Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WĘRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

Prof TT Cloete wen omstrede Andrew Murrayprys

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulęre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewęreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sę is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

DIE AFRIKAANSE KERKE EN DIE OORGAWE VAN 1994

(Aflewering 2)

-  PROF DR ADRIAAN PONT  -  EM TEOLOGIESE FAKULTEIT NHK PRETORIA  -

Apartheid

Dit is miskien belangrik om daarop te let dat die Afri-kaanse kerke in die begin nie ‘n bydrae gelewer het tot die formulering van die beleid van apartheid nie. Wat wel gebeur het, is dat agterna, op verskillende kerklike byeenkomste, ‘n regverdiging gesoek en gevind is vir die beleid. So verklaar ‘n kongres van die NG Kerk in April 1950: "Die kongres wil die oortuiging uitspreek dat die enigste oorblywende oplossing vir die rassevraagstuk ten opsigte van wit en swart… geleë is in uiteindelike totale skeiding van blank en nie-blank…" Daardie standpunt is in verskillende toonaarde herbevestig in 1951 en ook weer in 1956.

Daar was egter in die geledere van die Afrikaner ook mense wat die "multi racialism"-standpunt ondersteun het. By die Gereformeerde Ekumeniese Sinode van 1958 waar sowel die NG Kerke as die Gereformeerde Kerke teenwoordig was, word besluit: "… die kerk moet deur sy lering en voorbeeld sy lede opvoed en voorberei vir die beoefening van die Christelike gemeenskap met gelowiges uit ander rasse terwyl deurgaans met die grootste versigtigheid… teenoor sy eie lede opgetree word…." Hier word al vanuit die buiteland met veel-rassigheid as ‘n ideaal gepropageer en word, nog ewe versigtig, gesuggereer dat die kerke gebruik moet word as ‘n middel om die ideale van veelrassigheid te ver-werklik. Dit dui daarop dat in die kerke net soos in die volk daar twee strominge was. Een groep het eiesoortige ontwikkeling aanvaar as ‘n billike ideaal om die Afrikaner se leefwyse veilig te stel en die ander groep het ‘n ver-mengde samelewing onder ‘n swart, kommunistiese meerderheidsregering as die toekomsideaal gesien.

Opvallend was dat diegene wat ‘n kommunistiese lewensorde in Suid-Afrika wou vestig, in die media-propaganda voorgehou is as die voorste Christene ter-wyl diegene wat op die Christelik-nasionale standpunt gestaan het andermaal, soos soveel maal in die geskie-denis, uitgemaak is as ouderwets, agterlik, verkramp en dergelike meer!

Die interessante van die situasie in Suid-Afrika was dat die SA Kommunistiese Party onder die dekmantel van "swart nasionalisme" deur die Geldmagnate in Suid-Afrika en in die buiteland gefinansier en gedra is en as die speerpunt van die aanval op die Afrikaner om sy politiek mag te breek. Dit was uit-en-uit ‘n politieke aksie maar die links-neigende Afrikaner is ook in die stryd betrek soos Afrikaner-joernaliste van wie Piet Cillié die pasaangeër was saam met ‘n man soos Schalk Pienaar; Daarnaas is steun gewerf onder Afrikaner-akademici, en onder Afrikaner kerklike ampsdraers. Die kern van die anti-apartheid groepering in Afrikanergeledere was in die Wes-Kaap gesetel, die mense wat deur Alan Drury getipeer is as die "Cape Liberal Nats". Omdat hulle almal lede van die Afrikaner-Broederbond was, het hulle daarvandaan hulle invloed en tentakels uitgebrei in die NP, die FAK-ATKV-Rapportryersbeweging (wat almal stutorganisasies van die Broederbond is), die Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Afrikaanse kerke. Hulle optrede is gepropageer en beskerm deur die Naspers-media wat buitendien vyande van dr Verwoerd en sy leiding was.

