|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 3 Mei 2002
GODSDIENS IN DIE NUWE 'VERBETERDE' KONSEPKURRIKULUM
- LINDA MALAN - CVHO PRETORIA -
As ons na godsdiens in die kurrikulum kyk, is daar ten minste drie aspekte van godsdiensonderrig wat in ag geneem moet word.Godsdiens tydens saalopening en die kerkleiers wat die afgelope tyd 'n belangrike rol in skole gespeel het. Hierby ingesluit die VCSV (Verenigde Christen Studente Vereniging) byeenkomste en ook die gebruiklike Bybelonderrig periode.
Die volgende is godsdiensonderrig wat in die kurrikulum aangebied word en in die vorm van uitkomstes en evalueringskriteria spesifiek voorgeskryf word. Hier is die leerareas Lewensoriëntering en Mens- en Sosiale Wetenskappe ter sprake. Hierdie is dan ook, volgens die "Manifesto" die toekomstige godsdiensleerplan.
Die derde is waar godsdiens, sonder dat daar pertinent na godsdiens verwys word, tog van die leerders verwag word om aan heidense godsdienstige praktyke deel te neem.
Hierdie aspek is baie gevaarlik en is die intergeloofsbenadering wat dwarsdeur die hele kurrikulum op 'n uiterst subtiele manier verweef word.
In Augustus 2001 het die minister van Onderwys die sogenaamde dokument "Manifesto on values, education and democracy' die lig laat sien. Hierdie dokument gee insae in die rigting wat die onderwys ten opsigte van godsdiens inslaan, dui ook sogenaamde waardes aan wat niks anders is as staatswaardes, wat met die Bybel en die Woord van God weinig te doen het. Die voorwendsel is dat daar gesoek word na universele waardes tussen alle godsdienste, wat niks anders as die intergeloof-een-węreld-godsdiens is nie.
Die eerste aspek van godsdiensonderrig moet nou volgens tipiese kommunistiese benadering uit ons skole verdwyn.
Die sogenaamde "Manifesto on values, education and democracy" (bl 44-45) verbied dan ook die gebruik van die weeklikse saalbyeenkomste vir godsdiensbeoefening. Slegs onderwysers wat opgelei (heropgelei*) is mag godsdiensonderrig aanbied. Die predikante sal nie meer toegelaat word nie en ook mag skooltyd nie meer gebruik word vir sake soos VCSV byeenkomste nie, dit mag slegs na skooltyd aangebied word.
LW!! Die minister haal selfs die Grondwet op 'n misbruikte wyse aan om sy optrede te regverdig.
* Hierdie onderwysers sal dan in die intergeloofsdiens van die staat opgelei word, dat persone soos dr Gerrie Lubbe (reeds in die tagtiger jare was dr Lubbe president van die Węreld Konferensie van Godsdiens en Vrede, 'n intergeloofsinstansie - WKGV) en prof Kobus Kruger, die minister se raad-gewers is en aan sy sy gesit het by 'n byeenkoms waar die kerke die minister oor godsdiens gaan sien het. 'n Hand-boek vir onderwysersopleiding ('Human search for Meaning", uitgegee deur die departement Godsdienswe-tenskap van UNISA), dui baie duidelik aan hoe hierdie heropleiding gaan lyk.(Voordrag gelewer tydens Onderwyskongres van die AKB, te Pretoria, 27 April 2002)