Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WÊRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

Prof TT Cloete wen omstrede Andrew Murrayprys

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulêre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sê is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

KERKLIKE JOERNAAL

DIE NUWE BERYMING VAN DIE PSALMS

Terwyl daar in talle gemeentes van die Gereformeerde Kerke verontrusting oor die TT Cloete-Psalmomdigting bestaan en besware daarteen aangevoer en gedeel word, is dit in die klassis Boland en Suid-Kaap blykbaar nie so gesteld nie. Die November 2001 uitgawe van Die Wingerdstok skryf baie entoesiasties oor aanvaarding daarvan, as volg:

Die omdigter van al die 150 Psalms, TT Cloete, van Potchefstroom, sê: "Kyk, ek kan vir jou sê, in die tien jaar wat ek aan die Psalms gewerk het, was daar baie dae dat ek wou sê: tot hiertoe en nie verder nie." Prof TT Cloete leun vorentoe in sy stoel en beklemtoon sy woorde met sy hande. "Maar elke keer het ek besluit om ten spyte van al die probleme, en daar was baie, tog maar deur te druk. En nou dat alles afgehandel is, verstaan ek hoe Winston Churchill blykbaar gevoel het toe hy ná die Tweede Wêreldoorlog gesê het: "I am unhappy without a war". Ek was bly dat die honderd-en-vyftig Psalms klaar is, maar tog was ek jammer daaroor, ek het so lank intiem daarmee saamgelewe."

Die eerste (vorige) omdigting van die psalms is van Totius (prof JD du Toit) en dateer uit 1937. Sedertdien het Afrikaans as dinamiese en lewende taal geweldig gegroei. Dit het dus meriete dat daar 'n nuwe omdigting van die Psalms is. Die mooi van die omdigtings is dat dit nuwe Afrikaanse skeppings is. Dit is skittterende nuwe tekste van plaaslike digters in pragtige en volronde Afrikaans; ook pragtige melodieë van Suid-Afrikaanse komponiste. Veral wat die gesange betref, is die kerk waarlik besig om 'n eie Afrikaanse himnologie te skep.

Die 150 Psalms, die kern van die gereformeerde kerkliedereskat, is almal omdigtings van prof TT Cloete van Potchefstroom. Daar is ook 13 alternatiewe psalmtekste/omdigtings van ander digters: Lina Spies, Antje Krog, Andries Breytenbach en Elsabé Kloppers. Elkeen se bydrae verryk die nuwe liedereskat. Daar is ook die Skrifberymings van Totius en Johannes Bingle. Tien van die berymings van Totius in die nuwe Liedboek (van die NG Kerk en NH Kerk) opgeneem, met dankbaarheid vir die rol wat Totius se digwerk vir meer as 60 jaar die eredienste in kerklike sang gedien het. Baie van die Geneefse (Geneve) melodieë is ten opsigte van die Psalms behou. Daarmee word die besondere gereformeerde tradisies en erfenis behou. Dit is "ou-goud" wat nie verwaarloos mag word nie. Die bekende melodieë is ook steeds in die nuwe Liedboek daar: Ps 33, 48, 100, asook van die bekende melodieë van PK de Villiers: Psalms 18 en 147. Om die Afrikaanse melodieskat uit te brei, is die liederwysies van Psalm 38 en 130 as alternatiewe behou. Dit is belangrik dat nuwe Afrikaanse komposisies ook ingesluit is. Hiervoor is dank verskuldig aan Pieter van der Westhuizen, Gawie Cillié, Izak Grové en Gerrit Olivier .

Die Gereformeerde Kerke (GKSA) neem by die eersvolgende Nasionale Sinode (DV Januarie 2002) offisieel 'n besluit oor die nuwe Psalmbundel. Die deputate (kommissie) wat deur die vorige Sinode van GKSA benoem is om saam met die NG Kerk en Ned Hervormde Kerk in 'n interkerklike kommissie te dien, beveel reeds die aanvaarding van die omdigte 150 Psalms aan met ook behoud van die volle Totius-beryming. Die nuwe Psalmboek met beide die Totius- en TT Cloete-berymings én die Skrifberymings verskyn DV ná die Sinode van 2003.

Die Kerkpad: November 2001 Gereformeerdes hou eredienste saam met Hervormdes in Scottburgh