Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GLO .... WEET .... BELY

AKTUEEL: Freedom Park dra anti-christelike karakter       

SKRIFOORDENKING:
God kom opmeet

Totius Psalms - verbeterings

Behoudende aksie in die NH Kerk

Kindernagmaal in die NH Kerk?

Nuus uit die VSA

Waterberg - Klassis - PS: Wat nou?

Die onsigbare en sigbare ware kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen Bybelgenootskap se deelname aan Cape Argus fietstoer op Sondag 14 Maart

Nederlandse Hervormde Kerk se naam verdwyn

Dr Theuns Eloff se polities-ekonomiese verbintenisse

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Gereformeerde Onderwys: Die begin van 'n nuwe fase

Die Kerk- en Skoolorde van De Mist

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wie was die anti-gesange mense?

PERSRUBRIEK: 
Lina Spies, medewerker van Psalm-omdigting in die nuwe liedboek van die NG en NH Kerke, glo nie meer in die Goddelikheid van Jesus Christus nie.

Omstrede "Christus-Prent" opnuut in die kollig

"Trane stort ek in my klagte" 

Het ons dan nou almal "PROGGE" geword?

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van waarsêery

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 2 Maart 2004

KERKLIKE JOERNAAL

MEERDERHEID VAN NEDERLANDSE HERVORMDE KERK

"SAMEN OP WEG"

MET LUTHERSE EN (SINODAAL) GEREFORMEERDE KERKE IN NEDERLAND

Dit is al vir nagenoeg veertig jare dat in Nederland die (sinodaal) Gereformeerde Kerke, saam met die Lutherse Kerk en (plaaslik afwykend) met 'n groot deel van die Nederlands Hervormde Kerk 'n verbintenis aangegaan het onder die naam van "Samen op Weg". Die Aksie Leer- en Lewenskwessies, (lees op bl 9) vermeld nou dat die tradisionele naam van Nederlands Hervormde Kerk prysgegee is met die finale besluit vir samesmelting. Dié besluit is wat die Hervormers betref met net-net 'n tweederde meerderheid geneem. Leer- en Lewenskwessies beskryf dit as volg:

ONS MOEDER VERDWYN. Ons moederkerk, die Nederlandse Hervormde Kerk, gaan van 1 Mei 2004 nie meer bestaan nie! Nie meer onder die eeue oue naam nie!

Die Gereformeerde Kerk en die Lutherse Kerk en die Nederlandse Hervormde Kerk het na 40 jaar se onderhandelinge op 12 Desember 2003 besluit om saam te smelt (fusie). Die twee ander Kerke het maklik daartoe ingestem maar die Hervormde Kerk het net-net die vereiste 2/3 meerderheid daarvoor verkry. 51 het daarvoor gestem en 24 daarteen. Die besluit is dus net met 2 stemme verkry! Die Hervormers wat daarteen was, het hoofsaaklik beswaar teen Lutherse belydenisskrifte, en die ou naam wat nou verdwyn. Van 1 Mei 2004 is daar nie meer ’n Nederlandse Hervormde Kerk nie, maar: De Protestantse Kerk in Nederland.