Ekonomiese aanslag

Dit was hierdie anti-Verwoerdgroepering in die Afrikaner-gemeenskap wat die beweging tot samewerking tussen Afrikanerkapitaliste en Federale Volksbeleggings, San-lam, Volkskas en dergelike meer met die Brits-Joodse Geldmagnate soos die Oppenheimer en ander belange na vore gebring het. Ter wille van die verryking van die Afrikanerkapitaliste is hierdie samegaan met diegene wat nog altyd die ekstrak van Afrikanervyandigheid verteenwoordig het, na vore gebring. En so het Tom Mul-ler en Willem Coetzer van afdeling tot afdeling in die Broederbond rondgegaan om die samewerking te "verkoop". En in plaas daarvan dat hierdie saak die Afrikaner se ideale en strewe gedein het, was die teenoorgestelde waar. Die saamgaan van Afrikaner-kapitaliste met die Geldmag in 1963 het in beginsel die doodsklok vir die Afrikanerstrewe na ‘n eie vaderland gelui. Die Geldmag het konsekwent, vanaf 1902, ‘n ras-geďntegreerde myn- en nywerheidswęreld geskep en so ‘n geďntegreerde gemeenskap probeer afdwing. Hulle standpunt was dat ‘n gemengde ekonomie op die ou end ‘n gemengde regering vereis en dit beteken in Suid-Afrika die verswelging van die Afrikaner deur swart getalle. As die opvolgers-in-regte en denke van lord Milner het die Geldmagnate altyd gestreef na die uitwissing van die Afrikaner en die uitvee van die Afri-kaner se strewe na ‘n eie vaderland. So is die Afrikaner se toekoms in 1963 verkoop en die merkwaardige was dat slegs ‘n klein groepie Afrikaners, vriende van dr Albert Hertzog, ‘n idee gehad het van wat dit kan beteken.

As dit so oorweeg word, word dit al meer waarskynlik dat magte uit die linkse Afrikanerpolitiek, die Afrikaner-kapitalisme en die Engelse Geldmag, gestut word deur die Naspersmedia, die mense was wat die CIA gehuur het om die moord op dr Verwoerd te pleeg. Daarby moet seker die gedagte gevoeg word dat Afrikaanstalige kultuur- en kerkleiers ook lede van daardie sameswering was. As vandag na die situasie van die Afrikaner, vasgekeer onder ‘n swart kommunistiese bewind, gekyk, word, is die stelling waar: die dolksteek na dr Verwoerd was ‘n dolksteek na die hart van die Afrikanervolk, die soveelste poging om hierdie lastige volkie uit te roei.

Die skeiding van die geeste het in die Afrikaanse kerke by die Cottesloeberaad van 1960 duidelik sigbaar geword. Maar reeds lank voor daardie tyd is die aanvoorwerk daarvoor gedoen en het daar al botsings voorgekom tussen die kerkmense wat in die beproefde spoor wou loop en diegene wat hulle gedagtes en skrede wou laat lei deur die leiersfigure van die Węreldraad van Kerke. Dié is toe al van 1948 besig om die grondslae te lę vir ‘n "superkerk" wat węreldwyd sou vat en eintlik maar ‘n kerklike weergawe van die sosialistiese ideaal sou wees.

Die Cottesloeberaad was ‘n poging van die Węreldraad van Kerke om met die hulp van die Engelse kerke in ons land die Afrikaanse kerke so ver te kry om die beleid van eiesoortige ontwikkeling te verwerp. Die aanleiding daarvoor was die Sharpeville-insident toe ‘n siedende skare die Polisiekantoor daar wou bestorm en die Polisie toe geskiet het. Die kerklike reaksie, dwarsoor die węreld, was so goed georkestreer dat dit duidelik was dat dit ‘n sorgvuldig beplande gebeure was. Dit sę nogal veel as bedink word dat die internasionale kerklike węreld saam met die PAC beplan het om ‘n klomp betogers te laat skiet sodat die kerke hulle bekommernis oor die lot van swartmense in Suid-Afrika kon uitspreek. Dit is ten minste die indruk wat die hele reaksie op Sharpeville by baie gewek het.

