Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

KERKLIKE JOERNAAL

NUWE AFRIKAANSE BYBEL NIE MEER IN DIE VOORUITSIG NIE

Veral in behoudende kringe is gewag gemaak van 'n nuwe konkordante vertaling van die Bybel wat enkele jare gelede in die vooruitsig gestel is. Juis met die oog op die wye gebruik van die parafraserende NAV, 1983 vertaling, was dit vir baie 'n hoopvolle verwagting om op dié wyse weer 'n eietydse vertaling te ontvang wat die suiwere boodskap van die Bybel sou weergee sonder dit te parafraseer.

Hoewel laasjaar wel oor die moontlikheid van dié verskyning besin en openbaar gerapporteer is, is die kans dat dit gerealiseer sal word beslis verby, aldus 'n berig in BEELD, Vrydag 12 April 2002. Dit lui soos volg:

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gaan nie nog 'n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling aanpak nie. Dié besluit is geneem nadat die Bybelgenootskap se kerklike advieskomitee ondersoek gedoen het na die wenslikheid van so 'n vertaling en terugvoer onder meer van die Afrikaanse kerke gekry is oor dié moontlikheid.

By 'n simposium verlede jaar oor die moontlikheid van 'n nuwe vertaling in Afrikaans was dit duidelik dat daar uiteenlopende menings is oor die soort vertaling wat verskillende kerke wou hê as 'n nuwe vertaling aangepak gaan word.

Marknavorsing het ook getoon dat die meeste mense nie nou 'n behoefte het aan 'n nuwe vertaling nie. Onder predikante het 'n klein meerderheid gesê dat hulle nie nou 'n nuwe vertaling verlang nie.

Die Bybelgenootskap sê die meeste gebruikers van die Afrikaanse Bybel meen die Bybelgenootskap se hooftaak is om te sorg dat Die Bybel in al die Suid-Afrikaanse tale vertaal word en ook vir blindes en ongeletterdes toeganklik is, aldus Neels Jackson, kerklike verslaggewer van Beeld.

Die Kerkpad: Mei 2002