Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GLO .... WEET .... BELY

AKTUEEL: Freedom Park dra anti-christelike karakter       

SKRIFOORDENKING:
God kom opmeet

Totius Psalms - verbeterings

Behoudende aksie in die NH Kerk

Kindernagmaal in die NH Kerk?

Nuus uit die VSA

Waterberg - Klassis - PS: Wat nou?

Die onsigbare en sigbare ware kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen Bybelgenootskap se deelname aan Cape Argus fietstoer op Sondag 14 Maart

Nederlandse Hervormde Kerk se naam verdwyn

Dr Theuns Eloff se polities-ekonomiese verbintenisse

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Gereformeerde Onderwys: Die begin van 'n nuwe fase

Die Kerk- en Skoolorde van De Mist

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wie was die anti-gesange mense?

PERSRUBRIEK: 
Lina Spies, medewerker van Psalm-omdigting in die nuwe liedboek van die NG en NH Kerke, glo nie meer in die Goddelikheid van Jesus Christus nie.

Omstrede "Christus-Prent" opnuut in die kollig

"Trane stort ek in my klagte" 

Het ons dan nou almal "PROGGE" geword?

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van waarsêery

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 2 Maart 2004

DIE BERYMDE PSALMS

Kopiereg 1936

Die Gereformeerde Kerke in SA,

p/a Die Administratiewe Buro, Potchefstroom.

(Kopiereg verval 2003; 50 jaar na die oorlye van die outeur)

Hierdie weergawe is deel van ‘n werksdokument van die subgroep vir die hersiening van die Totiusteks. Dit is ‘n voorlopige voorlegging aan ‘n beperkte groep induvidue ten einde ‘n wyer spektrum van kommentaar te verkry, verkieslik vóór 15 Desember 2003.

Dit behels die veranderings wat oor-spronklik deur P.W. Buys en sy medewerkers Dirk en Mione du Toit, en Natie van Vuuren vir sinode 2000 aangebring is.

Ná die sinode van 2000 is enkele verdere wysigings voorgestel deur DF en M du Toit en LF Schulze. Tydens die sinode van 2003 is besluit dat die werk moet voortgaan en is ds BC Smit en DF du Toit aangewys as deputate vir die hersiening van die Totiusteks. Die deputate liturgie het verder vir Mione du Toit, L.F. Schulze en I.J van Vuuren aangewys vir die afhandeling van die werk. Bydraes kon ook versoek word van PP Kruger en PGW du Plessis.

Indien u enige voorstelle of verbeteringe aan hierdie weergawe van hierdie hersiening wil voorlê, rig dit asseblief aan hierdie deputategroep by Posbus 20796 Noordbrug 2522 of e-pos mionedirk@mweb.co.za

Die Kerkpad sal van tyd tot tyd voorgestelde voorbeelde van verbeterings en aanpassings publiseer sodat die lesers 'n indruk sal hê van die werk wat gedoen is, wat vir oorweging aan-gebied sal word. Uiteraard sal van dié psalms gekies word waar die oorspronklike Totiusteks sigbaar gewysig is. Hierna volg die voorstel vir wysiging van Psalm 3. Vergelyk dit asseblief met die huidige teks in u Psalmboek.

Psalm 3                                                                    

1                                                                                        2

Hoe groei my teenparty!                                              Van God se trou bewus,

Hoe dring hul naderby!                                                was slaap my veilge rus

Ek hoor al hoe hul laster:                                            tot ek versterk ontwaak het.

"Hy het geen heil by God."                                          Ek sal hul nou nie vrees,

Hul hoon my met hul spot                                            hoe sterk hul ook mag wees

en keer my altyd vaster.                                               wat my beangs gemaak het.

Maar U sal hulle keer;                                                Staan op, verlos my, HEER,

en U verlos my weer,                                                    en stuit hul aanval weer!

my God, my skild, my ere!                                          U tem die oorlogsvolke!

U sal my eer herstel,                                                   Aan U die heil alleen!

U sal my kop optel,                                                       Stort oor u volk u seen

want U verhoor my, HERE!                                          soos druppels uit die wolke