Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WĘRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulęre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewęreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sę is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

OPVOEDING EN ONDERWYS

KURRIKULUM 2005

Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

-  BELANGRIKE KENNISGEWING VAN DIE AFRIKANER KULTUURBOND (AKB)  -

Die Afrikaner Kultuurbond hou op 27 April met die medewerking van organisasies soos die VCHO en onderwyskundiges 'n volkskongres oor onderwys  Die doel van dié kongres is tweërlei:

Eerstens om die werklikhede van Kurrikulum 2005 in geen onduidelike terme nie te ontbloot vir wat dit is - naamlik 'n totale ideologiese aanslag op die siel van ons kerk en volk se jeug ten einde die Christelike geloof, Bybelse norme en waardes sowel as volksidentiteit tot as irrelevant en selfs onaanvaarbaar in die getransformeerde Suid-Afrikaanse samelewing te reduseer. Dit gaan hier nie bloot daarom of godsdiensoefening of selfs onderrig nog toegelaat sal word al dan nie, maar om die uitkoms van vakonderrig en die afdwing van vreemde, soms goedklinkende maar beslis nie Christelike waardes nie.

Tweedens om gelowige volksgenote op te roep om te besin oor die doopbelofte wat hulle afgelę het en in die lig daarvan tot verootmoediging te kom en dan 'n gelowige verset teen die aanslag op ons kinders se Christelike geloof.

'n Hele aantal kort, bondige feite en pamflette sal die dag vrygestel word oor die onderwerpe wat toegelig sal word. Dit sluit sake in soos: Die Manifesto van die minister, Uitkomsgebaseerde onderwys, Ubuntu, die nuwe Kurrikulum 2005 se subtiele en blatante verwerping van Christelike waardes in leerareas soos Kuns en Kultuur, Omgewingsleer, Wiskunde en die wetenskap, Mens en Sosiale wetenskap (uiteindelike doel : sosiale omvorming) asook vergelyking van standaarde 2005 teenoor 1995 (beduidende verlaging van standaard), hoe gaan die owerheid hierdie waardes afdwing, en dan uiteraard ook onderwerpe soos: wat vra die Here van ons as ouers, Christelike vakonderwys, die verbondsouer, en God se skepping.

Die Volkskongres vind plaas in die Piet van der Waltsaal, Pretoriase Skougronde, op Saterdag 27 April 2002. Dit begin om 09:00 en sluit om 17:00. Navrae kan gerig word aan die AKB se kantoor (dagure) (012) 543 2257.

DIE GODSDIENSKURRIKULUM MAG NIE

Onder die bogenoemde opskrif skryf 37 lidmate van die NG Gemeente Clarens die volgende:

Hiermee maak ons ten sterkste beswaar teen die beoogde instelling van multi-religieuse onderwys in Suid-Afrikaanse skole.

Godsdiensonderrig is deel van Kurrikulum 2005 en wil leerlinge blootstel aan verskillende godsdienste.

Die Grondwet van Suid-Afrika waarborg godsdiensvryheid Daarom het Christene vanuit hulle godsdienstige oortuiging die reg om op 'n Christelike grondslag onderrig te word. Kinders se godsdienstige oortuigings moet nog gevorm word en dwaalleringe sal hulle verwar.

Ouers moet dus die keuse hę om hulle kinders te laat opvoed in die godsdiens van hulle keuse.

Christene vra dat hulle kinders in die Bybel en die Christelike leer onderrig sal word.

Ons gun hierdie beginsel aan ander geloofsoortuigings en versoek vir onsself dieselfde ruimte.

Die Kerkpad: Maart 2002