Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WÊRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulêre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sê is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

DR JOHAN OOSTENBRINK SE ROEPING "OM 'N SOEKERGERIGTE GEMEENTE TE PLANT"

Van Kerk na Sekte

In die vorige uitgawe van ons blad (Januarie 2002) is  'n verklaring van dr Johan Oostenbrink, voormalige leraar van die gemeente Bergbron (GKSA) geplaas, met die vermelding dat ons kommentaar daarop sal lewer, wat ons hiermee onderneem.

Dit is tragies dat 'n Gereformeerde predikant sy gemeente verlaat om ander (groener?) weivelde te gaan soek om die Woord van die Here te verkondig. Maar is hy daarmee getrou aan sy roeping? Die Here het hom immers geroep om op die plek waar hy bevestig is, sy diens te vervul? Die amptelike diens is nie willekeurig nie. Dit hang nie af van 'n predikant om vir sy hemelse Sender te sê "Die plek waar ek nou staan is nie goed genoeg nie, ek kan elders my talente beter aanwend".

Hier is drie sake in die gedrang. Ten eerste die Skriftuurlike roeping en bevestiging in die amp van herder en leraar, soos dit in die Gereformeerde Kerke kerkordelik bepaal is. Dit geld as 'n lewenslange amp en verbintenis wat nie troueloos verlaat mag word nie. In die tweede plek die verantwoordelikheid om die gemeente wat aan 'n dienaar van die Woord toevertrou is, getrou aan die Woord van die Here te lei en te regeer ooreenkomstig die formulier wat tydens die bevestiging onderteken is. Daarin is onder andere belowe "dat ons die voornemende leer (van die Gereformeerde Kerke) naarstig sal leer, en getroulik verdedig sonder om iets teen dieselfde leer, hetsy openlik of in die geheim, direk of indirek, te leer of te skrywe." Die laaste saak waarop gewys kan word is die binding aan die kerkorde en gehoorsaamheid aan die kerklike vermaan en tug, indien dit ooit nodig sal wees en toegepas moet word.

Dr Oostenbrink gaan in eiewilligheid 'n ander pad. Hy gebruik vroom en mooi woorde om die trouelose verlating van sy diens mee te vergoelik. "My stap is 'n geloofstap en nie van rebelsheid, frustrasie of moedeloosheid nie. Kerkordelik en formeel sê ek miskien gemeenskap op met die GKSA maar geestelik beslis nie, want ek is lief vir julle en breek nie van my kant ons geloofsband nie". Is dit waaragtig? Kan 'n mens, soos in hierdie geval, die gemeenskap met die GKSA kerkordelik en formeel beëindig sonder geestelike konsekwensie? Oostenbrink verbreek die band met Die Gereformeerde Kerke om in eie reg en verantwoordelikheid 'n "onafhanklike soekergerigte gemeente te (gaan) plant". Vorm dit nog deel van die gemeenskap van die heiliges wat Oostenbrink eiewillig verlaat het? Watter orde, watter toesig, watter geloofsooreenstemming is daar met 'n sekte wat nie deur die Here gestig word nie, soos die Skrif en die Belydenis (NGB, art 27) dit leer dat die algemene kerk van die begin van die wêreld af daar was en tot die einde daar sal wees. Die kerk van die Here is nie willekeurig nie, maar word in stand gehou en bewaar deur die Homself. Die kerk is 'n historiese verskynsel. Dit funksioneer op die aarde en triomfeer in die hemel. Hierdie algemene Christelike kerk is met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig. Dis 'n verband van kerke onder leiding van die Gees.

Ons glo - aangesien hierdie heilige vergadering (die kerk waaraan Oostenbrink hom onttrek het) 'n versameling is van hulle wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie - dat niemand, wat sy stand en status ook al is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig mag hou nie; inteendeel, almal is verplig om daarby aan te sluit en hulle daarmee te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur hulle almal - as lede van een en dieselfde liggaam - aan sy leer en tug te onderwerp ... (NGB, art 28).

"Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat tot voordeel strek" (Spreuke 18 : 1). Waarmee is Oostenbrink nou besig? Dien hy en bou hy aan die Kerk van die Here of stig hy 'n sekte waarvan daar reeds oor en te veel in ons land is? "Ons glo dat ons sorgvuldig en met groot oplettendheid uit die Woord van God behoort te onderskei watter kerk die ware kerk is, aangesien al die sektes wat daar vandag in die wêreld is, hulle ten onregte die naam kerk toeëien (NGB, art 29).

Is dr Oostenbrink deur God geroep om bediening elders te soek? Is dit 'n geoorloofde en behoorlike oorgang van die een na 'n ander geloofsgemeenskap? Ons glo dat die bedienaars van die Woord van God ... tot hulle ampte verkies moet word deur middel van 'n wettige verkiesing deur die kerk, onder aanroeping van die Naam van God en in goeie orde, soos die Woord van God leer. Daarom moet elkeen terdeë daarteen waak om hom met onbehoorlike middele in te dring, Hy moet wag totdat hy deur God geroep word, sodat hy van sy roeping oortuig kan wees en sekerheid kan hê dat dit van God kom (NGB, art 31). Daarenteen verklaar Oostenbrink dat hy "aan niks mooiers kan dink as om die evangelie van God se liefde en verlossing aan verlore en soekende mense te bring nie". Dis 'n eiewillige ongeordende en teen-Skriftuurlike aksie wat hy onderneem, waarvoor hy sy amptelike diens waarin hy beroep en bevestig is, verlaat het. Sy "navorsing en omgewingstudies het (aan hom) getoon dat daar 'n groot klomp soekende mense in die Kaap is en dat daar 'n oes op 'n besondere wyse gereed is vir die Here se koninkryk", aldus Oostenbrink.

Die Woord van die Here leer dat daar 'n oes is van mense wat deur die Here uitverkies is tot die ewige heerlikheid. Dáárvoor en dáárom vergader Hy sy Kerk. So is daar die ruimte en Christelike plig vir die verkondiging van die Woord in sending en evangelisasie. Dit is deel van die amptelike diens van kerk. Daarom gaan dit gepaard met die amptelike roeping en kerklike besluitneming. In dié verband word kerkplanting in gehoorsaamheid aan die Here se opdrag en met die bystand van die Heilige Gees onderneem. Sending en evangelisasie is kerklike sake en mag nie op eie (persoonlike) gesag onderneem word nie. Dit moet as sektaries beskou word.

Die Kerkpad: Maart 2002