerk uit te buit". Dr Boesak en ander sluit aan by die agitators.
Die rol van buite-instansies
Die massamedia het daarin geslaag om apartheid te brandmerk as die oorsaak van alle probleme in Suid-Afrika. Dit was 'n węreldwye georkestreerde poging om Suid-Afrika op alle terreine te isoleer. Binnelands sowel as buitelands het organisasies na vore getree wat hulle beywer om apartheid uit te wis. Kerke, politieke groeperings saam met Marxistiese en Neo-Marxistiese agente vorm 'n verenigde front teen apartheid. Suid-Afrika word gelykgestel met die ou Hitlerbewind in Duitsland. Die Afrikaanse kerke word as die grootste sondebok gebrandmerk. Groepe soos die Węreldraad van Kerke, Cottesloe Beraad, Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, Lutherse Węreldfederasie, Alliance of Black Reformed Christians in South Africa en die Belydende Kring het die tafel vir die Belharbelydenis gedek.
Ottowa-1982: Die Węreldbond van Gereformeerde Kerke
Die NG Sendingkerk se sinode in Belhar (1982) was 'n replika van dit wat 'n paar dae vroeër in Ottowa by die Węreldbond van Gereformeerde Kerke gebeur het. Beide vergaderings se notule lees soos 'n riller. Met verborge agendas en gekonkelde protesaksies is die NG Kerk en die Hervormde Kerk ten aanskoue van die ganse węreld melaats verklaar en geskors uit die Węreldbond van Gereformeerde Kerke. ...