Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

BOEKBESPREKING

SKEPPING, OF "TOEVAL"

-  DS CONNIE BESTER  -  CVHO   BLOEMFONTEIN  -

Wat sien u, daar waar u nou is, van die HEELAL? Miskien dele van ‘n gebou, of ‘n natuurtoneel voor elke venster, of die wye veld en die hemelkoepel bo u ... .

Al hierdie dinge, en ‘n magdom meer, wat u sal ontdek sodra u begin om ondersoek in te stel, bestaan nóú! Dit het gister ook bestaan en sal, so die Here wil, môre nog steeds bestaan.

Hierdie werklik bestaande dinge wat ons sintuiglik kan ken en bestudeer ..... waar kom dit vandaan? Wat sou die doel en funksie van elkeen se bestaan/voortbestaan wees? Hoe kry ‘n mens kennis van die regte verhouding tussen jouself en al hierdie ander dinge wat bestaan?

Alles kon op een van twee maniere begin het:

(1) ‘n Proses kon toevallig en onbepland begin het, wat dan sou aanhou, tot op ons dag, en tot eendag toe .... om laer lewensvorme te ontwikkel na hoër lewensvorme toe. Dit is die teorie wat die nuwe lesinhoude in ons land ten grondslag lê.

(2) Die ander manier, wat teenoor hierdie teorie staan, is om deur die geloof in die Persoonlike God Drie-enig; en deur die onwrikbare vertroue op sy onkreukbare integriteit, sy Woord te aanvaar as die Waarheid. Hierdie Woord konstateer die feit dat God die heelal geskep het! Dit wil sê, die son, die maan, sterre en planete; al dié dinge wat bestaan soos wat elke vakwetenskap voortgaan om hulle te ontdek. Nie net geskep en gelos nie, maar geskep en onderhou en versorg. Lees gerus Genesis een tot drie sorgvuldig deur in hierdie verband.

Onderwys is die proses waardeur die leerder oop en ont-vanklik gemaak word om al hierdie skatte wat in werklikheid opgesluit lê, self te kan ontdek.

Onderwys moet ook die wondere van die skepping vir die soekende leerdersoog aandui. Dit is tog onmoontlik om hierdie twee fasette van die onderwys - wat gelyktydig verloop in ‘n gedurige wisselwerking met mekaar - wetenskaplik te doen sonder om te antwoord op vrae soos: wie het hierdie dinge beplan, gemaak en hou dit steeds in stand? Wat sou die Skepper/eienaar se doel wees met alles? Wat is my (leerder se) plek in die totale opset?

Benewens die Bybel - wat wemel van hierdie soort inligting - kan u ook baie betroubare boeke lees oor die onderwerp van die skepping. Kyk gerus na ‘n boek soos Evolusie en die Bybel van PJ Pelser (verkrygbaar by (021) 887-0100) wat ‘n magdom inligting verskaf om aan u Bybel te meet.

Lekker lees en lekker dink! Doen dan wat u moet!

Die Kerkpad: Mei 2002