Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GLO .... WEET .... BELY

AKTUEEL: Freedom Park dra anti-christelike karakter       

SKRIFOORDENKING:
God kom opmeet

Totius Psalms - verbeterings

Behoudende aksie in die NH Kerk

Kindernagmaal in die NH Kerk?

Nuus uit die VSA

Waterberg - Klassis - PS: Wat nou?

Die onsigbare en sigbare ware kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen Bybelgenootskap se deelname aan Cape Argus fietstoer op Sondag 14 Maart

Nederlandse Hervormde Kerk se naam verdwyn

Dr Theuns Eloff se polities-ekonomiese verbintenisse

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Gereformeerde Onderwys: Die begin van 'n nuwe fase

Die Kerk- en Skoolorde van De Mist

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wie was die anti-gesange mense?

PERSRUBRIEK: 
Lina Spies, medewerker van Psalm-omdigting in die nuwe liedboek van die NG en NH Kerke, glo nie meer in die Goddelikheid van Jesus Christus nie.

Omstrede "Christus-Prent" opnuut in die kollig

"Trane stort ek in my klagte" 

Het ons dan nou almal "PROGGE" geword?

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van waarsêery

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 2 Maart 2004

OPVOEDING EN ONDERWYS

GEREFORMEERDE ONDERWYS

Die begin van 'n nuwe fase

Die direkteur van die Gereformeerde Skool Dirk Postma, br Rob van der Kooy, stel in Kerk en Woord die volgende bekend.  K&W, Januarie/Februarie 2004, bl 8 - 10)

U word hartlik uitgenooi om Saterdagoggend, 14 Februarie, om 11:30 die openingsdiens van die Akademie Reformatoriese Oplleiding en Studies (Aros) in die kerkgebou van Die Kandelaar by te woon en om daarna saam met die Aros-raadslede, -dosente en -studente verversings te geniet. Aan die einde van die ver-rigtinge sal daar 'n sagte kollekte wees.

Hierdie opening van Aros is die begin van 'n nuwe fase in die ontwikkeling van gereformeerde onderwys in die land. Hierdie instelling, hoewel nog baie klein en sonder enige voltydse personeel of eie fasiliteite, hoop om deur die aanbieding van die graad B Ed gereformeerde onderwysers op te lei, nie net om op gereformeerde skole in die land te dien nie, maar om op enige skool gere-formeerde onderwys te kan gee.

Die jaar 2004 word gesien as Aros se vormingsjaar. Om in 'n kwessie van net 'n bietjie meer as 'n halfjaaar te kan vorder van 'n idee tot realiteit, wil nogal gedoen wees. Maar op klein skaal sal Arso vanjaar sy eerste treetjie gee, om reeds vanaf aanstaande jaar, as dit die Here se wil is, op heel-wat groter skaal aan die opleiding van gereformeerde onderwysers te kan werk.

Tot dusver het Arso behalwe vir studentegelde nog geen inkomste nie. Maar 'n finansiële struktuur moet in plek geplaas word, veral as Aros oor eie personeel en fasiliteite wil begin beskik. Daarom vra ons vriendelik om asseblief die volgende datums te onthou:

Diegene wat in Aros wil inkoop, sal uitgenooi word om einde Maart 'n aanbieding by te woon waar verskillende maniere om dit te doen, bespreek sal word. As u teenwoordig wil wees, moet u asseblief u naam aan ondergetekende (Rob van der Kooy) gee.

Op 30 April hou Aros 'n groot musiekfees in die Stadsaal van Pretoria waar verskeie orkeste, 'n koor, orrelis en ander musikante sal optree. Kaartjies sal binnekort te koop wees.

Kortliks iets oor Aros se agtergrond.

Verlede jaar het 'n werkjgroep besin oor maniere om gereformeerde onderwys in die land te bevorder. Veral twee sake is geïdentifiseer. Die publikasie van gereformeerde skoolhandboeke en die opleiding van gereformeerde onderwysers.

Gereformeerde skoolhandboeke was op daardie stadium reeds 'n prioriteit van Arso (Aksie Reformatoriese [Gereformeerde] Skoolonder-wys) en het sedert die middel van verlede jaar 'n sterk hupstoot gekry met die aanstelling van 'n dame wat voltyds aan die produksie van sulke handboeke begin werk het.

Dit is moontlik gemaak deurdat Arso sedert die begin van verlede jaar op 'n groot skaal begin het met die werf van fondse, veral in Nederland en in Suid-Afrika. Die resultaat was 'n netto opbrengs van ongeveer R150 000 tot die einde van verlede jaar.

En nou, aan die begin van die skooljaar, is reeds totaal agttien skoolboeke beskikbaar, terwyl nog ongeveer 'n dosyn in een of ander stadium van produksie is.

Die 18 sluit die volgende in:

Die boekie van 76 bladsye met as titel: Dit is gereformeerde onderwys - Gereformeerde vakbenaderings

Drie Bybel-werkboeke vir onderskeidelik gr 1, 2 en 3

Vier kerkgeskiedenisboeke vir onderskeidelik gr 4, 5, 6 en 7, elk-een ook met sy eie werkboek

Twee skrifhandboeke, vir onder-skeidelik gr 2 en 3

Handboek vir Lewensoriëntering vir gr 4

Handboek en werkboek oor Ekonomiese Betsuurswetenskappe vir gr 6

Spelling gr 2

Hierdie projek sal nog vir 'n jaar of vyf moet voortgaan. Indien meer fondse beskikbaar kom, sal dit natuurlik verhaas kan word. Die doel is om vir alle vakke van gr 1 tot en met gr 12 waar enigsins moontlik en nuttig, eie handboele op te stel.

Die tweede aspek wat deur die werkgroep voorgestel is, was dat 'n eie, gereformeerde opleidingsinstelling vir onderwysstudente nodig geword het. Maar so 'n instelling rig 'n mens nie sommerso op nie.

Ondersoek is ingestel en na die nodige samesprekings is gevind dat so 'n instelling wel moontlik is indien dit in samewerking met 'n universiteit gedoen word. Ook in hierdie verband is verskeie moontlikhede ondersoek en dit het geblyk dat die PU vir CHO presies so 'n samewerkingsmodel het wat aan ons behoeftes voldoen. Daar is met die PU vir CHO onderhandel en in Desember is 'n baie bevredigende samewerkingsooreenkoms tussen Aros en die PU vir CHO gesluit.

Daar is natuurlik voorwaardes aan die samewerking verbonde. Behalwe dat dit nie gratis is nie, moet Potch Aros se dosente goedkeur en die eksamenvrae en antwoordstelle modereer. Die groot voordeel is egter dat Aros volledige studiegidse van Potch ontvang en dit na eie goeddunke kan aanbied. Tweedens dat Aros se eie lewensbeskoulike vakke kan byvoeg, en derdens dat die studente praktiese werk (iets soos een dag per week) by 'n gereformeerde skool moet doen.

Intussen gaan die werk by die Gereformeerde Skool Dirk Postma gewoon voort. Daar was 'n groei van byna 10% aan die begin van die jaar en in totaal is tans 390 ingeskrewe leerlinge, 'n begroting van byna R3 miljoen en planne vir verdere uitbreidings.

As 'n mens dit alles sien, is dit duidelik hoe groot die Here se seën in die afgelope jaar was; wat Hy alles moontlik gemaak het en watter deure Hy geopen het om Hom te kan dien.

Kortom: onthou asseblief die volgende datums:

Einde Maart vir die finansiële struktuur van Aros.

30 April vir die musiekfees in die Stadsaal van Pretoria.