Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GLO .... WEET .... BELY

AKTUEEL: Freedom Park dra anti-christelike karakter       

SKRIFOORDENKING:
God kom opmeet

Totius Psalms - verbeterings

Behoudende aksie in die NH Kerk

Kindernagmaal in die NH Kerk?

Nuus uit die VSA

Waterberg - Klassis - PS: Wat nou?

Die onsigbare en sigbare ware kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen Bybelgenootskap se deelname aan Cape Argus fietstoer op Sondag 14 Maart

Nederlandse Hervormde Kerk se naam verdwyn

Dr Theuns Eloff se polities-ekonomiese verbintenisse

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Gereformeerde Onderwys: Die begin van 'n nuwe fase

Die Kerk- en Skoolorde van De Mist

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wie was die anti-gesange mense?

PERSRUBRIEK: 
Lina Spies, medewerker van Psalm-omdigting in die nuwe liedboek van die NG en NH Kerke, glo nie meer in die Goddelikheid van Jesus Christus nie.

Omstrede "Christus-Prent" opnuut in die kollig

"Trane stort ek in my klagte" 

Het ons dan nou almal "PROGGE" geword?

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van waarsźery

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 2 Maart 2004

KERKLIKE JOERNAAL

DR THEUNS ELOFF SE POLITIES-EKONOMIESE VERBINTENISSE VOORDAT HY IN JUNIE 2002, MET INGANG VAN 1 JANUARIE 2002, TOT VISEKANSELIER EN REKTOR VAN DIE DESTYDSE PU VIR CHO AANGESTEL IS

" Een van 100 'Global leaders for tomorrow' "

Theuns Eloff is in 1955 in die Transvaalse dorp Potchefstroom gebore. Hy het in 1974 'n graad in die Regte en in 1980 'n BA graad in Teologie (cum laude) aan die TSP verwerf. Hy was aktief by studentepolitiek betrokke en het vir drie jaar as voorsitter van die Studenteraad gedien, asook as voorsitter van die nasionale liggaam van Afrikaanse studente in 1979. Hy was 'n mede-opsteller van die bekende Koinonia-verklaring en 'n stigterslid van die nie-rassige politieke studente-organisasie POLSTU.

Na twee jaar verpligte nasionale diensplig en die voltooiing van sy meestersgraad in Teologie (cum laude) is hy bevestig as predikant in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. Hy was ses jaar hier in die bediening. Hy het ook sy doktoraat in Teologie voltooi met 'n proefskrif getiteld: "Staat, geregtigheid en rasse-klassifikasie".

In 1989 het hy besluit om die bediening te verlaat en hom by die Consultative Business Movement (CBM) aan te sluit. Die CBM was 'n vrywillige groep van senior sakeleiers wat hulle tot die fasilitering van en optrede as katalisators vir effektiewe veran-dering verbind het.

Nadat hy in 1990 as Uitvoerende Direkteur van CBM aangestel is, was hy betrokke by die fasilitering en beplanning van die vredesproses wat in September 1991 gelei het tot die Nasionale Vredeskonvensie en die ondertekening van die Nasionale Vredesverdrag. Hy het aan die hoof gestaan van die proses- en sekretariėle dienste van Kodesa (Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika) en hy was hoof van administrasie van die veelparty-onderhandelingsproses. In 1994 is die Harvard Business Club se Staatsmanne van die Jaar-toekenning aan die CBM gemaak ter erkenning van hul rol in die oorgangsproses. In Mei 1994 is hy as adjunk-uitvoerende direkteur na die Uitvoerende Oorgangsraad gesekondeer.

In September 1994 het die Junior Kamer van Suid-Afrika hom as een van vier uitstaande jong Suid-Afrikaners vereer vir sy bydrae aan die mense van Suid-Afrika. In November 1995 het hy die Junior Chamber International se "Ten Outstanding Persons of the World" -toekenning vir 1995 ontvang en was hy die wenner van die kategorie vir politieke en regeringsake. Die Wźreld Ekonomiese Forum het hom in 1996 vereer as een van 100 "Global Leaders for Tomorrow".

Hy het in die Ekonomiese Adviesraad van die Noordwes Provinsie gedien, en in 1996 as besturende direkteur van Besigheid teen Misdaad (BTM), terwyl hy tans 'n raadslid van BTM en van die Sentrum vir Konflikoplossing is. Hy het ook aan Wits se Sakeskool klas gegee vir MBA-studente.

Opsomming selektief oorgeneem uit Die Kerkblad, Februarie 2004, bl 9)