|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 3 Mei 2002
KRITIEK:
"Die fantasiewęreld van Harry Potter, ons en ons kinders"(Prof Hannes van der Walt) Die Kerkblad, 16 Januarie 2002- GL ERASMUS - ORANIA -Hierdie brief was aanvanklik gerig aan die redakteur van Die Kerkblad (27 Januarie 2002), maar is nie gepubliseer nie. Br Erasmus het aan ons redaksie versoek om dit onder aandag van die lesers te bring. Hy motiveer sy kritiek as volg:Ondanks baie leersame en indringende artikels van prof Hannes van der Walt in die verlede, was genoemde artikel een groot teleurstelling. Kyk ons dan nou om ons rond om te bepaal wat die H
Ondanks baie leersame en indringende artikels van prof Hannes van der Walt in die verlede, was genoemde artikel een groot teleurstelling. Kyk ons dan nou om ons rond om te bepaal wat die HERE vir sy verbondsvolk sę? God het ons tog immers sy Woord gegee om as rigsnoer, lig, norm, onderwysing en teregwysing te dien (onder andere 2 Tim 3:16, 17).
As Gereformeerdes bely ons dat God Hom in die skepping en onderhouding van die węreld openbaar en nog vollediger in sy Woord. Maar wat sę die professor? Laat ons kyk.
1
) Harry Potter word teenoor ander bekende fantasie-verhale gestel; dis niks nuuts nie, kind en ouer is daarmee bekend. Is hierdie bekendheid ook die norm vir reg en verkeerd? Moet die kulminering van genoemde okkultiese en Godonterende fantasieverhale in Harry Potter, nie juis die rooi ligte duideliker laat fliklker nie? In die artikel moet dit dan dien tot versagting van die aanslag in Harry Potter in plaas van die volume van die basuin oop te draai. Die dwaling in ander verhale dien juis as sagmaker vir die groeiende stryd om ons kinders.2
) "Die stimulering van die fantasie -vermoë van kinders is opvoedkundig gesond." Ek daag enige opvoedkundige om hierdie stelling met bewese wetenskaplike navorsing te staaf. Dit is een van daardie ongekwalifiseerde en onbewese stellings wat deur herhaling die status van gesaghebbende waarheid gekry het. Fantasie is grootliks escapisme waarteen die professor juis waarsku. Weet u hoe verwonderd graad eentjies die werklikheid van 'n heuningby se bou en werk saam met hul gelowige juffrou volg in plaas van hul fantasievermoë met feetjies te stimuleer? Moet 'n kind die grootheid van God uit verbeeldingsvlugte leer of in die boek van die skepping? Daar is byna geen groter verwondering as juis wat God in die skepping openbaar nie.3
) Voeg hierby waarmee die kind se fantasievermoë stimuleer moet word! Die mitologiese en nuutgeskepte erfenisse van die bonatuurlike wat juis verheerlik wat God haat, word as onderwyser ingespan. In Deuteronomium 18:9-12 staan: "As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan - wat met waarsęery, goëlary of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel."Maar nou weet ons opvoedkundiges beter. Ouers moet saam met hul kinders deel in die verbode, sodat daaruit 'n geleentheid tot opvoedkundige gesprek kan kom. Levitikus 19:31 sę daarenteen: "Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsę nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die H
ERE." ERE." As die HERE sę beproef alle dinge of dit uit God is, sę die opvoedkundige: Ondervind dit! Dis hoogmoed om die waarskuwing en toetsing van ander gelowiges af te wys asof almal van hoorsę praat. Ander gelowiges oorsee wat al jare saam met Harry Potter kom, is onbetroubare getuies, hulle word beskou as valse alarmblasers (Eseg 33). Ons in Suid-Afrika sal self ondervind, in die modder gaan rol en dan besluit of dit vuil maak. En dan jou kindertjies afwas as dit te vreemd is en self met die modderspatsels van selfondervinding bly sit.Hieraan is nog baie by te voeg. Harry Potter is 'n aanslag uit die hel op ons en ons kinders. Die H
ERE bepaal die norme in sy Woord. Die gehoorsame ouer onderrig en leer die kind uit daardie Woord.Ons mag ons nie met die okkulte verontreinig op soek na sinvolle, Bybelsgefundeerde, opvoedkundige gesprek met ons kinders nie. Dan gaan ons saam met ons kinders deur die vuur, offer ons en ons kinders, met valse gerusstellings, aan Molog. LW In Die Kerkblad van 10 April 2002 (bl 26) het ook 'n skerpe kritiek van Sandra de Bruyn van Secunda verskyn, wat die motivering en aanbeveling van prof Van der Walt betwis.