Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

Hoofartikel

GELOOF EN WETENSKAP

Die Christelike geloof is tans aan dispuut onderworpe. Dit gaan daaroor of dit berus op rasionele nadenke (filosofering) oor die oorgelewerde Woord van die Here of dat die Heilige Skrif onvoorwaardelik en onbetwyfeld as die grond van die geloof aanvaar kan/moet word. Die betwyfeling van die Skriftuurlike waarheid en teks vind op talle wyses plaas. Dis nie vereers dat dit plaasvind nie. Met die verbygaan aan ketterye wat met woord en daad in die Rooms-Katolieke Kerk van die Middeleeue gepleeg is, staan ons stil by die sintese tussen geloof en wetenskap soos dit in die sogenaamde nuwere wysbegeerte van die Renaissance en daarna tot op hede vertolk word.

Die Christelike geloof is gefundeer op die geïnspireerde openbaring wat in God se Woord opgeteken is. Dit raak twee belangrike sake wat wetenskaplik betwyfel en betwis word. Wat behels wetenskap? Die woordeboek vermeld dit as die gesamentlike kennis omtrent 'n studievak. Wetenskap bots met die Christelike geloof waar laasgenoemde 'n "vaste vertroue op die dinge wat ons hoop en 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie" is (Hebr 11:1).

Die wetenskap soek feitlike beredenering, evaluering en bewyslewering wat logies en vir die verstand aanvaarbaar is. Op die voetspoor van René Descartes (gebore op 31 Maart 1596) word die heilsopenbaring onderwerp aan wetenskaplikheid. Descartes word beskou as die grondlegger van die rasionalistiese wysbegeerte. Sy meditasies handel, soos dit in die Middeleeue algemeen was, oor God en die menslike siel. Maar by hom verskil dit sodanig dat hy dit onderwerp aan 'n streng logiese ontleding. Vir hom was dit nie 'n teologiese aangeleentheid nie, maar 'n poging om dit filosofies te kan beredeneer. Sy doel was om die filosofie tot 'n wetenskap te ontwikkel waarin die waarheid langs die weg van sekere afleidings uit die eenvoudigste grondbegrippe gevorm kan word. Dit betref die redelike denke. As alles wat ons ken uit die eenvoudigste beginsels afleidbaar moet wees, moet ons dus allereers ons vergewis van die onbetwisbare sekerheid daarvan. Maar wat en wanneer is iets seker? Om volkome seker te wees, sê Descartes, moet ek begin om vereers niks as seker te aanvaar nie. Alles moet betwyfel word en dan sal ons agterkom waar dit ons bring. Wel, as nou filosofies alles betwyfel word, dan bly daar tog iets wat nie meer betwyfel kan word nie, naamlik dït: Ek dink, dus bestaan ek. Voortspruitend is daar tegelyk met hierdie sekerheid 'n kriterium wat net so seker is. Die sinvolle ontwikkeling van die filosofie hang daarvan af. Dié kriterium is God. Ek besit in my die idee van God soos dié van 'n oneindige, almagtige, alwetende wese. aldus Descartes. Hierdie idee berus nie op uiterlike waarneming nie. Dit berus ook nie op sintuiglike ervaring nie. Dit is vir Descartes die idee wat die begrip God verklaar uit sy betwyfeling van alles. Die menslike siel en God is twee onbetwyfelbare sake wat filosofies (onties) beredeneer kan word. Nie die Bybel verskaf die kennis van die Goddelike bestaan en sy werke nie, nee, daar word filosoferend wetenskaplik oor besin en dit moet logies geloofwaardig wees.

Die filosofie van die Renaissance-tydperk hang op die een of ander wyse saam met Decartes se rasionalisme. Die latere wysbegeerte en wetenskaplike denke gaan op dié voetspoor verder. Uiteindelik is dit sigbaar in vandag se omstandighede dat oor die Bybel en oor God gefilosofeer in plaas van geteologiseer word. Soos Descartes in sy denke 'n inbeelding van die Godsbestaan aanvaar het, is dit ook vandag die geval, dat Skrifkritiese teoloë nie die Skrif aanvaar as uitgangspunt van hulle denke nie maar 'n rasionele verklaring daarvan. Dit moet redelik wees. Dus bestaan daar 'n God. Daaraan word nie getwyfel nie. Dat daar heilige geskrifte is, dit word ook nie betwyfel nie. Maar dat dit Goddelike waarhede is wat in die Bybel geskrywe staan, dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer is, dat is 'n saak van geloof wat nie verifieerbaar is nie. Daar haak die wetenskap vas. Geloof word verplaas na die mistieke gemeenskap met die bonatuurlike. Geloof is 'n privaatsaak van elkeen vir homself.

