Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WÊRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

Prof TT Cloete wen omstrede Andrew Murrayprys

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulêre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sê is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

OPVOEDING EN ONDERWYS

SEKULêRE INHULDIGING VAN PU VIR CHO SE SEWENDE REKTOR

Die dagblad BEELD berig in sy uitgawe van Donderdag 7 Februarie 2002 die inhuldiging van dr Theuns Eloff as die sewende rektor van die Potchefstroomse Universiteit. Die strekking van die berig laat die indruk dat dit meer 'n sekulêre aangeleentheid as 'n gereformeerde en formeel kerklike betref het. Terwyl die skool oorspronklik in die kringe van die Gereformeerdes sy ontstaan gekry het, is dit opmerklik dat soveel persone wat beslis nie voorstanders van uitgesproke Christelike Hoër Onderwys is nie, onder die aanwesiges genoem is. Die berig vermeld voorts dat dr Eloff die eerste rektor van dié universiteit is wat nie uit die akademiese gemeenskap kom nie.

Lieze du Preez vermeld verder dat die ampsbekleding, wat deur dr Danie Cronjé, kanselier gedoen is, deur meer as duisend gaste en vriende wat bykans alle sektore in die land verteenwoordig, bygewoon is. Buitelandse besoekers het ook die geskiedkundige geleentheid bygewoon.

Onder die teenwoordiges was me Sue Ford-Patrick, konsul-generaal van die VSA, adv Leon Wessels, mnr Mike Rosholt van die Nasionale Besigheidsinisiatief, prof A van de Beek en dr Susan Groeneweging van die Vrije Universiteit in Nederland, mnr David Mashapalo van die Black Business Council, Henry Jeffreys, adjunkredakteur van Beeld, mnr Satish Roopa, burgemeester van Potchefstroom, die vermaaklikheidspaar Johann van Rensburg en Rina Hugo en Elsabé Zietsman. Ampsha-we word ook twee van die vorige rektors, drr Carools Reynecke en Tjaart van der Walt vermeld.

Volgens die berig het mnr Willem van Wyk, voorsitter van die raad, Eloff bestempel ''as 'n opvolger wat die universiteit met groot waardigheid en vernuf sal opbou''. Die geleentheid is as opwindende vertrekpunt met nuwe uitdagings beskryf.

In sy boodskap het Eloff gesê dat daar 'n groeiende konsensus bestaan dat die PUK 'n ondernemende universiteit moet wees met die in-sluiting van gepaste elemente van die tradisionele kollegiale, burokratiese en korporatiewe modelle van bestuur.

Hy beskou dit as belangrik dat die universiteit hom strategies posisioneer. ''Daar sal nuut gedink moet word oor hoe die Christelike karakter in wetenskapsbeoefening verstaan en geoperasionaliseer word, en na buite bemark word.'' Die Puk moet in dié veeltalige land met elf tale 'n funksionele taalbeleid hê, het dr Eloff gesê.

Die Kerkpad: Maart 2002