|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 3 Mei 2002
Aktueel
DIE EINDE VAN DIE BIEG-EN-LIEG-KOMMISSIE
- RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR - VRYDAG 12 APRIL 2002 -
D
ie Waarheid-en-versoeningskommissie, oftewel die WVK, se deure is ... finaal gesluit, en wel na ses en n half jaar van omstredenheid, haatspraak, rassisme en metodes wat hom in die volksmond die benaming "Bieg-en-lieg-kommissie" besorg het.Sy voorsitter, aartsbiskop Desmond Tutu, het by die geleentheid gesê, en ons haal aan "Ons was besonder bevoorreg om deel te wees van die proses van herstel van n gekweste en getraumatiseerde nasie."
In skerpe teenstelling met hierdie selfgelukwensing spreek die navorser dr Anthea Jeffery, van die Institute of Race Relations, n verdoemende oordeel van waarheidsverdraaiing, bevooroordeeldheid en fundamenteel defekte metodologie oor die Biegkommissie uit in haar ontledingstudie The Truth about the Truth Commission.
Sy skryf onder meer dat die kommissie getaak was om die hele waarheid ten volle te vertel. Pleks daarvan het dit net n deel van die waarheid en verreweg nie die volle waarheid vertel nie. Haar verslag dui aan dat veral die gruweldade van die ANC/SAKP en sy satellietorganisasies blou-blou gelaat is, dat minstens 12 000 moorde onverklaard gelaat is.
Oor die geloofwaardigheid van die kommissie en die manier waarop dit met die waarheid omgegaan het, skryf sy: "The commission also went so far as to redefine the meaning of truth and indeed to denigrate the very notion of factual and objective truth. It invented narrative, dialogue and healing truths, tacitly admitting that the truth it told was something other than factual."
Die kommissie het, met ander woorde, vir homself n eie definisie van waarheid geskep, n definisie wat feitelikheid en werklikheid van die tafel vee waar dit hom nie pas nie.
Verwringing volg ook op dit wat die kommissie uit sy verslag weggelaat het. Dit het klaaglik misluk om die rewolusionêre bedrywighede wat in die naam van die struggle gepleeg is, te ondersoek.
Die gevolg van hierdie bevooroordeelde benadering van biskop Tutu en sy medekommissarisse is dat sommige leiers van die sogenaamde struggle wat verantwoordelikheid vir gruweldade soos moord op onskuldige kerkgangers, halssnoermoorde en gruweldade in die ANC se aanhoudingskampe behoort te aanvaar, vandag soustrein ry. In teenstelling daarmee gaan baie lede van die destydse weermag en polisie, wat hulle wettige en regmatige pligte nagekom het om die staat teen rewolusie en insurgensie te verdedig, waarskynlik nog vervolg word.
n Groep politieke gevangenes van die Boerevolk sit ook nog agter tralies. Die amnestieproses is in hulle geval gekenmerk deur n soektog na redes om hulle opgesluit te hou. Die politieke wil om hulle vry te laat, ontbreek en n mens kan maar net hoop dat die gesprekke met die minister van justisie wat tans aan die gang is, wel n positiewe invloed sal hê.
Oor die klagtes wat van Boerekant af teen die topstruktuur van die ANC/SAKP, wat nie amnestie ontvang het nie, gelê is, word daar niks ampteliks gesê nie. Ook hier ontbreek die politieke wil om regverdigheid te laat geskied.
Daarom is ons dankbaar dat die kluite uiteindelik op die kankerkis van die biegkommissie val en ons wag vir die dag wat die waarheid en versoening werklik gaan seëvier.
"Gebrek aan eenheid 'n skandaal, rem evangelie"
Neels Jackson berig in BEELD van Dinsdag 23 April oor 'n konferensie by die Universiteit van Pretoria wat bygewoon is deur teoloë van verskeie gereformeerde kerke, waartydens betwisbare uitsprake gelewer is. Die berig lui as volg:Eenheid in die NG Kerkfamilie vóór 2007.
Dit is die wens wat prof Piet Meiring van die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie (gister) uitgespreek het op 'n konferensie by die universiteit waarin die 350 jaar van gereformeerde kerkwees in Suid-Afrika in oënskou geneem is.
Teoloë van verskeie gereformeerde kerke het by dié geleentheid die hand in eie boesem gesteek oor wat die afgelope drie en 'n half eeu gebeur het, en daarby na uitdagings vir die toekoms gekyk. Temas wat verskeie kere ter sprake gekom het, was die verlede van apartheid en die moontlikheid van kerkeenheid.
Meiring het in besprekingstyd gesê die gebrek aan eenheid is 'n skandaal en struikelblok vir die evangelie.
Dit sal dan 150 jaar wees sedert 1857, toe daar besluit is dat afsonderlike Nagmaalsdienste "weens die swakheid van sommige" vir wit en gekleurd gehou kan word. Dit was die begin van rasseverdeling in die NG Kerk wat later gelei het tot afsonderlike kerke vir verskillende rasse.
Meiring het gesê as daar eenheid bereik word, moet dit nie 'n pynlike eenheid wees soos 'n shotgun wedding nie Dit moet vreugde vir almal inhou.
Dr Nico Botha van die Verenigende Gereformeerde Kerk het gesê sy kerk het miskien gefouteer deur soveel klem op eenheid te plaas en byna fanaties net 'n sinodebesluit oor formele eenheid na te jaag. Die gevolg is dat hulle nou probleme op grondvlak het oor kwessies soos taal.
