Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die ewige beginsels van God se Woord

AKTUEEL: Dit gaan om veel meer as 'n stad se naam 

SKRIFOORDENKING:
Mal. 3:16 Die name van die gelowiges....

Diskussie oor Ger. Skrifbeskouing

Aanhef tot Ierse Grondwet

Eenheid of verskeidenheid

Boodskap SJP Kruger aan kinders

Die betekenis van Heilige Doop

Motivering Openlike Verklaring GP Kerk Brakpan

KERKLIKE JOERNAAL: 
Woelinge in die NG Kerk kry nuwe klimaks

Behoudende predikante takel dwalinge by kweekskole

"The Da Vinci Code"

Openlike Verklaring - Die GPK Brakpan

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akkrediering en Registrasie - Ja of Nee?

Die "wortels" van Karate

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Liberalisme op Kerklike Terrein

Die gebruik van "Kinderbybels"

Stiltetyd

PERSRUBRIEK: Die ontstaan van verskillende soorte apartheid

Die Marxistiese insypeling in die Gereformeerde Belydenis

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Die Afdanking van Zuma

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van die Sadduseërs

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 9  No 4 Julie 2005

Redaksioneel

Alweer twee maande later sedert die publikasie van die vorige uitgawe van ons blad. Die tyd staan nooit stil nie. Gebeurtenisse ryg aan mekaar en daar is baie waarvan ons die sin nie kan begryp nie. Tog mag ons, as gelowiges, by dit alles vas glo dat niks toevallig geskied nie, maar dat die Here se hand, die almagtige en oralteenwoordige krag van God (HK, vr/antw 27), in alles is en dat niks buite Sy wil geskied nie. Dis ook met betrekking tot die stryd wat woed in die kerklike en maatskaplike omstandighede van ons bestaan, van oomblik tot oomblik.

Ons dink aan die omstandighede in ons land wat oënskynlik bepaal word deur die verwikkelinge wat in die (ANC-) regering plaasvind. Die korrupsie wat, tesame met die magsoordrag van 1994, op hoë vlak plaasgevind het en vind, het 'n politieke eksplosie veroorsaak, met die uitspraak van die Durbanse Hooggeregshof dat die adjunk-president, Jacob Zuma, by ongerymdhede betrokke was. Dit het gelei tot diepe verdeeldheid en stryd binne die ANC. Maar dit openbaar ook die kulturele verskille tussen eerste en derde wêreldse benaderings. In die Westerse beskawing is dit ondenkbaar dat iemand uit hoë kringe sy status kan handhaaf as daar 'n wolk van agterdog oor sy handelinge algemeen bekend geraak het. Maar in Afrika-konteks werk dit nie so nie.

Dit verklaar die omstandighede dat Zuma nogtans trag om sy posisie as onderleier van die ANC te handhaaf en aanspraak gemaak het om in die volgende verkiesing as kandidaat vir president van die ANC en gevolglik ook van die RSA te kan staan. Ondertussen het hy hom oorgegee om in die Hooggeregshof verhoor te word en is hy versoek om sy betrokkenheid by alle ANC-strukture te staak tot sy "onskuld" bewys is.

Hoewel ons nie betrokke is met die binnegevegte in die ANC nie, sal die afdanking van Zuma as adjunk-president, gevolge hê wat nie aan ons sal verbygaan nie. Ons vertroue is op ons Here, wat ook hierin Sy almagtige en oralteenwoordige krag bewys.