Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

'n Wet van Mede en Perse in die GKSA?

Weeg artikel 30 van die kerkorde swaarder as artikel 31?

-  GERT KRUGER  -  VERWOERDBURG  -

Die huidige geykte prosedure in die GKSA behels dat ‘n onregmatig onontvanklike appèl (na suksesvolle appèl op ‘n meerdere vergadering teen die onontvanklikheid) terugverwys word na die mindere vergadering vir regspraak. Die rede sou wees dat die oorspronklike saak nog nie op die mindere vergadering gedien het nie (vgl die Appèlprosedure sedert Sinode 1939) en art 30 KO kwansuis oortree sou word. In meeste gevalle sit die mindere vergadering (part sinode) eers weer ‘n jaar later.

Motivering waarom bogenoemde geykte prosedure nie blindelings toegepas mag word nie:

Die geykte prosedure is myns insiens die gevolg van ‘n toenemende sentralisering en sinodokrasie (Spoelstra 1989, p194 vv, 170 ev en 301 vv; Sinode 1991, Acta bl. 526-528) in die GKSA waarvolgens sake volgens vergaderstrukture gekompartementeer word (Spoelstra 1989, p186).

Daar is net een soort van kerklike vergaderings (vgl art 30 KO). Die sinode is nie hoër as die klassis of kerkraad nie (KO art 36 en 84 - vgl Visser, 1999 bl 163), dit is een en dieselfde regeerliggaam (van Christus) wat plaaslik, provinsiaal of nasionaal kan vergader (L.S. Kruger et al, 1966, p.178,9 en 186). Die ideaal is dat Christus self deur sy Woord en Gees regspraak lewer op meerdere vergaderings (vgl Hand. 15:28; HK Sondag 48; NGB, 29-32; 1 Kor 15:24-28; Ef 1:22; Spoelstra, 1989, bl187). Indien volmaakte regspraak geld, sal die klassis, part sinode en sinode EEN en dieselfde uitspraak gee. Terugverwysing van die "onontvanklike" appèl (nou ontvanklik na suksesvolle appèl) skep die indruk dat strukture (kollegiale burokrasie) regeer en nie Christus nie.

Art 30 KO reël dat verskillende sake logies tuishoort op sekere vergaderings. Gemeentegrense moet so na as moontlik aan grondvlak gereël word (hoogstens by klassis - nie by part sinode nie - Visser 1999, bl 132). Sake wat die hele kerkverband raak (eenheid in samekomste, dienste leer, sakramente en seremonies - KO art 1) hoort uiteindelik tuis op die sinode se tafel. Art 30 KO gaan dus onder andere oor orde ten opsigte van kerkregering.

KO, Art 30 (tesame met KO art 36 en 84), neutraliseer ook hiërargie in die kerk. ‘n Meerdere vergadering mag nie afdwingende besluite neem of sake behandel wat op ‘n mindere vergadering se tafel tuishoort nie. Byvoorbeeld: ‘n Kerkraad sit ‘n ouderling onregmatig uit sy amp af. ‘n Meerdere vergadering handhaaf sy appèl dat hy onregmatig uit die amp afgesit is. Die meerdere vergadering mag nie, op die ouderling se versoek, besluit om hom weer in sy ampsdiens herstel nie. Dit hoort op die kerkraad se tafel tuis. Sou die kerkraad weier om die ouderling weer in sy amp te herstel, kan hy teen die nuwe kerkraadsbesluit appèlleer.

‘n Saak hoort tuis op ‘n meerdere vergadering se tafel indien dit ordelik op die agenda gekom het (Spoelstra 1989, p186). Die betrokke meerdere vergadering moet die saak behandel en afhandel, tensy dit ‘n besluit vereis wat volgens art 30 KO op ‘n mindere vergadering se tafel tuishoort. Byvoorbeeld: ‘n Kerkraad vra dat ‘n klassis ter wille van eenheid deputate aanwys om ‘n sekere saak te bestudeer. Studie hoort tuis (art 30 KO) by die kerkraad en die meerdere klassis behoort die saak daarom onontvanklik te verklaar (Spoelstra 1989, p184; Visser, 1999, bl 127,8). Ek sukkel om ‘n voorbeeld te vind waar ‘n normale appèlsaak eksklusief op ‘n sekere vergadering se tafel tuis sou hoort? (Appèl teen ‘n kuratorebesluit hoort tuis by die sinode.)

