|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 2 Maart 2004
MEDIESE ETIEKDIE PROBLEEM VAN WAARSęERY
- DR MC DURAND -
"Mevrou, jy het reeds `n keisersnit gehad, die volgende bevalling moet ook `n keisersnit wees". "Meneer die kanker het deur u liggaam versprei. U moet maar dink aan nog so vier tot ses maande om te lewe". "Mevrou, dit sal die beste wees indien ons ook `n sterilisasie doen". "Die amniosentese wys dat daar net een hartkamertjie is. Die kindjie is nie lewensvatbaar nie. Ek stel voor dat ons `n aborsie doen".
Hierdie is maar enkele voorbeelde wat dikwels in die dokter se spreekkamer gehoor kan word. Pasiënte word deur talle soortgelyke opmerkings geteister. Min mense kan een of ander praatjie oor keisersnitte, histerektomies, sterilisasies of voorbehoeding van n arts ontsnap. Talle dokters sal nie die versoeking kan weerstaan om n voorspelling oor die oorblywende tyd van n terminale pasiënt te waag nie.
Is hierdie uitlatings waarsęery of nie?
Waarsęery word nie net gedoen deur grillerige mense in tente langs die pad nie. Waarsęers lees nie net handpalms en kristalballe en dobbelstene nie. Waarseęrs is nie net besig met voorspellings oor die toekoms nie.
Wat is waarsęery?
Kom ons kyk wat leer die Skrif ons van waarsęery: Esegiël 3:2-8: Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sę aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE! So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie. Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope. Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie. Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsęery, hulle wat daar sę: Die HERE het gespreek- terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord! Het julle nie n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsęery gespreek nie deurdat julle sę: Die HERE spreek, terwyl Ék nie gespreek het nie? Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
Hier is waarsęers diegene wat uit hul eie hart profeteer. Hulle is profete wat agter hul eie gees aan wandel. Mense wat dinge sę wat hulle nie gesien het nie. Mense wat lieg. Mense wat sę die Here sę, terwyl die Here dit nie gesę het nie.
Duidelik het ons nie net te doen met kristalballe, handpalms en die toekoms nie. Die woord wat die Here vir waarsęers gebruik is die Hebreeuse woord kasam. Kasam gaan oor die neem van n besluit, om n uitspraak te gee. Dit gaan om iets as waar voor te hou, terwyl God dit nie gesę het nie, en terwyl God dit nie deur sy skepping getoon het nie.
Wat is n waarsegging?
n Waarsegging is daardie sogenaamde feite wat die waarsęer aan ons voorhou wat ons nie kan verifieer nie. Daar is geen manier hoe ons sy soge-naamde morele feite of feite oor die natuurlike werklikheid self kan verifieer nie. Ons kan nie saam met hom in die Skrif lees of in die natuur sien waar hy aan sy sogenaamde feite kom nie.
Hieroor hoef ons nie verbaas te wees nie. Want die waarsęer se waarheid is n waarheid wat God (wat dié waarheid) is nie gegee het nie. Die waarsegging is n leuen.
Elke uitspraak wat die arts maak oor die tydperk wat n terminale pasiënt oor het om te lewe, is n voorspelling wat hy nóg uit die Skrif, nóg uit die natuur kan aflei. Dit is n gewone waarsegging. So ook is die arts se mening dat n tweede keisersnit altyd nodig is nie begrond op feite uit die natuur nie. Elke positiewe uitspraak wat n arts oor aborsies, sterilisasies en voorbehoeding maak, behels n morele standpunt wat hy nie op grond van die Skrif kan verdedig nie. Ook dít is gewone waarsęery.
Waar kom mense aan hul waarsęery?
Die bron van waarsęery is nie die natuur of die Skrif nie. Daar is n verskeidenheid van dinge wat die waarsęer kan gebruik om by sy uitsprake te kom.
Kom ons kyk na enkele voorbeelde uit die Skrif: Esegiël 21:21: Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsęery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.
Hier bied die Skrif ons n verskeidenheid van maniere waarop die waarsęer by sy waarsęery uit kan kom. Die waarsęer is duidelik nie tot geeste beperk nie (soos die geval van Saul en die heks van Endor nie - 1 Sam 28:7). Die waarsęer gebruik die toeval, tekens wat God nie hom gegee het nie, sy afgode en die lewer. Uiteindelik is die waarsęer n persoon wat sy eie verstand volg.
Wanneer die pasiënt die arts vra hoe weet hy dat hy reg is - sal hy geen verifieerbare feit kan bied nie. Die arts sal moontlik emosioneel word, of manipulerend word - maar uiteindelik sal hy moet erken dat hy geen rede het om te glo dit wat sy uitspraak was nie.
Die pasiënt is weer eens oorgelewer (soos talle lidmate van kerke aan leraars en sinodes oorgelaat is) om uitsprake aan te hoor wat as waarheid voorgehou word, terwyl daar geen skriftuurlike begronding of enige waarneembare gegewe uit die openbaring van die skepping en onderhouding van die węreld deur ons almagtige God en hemelse Vader is nie.