Dat die wêreld deur God se spreke in ses dae geskape is, daaroor word wetenskaplik besin en gekonkludeer dat dit 'n bepaalde wyse van verklaring vir die ontstaan van die lewe was, wat in die liturgiese bedeling van die ou tyd aanvaarbaar was. Vandag is dit nie meer aanneemlik nie omdat die algemene perspektief op die natuurlike dinge verbreed het. Die mens het wys, 'n god in sy eie waan. geword.

Op byna alle vlakke van die wetenskap het mens te doen met ontdekkings en bewyse van ontwikkeling wat nie inpas by die geloofsgemotiveerde denke nie. Gevolglik word 'n sintese aanvaar, byvoorbeeld, tussen skepping en evolusie. Stuk-stuk word "bewys" dat die wêreld 'n miljoene jare ontwikkeling tot vandag toe ondergaan het. Dis nie net die wetenskaplikes wat dit aanneem nie, maar ook teoloë. Daar is wat dit uitspreek dat die Bybelse skeppingsopenbaring met die teorieë van evolusionisme versoenbaar is. Adam en Eva word voorgehou slegs as tipes van die eerste mense. Die Bybelse geskiedskrywing van die paradys en die sondeval word as mities beskou. Die sprekende slang in die paradys is wetenskaplik belaglik. Die beskrywing van die sondeval word geëlimineer met die oortuiging dat die mens inherent goed is en dat die kwaad in die wéreld, wat daar is, 'n gevolg is van omstandighede.

Dit is waarom dit gaan in vandag se dispuut oor die fisiese bestaan van Jesus Christus. Dit het 'n lang pad in die filosofie geloop tot vandag toe om die maagdelike geboorte van Christus te betwyfel, om te torring aan sy sterwe en opstanding. Dis 'n ingebeelde Godsbegrip wat oorbly, wat maklik kan aanpas by die beskouing dat elke religie waardes verteenwoordig waarmee die ewige heil verwerf kan word. Dis waarom daar by universiteite (denk aan

Dit is waarom dit gaan in vandag se dispuut oor die fisiese bestaan van Jesus Christus. Dit het 'n lang pad in die filosofie geloop tot vandag toe om die maagdelike geboorte van Christus te betwyfel, om te torring aan sy sterwe en opstanding. Dis 'n ingebeelde Godsbegrip wat oorbly, wat maklik kan aanpas by die beskouing dat elke religie waardes verteenwoordig waarmee die ewige heil verwerf kan word. Dis waarom daar by universiteite (denk aan UNISA) departemente vir Godsdienswetenskap bestaan, wat 'n infekterende uitwerking in die praktyk van die Christelike geloof gekry het. Die intergeloofsbeweging word bestudeer, gemotiveer en bevorder met die oortuiging van verbetering van die wêreld deur elkeen se deelnemende religieuse ervaring.

As Christen-gelowiges is dit ons taak om die geskape werklikheid te ontdek en te ontwikkel. Daaruit spruit wetenskap voort. Dit behoort normatief gedoen te word aan die hand van God se Woord. Die Bybel is geen wetenskaplike handboek nie. Maar dit verklaar wel die sin van die lewe en die dinge wat gebeur het en gebeur. Sonder die Bybel is ons kennis verduister. Volgens die Christelike (Gereformeerde) wêreldbeskouing is die mens nie outonoom (goddelik) nie maar altyd en orals gebind aan wette wat nie deur hom (die mens) uitgedink is nie maar deur God aan hom as reël vir sy lewe voorgeskryf is. In religie en moraal, in wetenskap en kuns, in gesin, maatskappy en staat, orals staan daar norme, wette en beginsels wat onderling 'n eenheid is en in die Skepper en Wetgewer van die heelal hul oorsprong en gesag het.

"Deze normen zijn de ideale schatten, aan de menschheid toebetrouwd; de grondslag van alle sociale instellingen. Zij zijn niet alleen het fundament van ons weten en kennen, maar ook van ons willen en handelen; ze hebben gezag in de school, maar ook in het leven; ze zijn autoriteit voor ons hoofd en ons hart, voor ons denken en doen." Die Goddelike gedagtes en wette is die fondamente en norme, die goedere en skatte, die verbindings van alle skepsels. "Daarnaar ons te conformeeren in verstand en hart, in denken en handelen, dat is in den diepsten grond den beelde van Gods Zoon gelijkvormig te worden; en dit is het ideaal en de bestemming van den mensch", aldus prof dr H Bavinck.

Die Kerkpad: Mei 2002