Wanneer een KO artikel ten koste van ‘n tweede gehandhaaf word, kom dit neer op misbruik van die kerkorde (L.S. Kruger et al, 1966, bl.13). Meerdere vergaderings behoort daarom versigtig te wees om nie sonder meer ‘n appèlsaak wat onregmatig onontvanklik verklaar is, terug te verwys na die mindere vergadering vir regspraak nie. Art 30 KO mag nie sonder grondige redes (of as gevolg van ‘n burokratiese siening oor strukture) ten koste van die klaer se reg onder art 31 KO gehandhaaf word nie. ‘n Blindelingse toepassing van dié geykte prosedure om die appèl outomaties "terug te verwys" kan tot gevolg hê dat die klaer twee keer veronreg word: (a) die mindere vergadering het sy appel onregmatig onontvanklik verklaar en (b) nou moet die klaer in meeste gevalle nog ‘n jaar met gewetenswroeging loop voordat sy saak behandel sal word. Dit, terwyl die veronregte appèllant volgens Skrif- en algemene regsbeginsels die voordeel van versuim moet kry.

Vir my behels die gees van art 30 KO (toegepas op art 31 KO) twee dinge: (a) anti-hiërargie en (b) orde. Hoe kan dit moontlik wees dat art 30 KO oortree sou word indien die gees van die artikel nie oortree word nie? Neem die voorbeeld van die onregmatig onontvanklike appel: Die saak kom ordelik op ‘n meerdere vergadering se tafel en die vergadering beslis dat die appel onregmatig deur die mindere vergadering onontvanklik verklaar is. Sou die oorspronklike saak nie ‘n afdwingende besluit (ten opsigte van die mindere vergadering) vereis nie, oortree die meer-dere vergadering immers nie die gees van art 30 KO deur dit te behandel nie. Mag kerklike vergaderings hulle roeping (art 31 KO) sonder grondige redes ten koste van burokratiese gevoelens versuim?

Tydens Sinode 1991 (Acta bl. 526-528) word die beginsels van art. 30 KO ten opsigte van "tuishoort" beredeneer en word ‘n kollegialistiese vertrekpunt van Sinode 1964, waarin kerklike vergaderings as kollegialistiese permanente strukture met elk ‘n eie regeerveld, as strydig met die gereformeerde kerkorde bewys.

Meerdere vergaderings is nie permanente strukture nie, maar hou op om te bestaan na die sitting, tensy die vergadering in reses gaan. ‘n Saak kan terugverwys word na ‘n kerkraad wat permanent bestaan. Sou ‘n saak werklik op ‘n mindere vergadering se tafel (volgens art 30 KO) tuishoort, moet die betrokke meerdere vergadering die saak onontvanklik verklaar (nie terugverwys na ‘n vergadering wat nie meer bestaan nie).

Opsommend lyk dit my of bogenoemde geykte prosedure, sonder om die gees van art 30 KO in ag te neem, verhef word tot ‘n tipe burokratiese kerkwet wat lidmate se kerkordelike regte onder art 31 KO vir ‘n ongesonde tydperk aborteer.

Verwysings:

L.S. Kruger, H.L.M. du Plesssis, B. Spoelstra en T.T. Spoelstra, Handleiding by die Kerkorde van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Pro Rege Pers Pbk, 1966

B. Spoelstra, Gereformeerde Kerkreg en Kerkregering, Handboek by die Kerkorde, V&R, Pretoria, 1989

J. Visser, Die Kerkorde in Praktyk, EFJS Drukkers, Orkney, 1999

Die Kerkpad: Mei 2002