Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
DIE GRENS VAN TWEE WÊRELDE

AKTUEEL: 350 Jaar Gereformeerd

SKRIFOORDENKING:
IN GOD SE HANDPALMS GEGRAFEER

'n Ope brief aan die lidmate van die NG KERK

Die Nuwe Psalmberyming 2001

Boeksensuur

Kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel

Menseverhoudinge

Die onvoltooide Kerstening

Dr Andrew Murray

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe beryming van die Psalms 

Ope Brief aan die deputate invoering Cloeteberyming

1985 Besluit van Nasionale Sinode GKSA : Regsopinie van Prof Marinus Wiechers

'Godsdienstige' Loerbroersensasie

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sekulêre inhuldiging PU vir CHO se sewende Rektor

Okkulte in die Openbare Onderwys

Kurrikulum 2005 : Aanslag teen Bybels-Christelike waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders

Die tyd is ryp vir die Okkulte

Wat HY sê is geskiedenis

Hoe Teologiseer ons?

Breinspoeling en indoktrinasie by ons Jeug

KOMMENTAAR: 
Dr Johan Oostenbrink se roeping "Om 'n soekergerigte Gemeente te plant"
 
GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Die tweede bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 2 Maart 2002

BREINSPOELING EN INDOKTRINASIE BY ONS JEUG

-  DR PW LIEBENBERG  -   JOHANNESBURG  -

‘n Onrusbarende ding is besig om sy kop by ons jeug uit te steek. Dit lyk of agt jaar se nuwe Suid-Afrika-onderwys met die gepaardgaande breinspoeling en indoktrinasie, by ‘n onrusbarende getal blanke jongmense begin inslag vind.

Blanke jeugdiges en soms ook nie so jeugdiges, begin ooglopend in hul kleredrag, gedrag en haarstyle, swartmense na-aap. Rokke, broeke, hemde, T-hemde, dasse, jasse, serpe, bloese en selfs dit wat nie sigbaar is nie, word met Afrika-motiewe beplak en betakel. Neusringe, oorringe, oogbankringe, naeltjieringe en watter annerlike ringe op ondenkbare plekke ookal, getuig van ‘n jeug wat sy eie waardes en waardigheid verloor het en nou ‘n nuwe groepidentiteit probeer vind deur met kultuurvreemdes te assosieer. Hulle is die slagoffers van ‘n valse gelykheidspropagaganda wat hulle probeer wysmaak dat almal in die ANC-oorheerste Suid-Afrika gelyk is binne ‘n nuwe kunsmatig geskepte en owerheidsafgeforseerde waardesisteem.

Hierdie staatsgedrewe propaganda is daarop gemik om ‘n wig tussen die blanke jeug in en hul ouers en grootouers in te dryf Die ouer geslag blankes en Afrikaners in die besonder, was kwansuis die argitekte, ondersteuners en onderhouers van die bose apartheidstelsel wat ontelbare menigtes swartes verkleineer, geïntimideer, geviktimiseer, uitgebuit en ontmens het. Net snaaks dat dit nou met hulle veel slegter gaan as onder die onmenslike apartheidstelsel.

Kader Asmal se onderwysbeleid is derhalwe glad nie so onskuldig neutraal as wat hy en sy propagete dit wil voorhou nie. Die sogenaamde neutraliteit is ‘n blote rookskerm vir ‘n stelsel wat blanke kinders op tipiese kommunistiese wyse van alle eie trots, eie identiteit, eie waardes en eie tradisies moet stroop. Hierdie lewensbeskoulike aftakeling is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir die volgende stap, naamlik om uit hierdie identiteitlose en dus weerlose kinders en jongmense, ‘n nuwe mensetipe te kweek wat by die nuwe bedeling sal inpas.