Die beraad by Cottesloe in Johannesburg in Desember 1960 is ‘n hele verhaal op sy eie. Die poging van die Węreldraad van Kerke om die Afrikaanse kerke so ver te kry om die beleid van eiesoortige ontwikkeling te veroordeel, misluk egter vanweë die versiendheid en optrede van ds AJG Oosthuizen van die NH Kerk. Sy persverklarings en optrede dwing uiteindelik die NG Kerk van die Kaap en Transvaal om hulle aanvanklike aanvaarding van die Cottesloe-besluite te repudieer. Die sondes van die twee kerke het altwee gedurende 1961 die Cottesloe-besluit skerp afgewys. Terselfdertyd is die afgevaar-digdes na Cottesloe, veral in die Transvaalse sinode, nogal skerp tereggewys wat ook weer reaksie uitgelok het.

Die Christian Institute of South Africa

Die linkse teoloë, veral in die Transvaalse NG Kerk, stig dan met die medewerking en finansiële steun van die SA Institute for Race Relations in 1963 die Christian Institute of South Africa. Die CISA funksioneer dan soos ‘n invalspoort vir die linkse kerklike denke van die WRK na die Afrikaanse kerke toe soos die South African Council of Churches die invalspoort na die Engelse en swart kerke was. Met die uitbundige finansiering vanuit die buiteland en ook van Duitse kommunistiese vakbonde was sowel Cisa as die SACC ook toegangspoorte waardeur geld na Suid-Afrika gestuur is vir die gebruik van die SA Kommunistiese Party en ander vermomde kommunistiese organisasies. So gebeur dit dat die kerklike linkervleuel, wat as ‘n stutorganisasie moes dien vir die SAKP en die Cape Liberal Nats, hulle ideale al meer struktureer en al meer gekoördineerd optree. ‘n Voordeel wat hulle gehad het, was dat hulle optrede gedra is deur die goedkeurende propaganda van die Engelstalige koerante.

Opvallend was dat die meeste Afrikaanse kerklui wat met hul optrede en uitsprake die saak van die kommunisme bevorder het, in die koerante aangedui is as van die voorste teologiese denkers ter węreld. So het in daardie dae die Roomse Bishops Conference met sy uitsprake nogal dikwels die indruk gegee dat hy ‘n propagandis van die SAKP se Politburo is. Die Anglikaanse Kerk het, veral met steun van die kommunistiese ampsdraers van die kerk in Engeland, die motor geword van die SACC wat in baie opsigte soos ‘n skildorganisasie van die SAKP opgetree het. Jare later het biskop Bill Burnett van die Angli-kaanse Kerk en ‘n eertydse sekretaris van die SACC gesę dat hulle in daardie jare die boodskap van die Bybel verdraai het om hulle en die vyande van die beskaafde waardes te bevoordeel. Soos te verwagte het die opmerking nęrens eers ‘n winkbrou in die kerklike węreld laat lig nie. Dit was tipies van die Engelse manier van doen: die teenstanders mag nie onderduims en agterbaks wees nie, maar die Engelsman is altyd bo alle kritiek verhewe.

In ieder geval, deel van die hele kommunistiese aanslag op die Afrikaner was dat in die Afrikaanse kerke, met die hulp van Cisa wat oor enorme groot hoeveelheid geld beskik het, ‘n vyfde kolonne gestig moes word om die Afrikaanse kerke te destabiliseer. Ook in hierdie geval was die invalspoort die Broederbond waar die linkse ampsdraers byna sonder verdenking kon saamsweer.

Terselfdertyd was die propaganda-aanval op die Afrikaner nie gering nie.  Afgesien van die volgende aanvalle deur die Engelse koerante is daar ook vanuit Engeland en Amerika druk toegepas. Een van die merkwaardige propagandastukke was die British Council of Churches se publikasie "The future of South Africa". Daar word dit uitgespel hoe die kerke en Engeland verwag het dat die kerke in Suid-Afrika moet saamwerk om ‘n kommunistiese magsoorname moontlik te maak. Sommige dele van die boekie lees asof dit geskrywe is deur die propaganda-afdeling van die SAKP wat toe sy hoofkwartier in Londen gehad het. (Word vervolg)

Die Kerkpad: Maart 2002 Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994