Prof Amie van Wyk van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het gesê dis vir hom 'n raaisel hoe gereformeerdes nie vroeër ingesien het dat die ideologie van apartheid sonde is nie. Dit was nie 'n klein glipsie nie; dit het die evangelie geweldig skade berokken.
Botha het hierop gesê dis verfrissend om die selfkritiek te hoor, maar hy het by homself gedink: "Ai, as julle tog net na ons geluister het."
berig in BEELD van Dinsdag 23 April oor 'n konferensie by die Universiteit van Pretoria wat bygewoon is deur teoloë van verskeie gereformeerde kerke, waartydens betwisbare uitsprake gelewer is. Die berig lui as volg:Van Wyk het gesê 'n verdeelde kerk is eintlik 'n teenstrydigheid - dis soos om te praat van 'n vierkantige sirkel.
Eenheid in die NG Kerkfamilie vóór 2007.
Dit is die wens wat prof Piet Meiring van die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie (gister) uitgespreek het op 'n konferensie by die universiteit waarin die 350 jaar van gereformeerde kerkwees in Suid-Afrika in oënskou geneem is.
Teoloë van verskeie gereformeerde kerke het by dié geleentheid die hand in eie boesem gesteek oor wat die afgelope drie en 'n half eeu gebeur het, en daarby na uitdagings vir die toekoms gekyk. Temas wat verskeie kere ter sprake gekom het, was die verlede van apartheid en die moontlikheid van kerkeenheid.
Meiring het in besprekingstyd gesê die gebrek aan eenheid is 'n skandaal en struikelblok vir die evangelie.
Dit sal dan 150 jaar wees sedert 1857, toe daar besluit is dat afsonderlike Nagmaalsdienste "weens die swakheid van sommige" vir wit en gekleurd gehou kan word. Dit was die begin van rasseverdeling in die NG Kerk wat later gelei het tot afsonderlike kerke vir verskillende rasse.
Meiring het gesê as daar eenheid bereik word, moet dit nie 'n pynlike eenheid wees soos 'n shotgun wedding nie Dit moet vreugde vir almal inhou.
Dr Nico Botha van die Verenigende Gereformeerde Kerk het gesê sy kerk het miskien gefouteer deur soveel klem op eenheid te plaas en byna fanaties net 'n sinodebesluit oor formele eenheid na te jaag. Die gevolg is dat hulle nou probleme op grondvlak het oor kwessies soos taal.
Prof Amie van Wyk van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het gesê dis vir hom 'n raaisel hoe gereformeerdes nie vroeër ingesien het dat die ideologie van apartheid sonde is nie. Dit was nie 'n klein glipsie nie; dit het die evangelie geweldig skade berokken.
Botha het hierop gesê dis verfrissend om die selfkritiek te hoor, maar hy het by homself gedink: "Ai, as julle tog net na ons geluister het."
Van Wyk het gesê 'n verdeelde kerk is eintlik 'n teenstrydigheid - dis soos om te praat van 'n vierkantige sirkel. berig in BEELD van Dinsdag 23 April oor 'n konferensie by die Universiteit van Pretoria wat bygewoon is deur teoloë van verskeie gereformeerde kerke, waartydens betwisbare uitsprake gelewer is. Die berig lui as volg:
Eenheid in die NG Kerkfamilie vóór 2007.
Dit is die wens wat prof Piet Meiring van die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie (gister) uitgespreek het op 'n konferensie by die universiteit waarin die 350 jaar van gereformeerde kerkwees in Suid-Afrika in oënskou geneem is.
Teoloë van verskeie gereformeerde kerke het by dié geleentheid die hand in eie boesem gesteek oor wat die afgelope drie en 'n half eeu gebeur het, en daarby na uitdagings vir die toekoms gekyk. Temas wat verskeie kere ter sprake gekom het, was die verlede van apartheid en die moontlikheid van kerkeenheid.
Meiring het in besprekingstyd gesê die gebrek aan eenheid is 'n skandaal en struikelblok vir die evangelie.
Dit sal dan 150 jaar wees sedert 1857, toe daar besluit is dat afsonderlike Nagmaalsdienste "weens die swakheid van sommige" vir wit en gekleurd gehou kan word. Dit was die begin van rasseverdeling in die NG Kerk wat later gelei het tot afsonderlike kerke vir verskillende rasse.
Meiring het gesê as daar eenheid bereik word, moet dit nie 'n pynlike eenheid wees soos 'n shotgun wedding nie Dit moet vreugde vir almal inhou.
Dr Nico Botha van die Verenigende Gereformeerde Kerk het gesê sy kerk het miskien gefouteer deur soveel klem op eenheid te plaas en byna fanaties net 'n sinodebesluit oor formele eenheid na te jaag. Die gevolg is dat hulle nou probleme op grondvlak het oor kwessies soos taal.
Prof Amie van Wyk van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het gesê dis vir hom 'n raaisel hoe gereformeerdes nie vroeër ingesien het dat die ideologie van apartheid sonde is nie. Dit was nie 'n klein glipsie nie; dit het die evangelie geweldig skade berokken.
Botha het hierop gesê dis verfrissend om die selfkritiek te hoor, maar hy het by homself gedink: "Ai, as julle tog net na ons geluister het."
Van Wyk het gesê 'n verdeelde kerk is eintlik 'n teenstrydigheid - dis soos om te praat van 'n vierkantige sirkel.