Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

MEDIESE ETIEK

WANNEER STERF 'N MENS?

-  DR MC DURAND  -

Wat behels die sterwe van die mens?

Die Skrif plaas die sterwe van die mens binne die konteks van sonde en straf, naamlik binne God se regspraak. Die mens (Adam) is gewaarsku dat indien hy aan God ongehoorsaam sou wees sou God hom met die dood straf. God die Regter stel die dood as straf teenoor die ongehoorsaamheid van die mens. (Genesis 2:17) - Hierdie doodstraf wat God aan Adam en Eva bedien beteken dat die hele menslike wese sal sterf - die doodstraf behels die algehele verval van die mens - Die mens se hele wese, liggaam en siel straf God met die dood (Genesis 6:5; Psalm 14:3; Romeine 7:18) - Die doodstraf is te same met, en die gevolg van die verlies van die gemeenskap tussen God en mens (Efesiërs 2:1, 4:18). Dit gaan hier oor die aantasting van die mens se beeld van God - naamlik die aantasting van die gemeenskap met God en die aantasting van die lewe voor God.

Dit beteken dat die doodstraf nie die liggaam verby sal gaan nie: Op die dag toe Adam en Eva van die boom geëet het, was hulle liggaamlik aan die dood onderworpe. Deur hierdie sonde van Adam het die liggaamlike dood tot alle mense oorgegaan. Dat die liggaam deur die straf aan die dood onderwerp is, beteken nie net dat die liggaam sal sterf nie, maar ook dat dit na die dood sal ontbind (Genesis 3:19; Romeine 5:12, 6:23). Hierdie sterwe en ontbinding van die liggaam beteken nie dat die liggaam van die mens ophou met te bestaan nie (want die liggame van die gelowiges gaan op die laaste dag bekleed word met onverganklikheid). Deel van God se toorn oor die mens se ongehoorsaamheid word verder sigbaar in sy oordeel oor die liggaam tydens die lewe van die mens op aarde: (1) Nie meer sal die mens in die paradys lewe nie, (2) nie meer sal die mens onmiddelik toegang tot die boom van die lewe hê nie, (3) die mens sal met moeite sy brood verdien en kinders baar, (4) die verblyf in die wêreld sal ook ‘n stryd behels - naamlik die stryd tussen die gelowiges teen die ongelowiges.

Wat behels die liggaamlike sterwe van die mens?

Ons rig nou ons aandag op hierdie enkele (klein) aspek van God se straf op die ongehoorsaamheid van die mens - naamlik die afsterwe van die liggaam. Indien die afsterwe van die mens nader beskou word, is dit duidelik dat dit gewoonlik ‘n proses van onomkeerbare versaking van organe is. Hierdie proses kan vinnig verloop (soos by fatale skietwonde) of dit kan stadig verloop (soos by neurologiese aantastings soos Parkinsonisme). Om ‘n tipiese voorbeeld van die afsterwingsproses te noem: (1) Die messteek in die hart, word gevolg deur val in bloeddruk, wat verlies van bewussyn en (2) na 13 minute die dood van die brein beteken, wat gevolg word deur (3) die staking van asemhaling, wat beteken dat die hele res van die liggaam nie meer suurstof kry nie en (4) elke sel van die liggaam afsterf.

Die vraag wanneer presies 'n mens sterf is moeilik om te beantwoord: Het die mens gesterf toe hierdie proses begin is, naamlik by (1) toe hy in die hart gesteek was? Indien die pasiënt met die hartmeswond vinnig na die chirurg geneem word kan die skade omkeerbaar wees. Indien die steekwond te groot is, of die pasiënt bereik nie die chirurg betyds nie dan is die skade onomkeerbaar. Of het die mens gesterf toe die proses heeltemal onomkeerbaar geword het by (2)? Of het die mens gesterf toe hy opgehou het met asemhaling by (3)? Of het die mens gesterf toe elke sel van die liggaam dood gegaan het, by (4)? Aan hierdie billike vrae kan die mediese wetenskap geen antwoord gee nie. Buitendien is die afsterwingsproses gewoonlik oor-vleuelend met die ontbindingsproses.

Wanneer die laaste selle van die vel en hare afsterf het die mees sensitiewe selle van die brein reeds begin ontbind. Dit sou derhalwe onlogies wees om te meen dat die mens sterf wanneer die afsterwingsproses afgehandel is, maar voor die ontbindingproses (wat oor duidende jare kan strek) begin het.

Wanneer verlaat ons siel die liggaam?

Die Skrif gee wel die antwoord op die vraag: Wanneer presies het die mens gesterf? Die mens sterf liggaamlik wanneer die siel uit die liggaam uitgaan (Prediker 12:7; Jakobus 2:26; Handelinge 7:59; vergelyk verder Genesis 2:7). Die siel is vir ons egter onsigbaar. Ek het al talle mense gesien sterf, maar ek het nog nooit die siel van die mens gesien die liggaam verlaat nie. Tog weet ek op grond van die Skrif, en nie op grond van my waarneming dat dit gebeur het. Die punt is dit: Ons kan, op grond van die Skrif, sê dat die mens presies sterf wanneer sy siel uit sy liggaam gaan, maar ons kan nie sê presies wanneer tydens die afsterwingsproses (ons voorbeeld hierbo van (1) tot (4)) die pasiënt gesterf het nie, naamlik sy siel uit sy liggaam gegaan het nie. Al wat ons met veiligheid kan sê, is dat die siel die liggaam verlaat het wanneer elke sel reeds afgesterf het, naamlik wanneer die afsterwingsproses voltooi is.

Is orgaanskenking selfmoord?

Die implikasies van die onvermoë om slegs retrospektief te praat oor die oomblik van afsterwing van die mens is velerlei: By orgaanoorplantings is dit belangrik dat organe wat geoes word (soos niere, hart, longe, en lewer) nie net nie dood moet wees nie, maar selfs in ‘n werkende toestand moet wees om goeie resultate te bied. Die vraag wat nou gevra word is: Is ons seker dat die siel die skenker reeds verlaat het voor die skenkingsproses begin het? Is ons seker dat die skenker van die hart reeds dood was, voor sy hart geoes was? Daar is geen manier hoe ons seker kan wees nie. Dit beteken dat elke oes van ‘n lewensbelangrike orgaan, ook terselfdertyd die doodmaak van die skenker mag beteken. Hoe seker kan ons wees dat die oes van ‘n lewendige hart nie terselfdertyd die moord van die skenker is nie?

Is die oes van organe (soos die hart, longe en lewer) dalk deel van God se straf op die ongehoorsaamheid van die mens?

Die Kerkpad: Mei 2002