Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

REDAKSIONEEL

Hierdie uitgawe handel in die besonder oor sake van algemene belang. Ons trag soveel as moontlik inligting te verskaf oor wat rondom ons op kerklike terrein asook in die samlewing gebeur, wat geestelik van aard is. Die terugvoering wat ontvang word lewer die bewys dat die redaksie van ons blad hoog waardeer word. Dit is 'n voorreg om te midde van ons leserskring te verkeer en te kommunikeer.

Dit is verontrustend dat daar so baie kerklidmate is wat nie omgee oor wat op leer- en regeervlakke aangaan nie. Die nuwe Liedboek word nieteenstaande besware wat daarteen aangevoer is, kritiekloos aanvaar. In sekere gemeentes van die GKSA word die Cloete-beryming reeds gesing, hetsy voor of tydens die eredienste. Daar word ook desperate pogings aan gewend om die vroue vir die diens in besondere ampte toe te laat. Die gebruik van die kelkies by nagmaalvierings is vry algemeen, terwyl daar in werklikheid nog nie op sinodale vlak oor besluit is nie. Dit is meer as duidelik dat dit op 'n botsing sal uitloop. Soos dit tans beleef word, is daar geen kerklike eenheid meer nie. Al hierdie verwikkelinge is simptome van onverskilligheid oor die orde in die kerk. Ons hoor van ons lesers dat in diverse gemeentes interne geskille en selfs twiste aan die orde is, nie in die minste nie oor die wyse waarop die gedeelte van die nuwe Liedboek, wat bekendstaan as die Cloete-beryming van die Psalms, getoets word. Dit bestaan dan uit die gebruik om uit die bundel voorafgaande aan die votum en groetseën, daaruit te laat sing. Dit maak die onderliggende verskille openbaar. Dit is minder die geval by dié gemeentes waar die kerkraad die sogenaamde nuwe beryming aan die hand van die teks ondersoek. Daartoe het ons blad en ander publikasies goeie bydraes gelewer om sinvolle inligting onder aandag van die lesers te bring. Hoe dit ook al sy, met die Sinode 2003 binne 'n bietjie meer as 'n half jaar in die vooruitsig, word afgestuur op 'n meer openlik onversoenlike verwarring en verskil oor die al dan nie gebruik van die Cloete-teks vir die sing van die Psalms in die kerke. Dié een wat daaroor lag is die Satan wat verdeeldheid aanwakker en die gelowiges wil verwar en uitmekaar jaag.

Ons redaksie doen 'n dringende beroep op die lesers om hierdie saak in wysheid en met kennis te hanteer en op kerklike wyse te laat dien by hul kerkrade en, indien nodig op klassikale en part sinode vlakke solank daar nog tyd voor is. Gebruik asseblief die voorligting en leiding wat verskaf en voorhande is. Dit sal 'n kwade dag wees as uit twee verskillende berymings gesing gaan word. Dit sal gemeentes laat verbrokkel en lidmate doleer omdat eensgesindheid afwesig is en hul in die gemeente waarvan hulle tot dusver lidmate is, nie meer tuisvoel nie. Dit is 'n betreurenswaardige gang van sake wat voorheen reeds en tans weer aan kerklike skeuring voorafgaan.

Die Kerkpad: Mei 2002