Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GLO .... WEET .... BELY

AKTUEEL: Freedom Park dra anti-christelike karakter       

SKRIFOORDENKING:
God kom opmeet

Totius Psalms - verbeterings

Behoudende aksie in die NH Kerk

Kindernagmaal in die NH Kerk?

Nuus uit die VSA

Waterberg - Klassis - PS: Wat nou?

Die onsigbare en sigbare ware kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen Bybelgenootskap se deelname aan Cape Argus fietstoer op Sondag 14 Maart

Nederlandse Hervormde Kerk se naam verdwyn

Dr Theuns Eloff se polities-ekonomiese verbintenisse

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Gereformeerde Onderwys: Die begin van 'n nuwe fase

Die Kerk- en Skoolorde van De Mist

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Wie was die anti-gesange mense?

PERSRUBRIEK: 
Lina Spies, medewerker van Psalm-omdigting in die nuwe liedboek van die NG en NH Kerke, glo nie meer in die Goddelikheid van Jesus Christus nie.

Omstrede "Christus-Prent" opnuut in die kollig

"Trane stort ek in my klagte" 

Het ons dan nou almal "PROGGE" geword?

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van waarsêery

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 2 Maart 2004

OMSTREDE "CHRISTUS-PRENT" OPNUUT IN DIE KOLLIG

SAPA-AFP (New York) berig in BEELD, Donderdag 19 Februarie 2004, dat baie geld uit Christus-prente verwag word.

"'n Jaar gelede sou niemand dié fliek versprei nie. Nou is dit die mees bespreekte fliek sedert die eerste Star Wars.

Mel Gibson se fliek The Passion of the Christ, wat volgende week in die VSA uitgereik word, is een van die mees omstrede flieks tot nog toe.

Met al die gepraat oor die fliek verwag fliekbase dat die opening hulle $15 miljoen (sowat R180 miljoen) tot dubbel soveel in die sak gaan bring. Dit vir 'n fliek wat in Latyns en Aramees is sonder enige bekende akteurs.

Gibson se produksiemaatskappy, Icon, het kerke en ander groepe as bemarkingsvennote aangestel en die fliek op gemeentes eerder as op die pers gemik.

The Passion maak veral opslae oor sy kamerawerk, redigering en die akteurs se spel.

'Gaan kyk na die fliek', is die raad van ene Chaput, een van die kerkleiers wat een van die spesiale vertonings gesien het. 'Jy sal nooit weer dieselfde voel as jy die gedeeltes in Die Bybel lees wat in die fliek gewys word nie'."