Asmal en sy meelopers en luitenante kan nie ‘n geloofsvaste, identiteitsbewuste en volksgebonde Afrikanerjeug duld nie. Soos ‘n lord Charles Somerset en ‘n Alfred Milner vóór hulle, is ‘n gelowige en roepingsbewuste Afrikanervolk vir hulle ‘n steen des aanstoots. Dit is vir Kommuniste, Afrika-Sosialiste, Liberaliste, Atheïste, Sataniste, Anargiste, Groenes en omgewingsdwepers, "New Agers" en Moslem-en ander fundamentaliste, ‘n struikelblok op die weg van hulle onderskeie utopias.. Hierdie onverkwiklike en soms onwelriekende elemente ry naamlik almal op die ANC-wa met die verskuilde idee om die lewensbeskoulike vakuum wat Asmal se onderwys skep, te misbruik om die nuwe Suid-Afrika na hul beeld en gelykenis te herskep. Hoewel baie van hierdie elemente uiteenlopende en onversoenlike agendas nastreef en die ANC/SAKP/Cosatu/bondgenootskap eintlik ‘n lewensbeskoulike en ideologiese katnes verteenwoordig, vind die hele konkoksie tydelik ‘n gemene deler in die Afrikaniseringsgedagte.

Die nasionale waardes wat nagestreef en gepropageer word en die nuwe kuns, kultuur en ander aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan, moet Swart Afrika-georiënteerd wees. Die Afrikaner se taal en kultuur word slegs geduld solank dit toenemend ‘n Swart Afrika-karakter aanneem en geleidelik daarin begin opgaan. Die duidelike eindoogmerk is dat dit totaal moet verdwyn, maar dan onder die dekmantel van lewensbeskoulike en kulturele verdraagsaamheid van die kant van die politieke oorheersers.

Die nuwe Afrikanerjeug — die kultureel ontmande en steriele produkte van Asmal se onderwys – moet dan self sorg dat enige oorblywende reste van Afrikanerskap en blanke trots, saam met die ouer geslag begrawe word. Die hele gedagte agter die sogenaamde Afrika-renaissance of te wel Afrikaherlewing, is eintlik dat daar van die Blanke en sy kultuur ontslae geraak moet word. Van blankes word verwag om hul Christelik-Protestants-Westerse waardes en kultuur prys te gee en in die Afrikaritme en lawaaikultuur op te gaan. Van owerheidsweë sal daar al minder geduld met en geld vir, wat bestempel word as "Westersentriese" kuns- en kultuurvorme, wees. Plekke soos die Staatsteater en soortgelyke geriewe sal toenemend vir Afrika-"happenings" en skouspele benut word. Kunstenaars en vermaaklikheidsartieste vanuit die res van Afrika, maar óók vanuit ander nie-blanke rasse en volke – Arabiere, Oosterlinge veral vanuit kommunistiese state soos Rooi China, Viëtnam en Noord-Korea, sal altyd in die teaters, konsertsale en stadions van die ANC-gedomineerde Suid-Afrika, geesdriftige gehore vind. Latyns-Amerikaners veral diegene met ‘n links rewolusionêre stempel – die Fidel Castro tipes – is ewe welkom in die nuwe Suid-Afrika. Vir hierdie tipes word die rooi tapyte uitgerol en is ruim staatsubsidies nie uitgesluit nie. Dit is egter veral Swart Amerikaners – huidige en verskietende sterre op die Swart Amerikaanse kuns- en vermaaklikheidstoneel – wat in die huidige Suid-Afrika met sy beklemtoning en ophemeling van alles wat swart is en hul wortels na Afrika kan terugspoor, ‘n geldmaakplek sien.

Talle Swart Amerikaners het ‘n hunkering na ‘n Afrika wat net in hul verbeelding bestaan. Dit is ‘n Afrika wat volgens die mites, fabels en hersenskimme wat hulle self en talle linkse blanke akademici en geestelikes optower, die bakermat van alle wetenskap, kuns en kultuur is. Haas alle uitvindings en wetenskaplike ontdekkings word aan die breinkrag, navorsing en inisiatief van swartmense toegedig. Suid- en Suider-Afrika is na bewering ook die oorsprong van homo sapiens. Of dit wel hier was waar ‘n paar ape dalk vir die eerste keer regop gestaan het om boombessies by te kom en in dié proses geleer het om ente op hul agterbene te loop, mag wetenskaplik wel van belang wees. Om politiek-ideologiese redes word dit egter só opgehemel en uit verband geruk, dat mens die indruk kry dat hierdie selfde ape die moderne Suid-Afrika tot stand gebring het. Hierdie fabels en mites is skynbaar deel van die Afrika-renaissance en blanke ouers moet daarop bedag wees dat hierdie akademiese heksebrousels op die skole en universiteite aan hul kinders opgedis mag word.

Die Kerkpad: Maart 2002