Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WÊRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulêre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sê is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

SKRIFOORDENKING

IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

JESAJA 49 : 26

-  DS AH STAVAST  -   MOSSELBAAI  -

Kyk, Ek het jou in die handpalms gegrafeer, jou mure is gedurig voor My.                                                                  (Jesaja 49 : 16)

Dit gebeur soms dat ‘n Christen se lewe in duie stort wanneer die stampe en stote van die lewe te oorweldigend op hom neersak. Byvoorbeeld by die afsterwe van ‘n geliefde. Of wanneer ‘n mens onvoorbereid moet aftree. Of wanneer jy jou werk verloor. Die omstandighede waarin ‘n mens verkeer, raak dikwels net teveel vir ‘n mens. Dit voel vir jou soms dat jou lewenshuis eenvoudig net in mekaar gestort het.

In sulke omstandighede kan selfs die Christen (Sion) uitroep: "Die HERE het my verlaat!" en "die Here het my vergeet!" (Jes.49:14).  Vers 14 gebruik die term "Sion". Dit dui op die stad Jerusalem. Maar dit kan ook in ‘n geestelike sin op die volk van die Here dui. Vir die Israeliete het dit in die tyd van die ballingskap gevoel dat die Here hulle verlaat het. Al wat hulle as ballinge in ‘n vreemde land kan onthou en aan kan dink, is die puinhope, die bouvalle, die ruïnes van die mure van Jerusalem. Al hoor hulle die mooi woorde van die profeet Jesaja dat daar verlossing op hulle wag, sien hulle net die puinhope van hulle ballingskapsbestaan raak. Menslik gesproke lyk dit vir hulle onmoontlik dat daar verlosing kan kom.

Dalk lyk dit vir u ook so:- Dat daar geen uitkoms vir u moontlik kan wees nie! Maar, broeder en suster in die Here Jesus Christus, Sion, lees Jesaja 49 :15 en verder weer ‘n keer! Die Here sê daar as ‘t ware:- "My liewe kind, Ek het jou nie vergeet nie! Al sou dit dalk kon gebeur dat ‘n ma haar baba kan vergeet, Ek, die Here sal dit nooit doen nie! Jy is mos my kind, My suigeling wat van my afhanklik is. Jy is so goed aan my bekend soos die lyne van my handpalms. Jou naam is op my handpalms ingegraveer – soos onuitwisbare tatoeëermerke. Ek sien dit elke dag raak. Ek dink elke dag aan jou."

"Ja, Ek weet jy gaan nou deur ‘n donker tyd van jou lewe. Jy sien net die puinhope, die afgebreekte mure raak. Maar weet jy, Ek sien deur jou afgebreekte mure heen jou héél ge-maakte mure raak, want Ek kyk ewigheidsgewys! Ek sien jou héél gemaakte mure voortdurend raak. Ek gebruik hierdie goed wat jy as bouvalle raaksien, as die boumateriaal van die nuwe huis wat vir jou gebou word. In My ewigheidsgedagtes sien Ek al presies hoe daardie nuwe Jerusalem-stad gaan lyk waarin jy gaan woon. Met al die gehamer en gekap van rampe en droefheid aan jou lewenshuis, het Ek net een doel voor oë:- die mure van die ewige lewe! Jou mure is voortdurend voor My!"

"Ja, sekerlik, hierdie puinhope van jou lewe, wat deur die sonde tot stand gebring is, kan geen lewe in homself inhou nie. Maar dit sal herstel word. En dan sal die lewensruimte vir jou te klein word vir al die vreugde wat jy dan sal ervaar. Daar sal ‘n dag kom waarin alles vir jou ten goede gaan meewerk.

"Die onmoontlike sal gebeur:- Die buit sal van die held afgeneem word en die gevangenes van ‘n tiran ontvlug; en jou bestryder sal Ek bestry en jou kinders sal Ek verlos. En dan sal almal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser, die Magtige van Jakob".

"Sion, Ek sien jou mure gedurig voor My. En Ek verlustig my nou-al aan jou vreugde wanneer daardie oomblik van verlossing aanbreek. Deur jou mure sien Ek hoe my eniggebore Seun aan die kruis hang en hoor Ek hoe Hy uitroep: ‘My God, my God waarom het U my verlaat?’ Ek sien sy puinhope in die graf raak, sodat jóú puinhope weer mure kan word."

"Ek sien hoe Hy weer uit die dood opstaan om as Oorwinnaar oor die dood (en oor die puinhope van jou lewe) die bouwerk te begin van die nuwe stad. Ek sien al die nuwe Jerusalem neerdaal soos ‘n bruid wat vir haar man toeberei is" (Openb 21:2). "Ek sien al die heilige stad wat uit die hemel van God neerdaal" (Openb 21:10) "en die twaalf poorte met die name van die kinders van Israel daarop geskrywe" (Openb 21:12) "en die name van hulle wie se name in die boek van die lewe van die Lam geskrywe staan" (Openb 21:27).

Broeder en suster in die Here Jesus Christus, as u weer voel om te kla: God het my vergeet, my verlaat — Gryp u Bybel en lees en glo hoe God besig is om ook – ja, ook uit jóú puinhope en ruines mure te bou . Mure van die nuwe Sion, die nuwe Jerusalem.

Onthou, alles is in God se hande. Hy laat alles afstuur op die nuwe Jeru-salem.Hy bou die nuwe hemel en aarde uit die puinhope wat deur Christus gereinig is weer op. Hy heel die gebrokenes van hart en verbind hulle in hul smart. Moenie moedeloos word nie – vertrou op God want by Hom is daar nie meer puinhope nie, maar mure!

Die Kerkpad: Maart 2002