Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WÊRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

Prof TT Cloete wen omstrede Andrew Murrayprys

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulêre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sê is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

REDAKSIONEEL

Dat hierdie uitgawe byna drie weke laat verskyn, het 'n besondere rede. Ek vra nederig verskoning daarvoor. Ek is naamlik weer getroud en het 'n verlof van twee weke geneem om "wittebrood" te vier. Ons hoop om die agterstand stadigaan in te haal, sodat ons blad in die nabye toekoms weer promp op tyd kan verskyn. Verskeie van ons intekenaar/lesers het ons getelefoneer en gevra wat skort met die verskyning van ons blad. Ons bedank almal hartlik vir hierdie blyk van meelewe. Ook baie dankie vir die talle oproepe en briewe met gelukwensings vir ons troue. Dis 'n riem onder die hart om daardie meelewe te ervaar.

Hierdie uitgawe het 'n verskeidenheid van artikels wat ons in vorige uitgawes nie gepubliseer het nie. Ons sal graag van meer medewerkers artikels ontvang. Die verskeidenheid en aanbieding van motiverings maak die kos wat voorgesit word al hoe lekkerder.

Ons sal ook graag uit die verskillende gebiede van ons land bydraes ontvang. Dit sal besonder waardeer word om soveel as moontlik plaaslike kerklike mededelingsblaadjies te ontvang. Ons sal graag alles wat relevant is, daaruit publiseer. Almal se medewerking word daarvoor versoek.

Die saak van die Psalmomdigting (TT Cloete) is op hierdie oomblik hoogs betwisbaar. Daar is talle besware wat daarteen aangevoer word, wat in hierdie uitgawe genoem word. Dit is goed om daaroor te besin.

Hierdie uitgawe is reeds die tweede van die sesde jaargang. Die tyd vlieg, en ons nader in die verband van die GKSA vinnig die komende Nasionale Sinode 2003, wat DV in Januarie volgende jaar gehou gaan word. Hierdie sinode dreig 'n twispunt in die kerke te word, met die oog op die sake in gedrang, naamlik dié aanvaarding al dan nie van die vrou in die kerklike ampte, die gebruik van die 1983-vertaling en die omgedigte Psalmberyming. Die aard van die geskille handel oor die liturgiese veranderings in die kerke wat enersyds voorgestaan en andersyds prinsipieel betwis word. Die uiteinde van die geskille lê in die hand van die Here. Menslik gesproke is versoening onmoontlik. Mag die Here gee dat die eenheid van die Gereformeerde Kerke volgens sy geopenbaarde wil betrag en gehandhaaf word. "Hoe goed is dit - 'n huis vol lieflikhede! - dat broeders woon in onverstoorb're vrede ..." (Psalm 133 : 1a - berymd))

ADMINISTRATIEF

Daar is van tyd tot tyd lesers wat vra of hulle op datum met betaling is of dat hulle nog iets verskuldig is. Let asseblief op u adresstrokie op die koevert waarin u ons blad ontvang. Hierdie is jaargang nommer 6. Indien die syfer 6 agter u naam verskyn, dan is hierdie jaargang betaal. Indien die syfer 5 daar verskyn, dan is u daardie jaargang nog verskuldig. Indien die syfer 4 daar staan, dan is die vyfde (vorige) jaargang nog nie betaal nie.

Dis 'n vriendelike versoek om volgens hierdie riglyn na te gaan of u betaling op datum is of dat u die vorige of hierdie jaargang nog verskuldig is. Indien daar 'n fout van ons kant is, sal ons dit graag van u verneem. Ander-sins sal ons graag 'n bydrae vir u (her) intekening ontvang. Dié wat agterstallig met die betaling van die derde en vierde jaargange is, ontvang van nou-af nie meer ons blad nie. Indien herintekeningsbydrae ontvang word, sal ons graag weer 'n eksemplaar ook aan hulle voorsien.

Graag stel ons nog weer eens bekend dat al die vorige uitgawes, vanaf die eerste van die eerste jaargang, nog eksemplare beskikbaar is teen 'n spesiale prys wat met ons administratiewe kantoor onderhandel kan word.

KERK EN POLITIEK

In enkele gevalle kry ons reaksie oor die politiek wat ons vermy of ook voorstaan in die redaksie van ons blad. Ons hou ons afsydig van praktiese partypolitiek. Ons meng nie in daarmee nie. Maar dis 'n ander saak om die eenheid van die nuwe Suid-Afrika te huldig en te ondersteun of krities daarteenoor te staan. Dit gaan oor die prinsipiële saak of ons aan die huidige politieke stelsel Skrifgebonde kan deelneem al dan nie. Ons veroordeel nie die goedbedoelde pogings om binne die parlementêre sisteem deel te neem en standpunte te stel waarmee ons ons van harte kan vereenselwig nie.

Tog kan ons nie 'n bepaalde politieke party bevorder deur middel van ons blad nie. Daarom bly ons versigtig op die agtergrond om nie aan pragmatisme blootgestel te word nie. Ons bly gebind aan die Boere-Afrikaner se strewe om sy vryheid te herwin. Ons is nie ten gunste van die miskenning en aftakeling van ons (Afrikaanse) taal en goeie tradisies nie. Ons bly gebind aan 'n Skriftuurlike profetiese benadering van sake.

Die Kerkpad: November 2001  Gesprek met die lesers