Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

DIE JESUS SEMINAAR EN NAVORSING OOR DIE HISTORIESE JESUS

Hiermee wil ons as Nuwe-Tesamentiese navorsers graag na aanleiding van die onlangse mediaverslaggewing oor 'n nuwe hervorming, die Jesus Seminaar en navorsing oor die historiese Jesus die volgende verklaring uitreik:

1. Ons is nou al vir verskeie dekades bewus van die werk van 'n klein groepie Nuwe-Testamentici in die Jesus Seminaar en hul werk oor die historiese Jesus. Ons het nogtans besluit dat daar belangrike wetenskaplike redes is waarom ons nie by die navorsing van die Seminaar betrokke wil raak nie, alhoewel ons hulle goeie reg tot onafhanklike navorsing nie wil bevraagteken nie.

Ons is nou al vir verskeie dekades bewus van die werk van 'n klein groepie Nuwe-Testamentici in die Jesus Seminaar en hul werk oor die historiese Jesus. Ons het nogtans besluit dat daar belangrike wetenskaplike redes is waarom ons nie by die navorsing van die Seminaar betrokke wil raak nie, alhoewel ons hulle goeie reg tot onafhanklike navorsing nie wil bevraagteken nie.

2. Hoewel ons glo dat historiese ondersoek oor Jesus 'n rol te speel het in die interpretasie van die Bybel, is ons oortuig dat daar ernstige leemtes in hul werk voorkom. Ons het veral voorbehoude oor hul opvatting van geskiedenis, hul verwaarlosing van die finale teks van die evangelies self, hul onderlinge botsende interpretasies van Jesus, hul hipotetiese en onbewysbare historiese rekonstruksies en die onoortuigende datering van buite-Bybelse bronne.

3. Ons bevraagteken die wyse waarop hulle belangrike historiese gegewens in hul ondersoek buite rekening laat. Hierdie gegewens bevraagteken hul negatiewe siening van die betroubaarheid van die evangelies.

4. Ons verwerp die manier waarop die Seminaar 'n skeefgetrekte beeld van die kerk voorhou asof die kerk lidmate in die duister wil hou en goeie wetenskaplike navorsing vrees. Terwyl dit soms van sekere individue en groepe waar mag wees, en daar inderdaad tye is dat die kerk onverdraagsaam is teenoor wetenskaplike werk, is daar genoeg bewyse van die teendeel ook. Die kerk neem dikwels nuwe insigte van die wetenskap oor. In ons land het die navorsing en verset van Nuwe-Testamentici teen 'n rassistiese en seksistiese lees van sekere Bybeltekste byvoorbeeld bygedra tot fundamentele kritiek teen die apartheidsbeleid en tot toelating van vroue in die amp. Die bestendige rol van die kerk in wetenskaplike navorsing oor die Bybel blyk die duidelikste uit die teenwoordigheid van kerklike opleidingsinstellings aan universiteite.

5. Ons deel die kerklike aanvaarding van die Bybel as unieke grondslag vir geloof in God en Jesus Christus. Ons glo dat daar oortuigende redes is waarom vroeg-Christelike kerke buite-Bybelse boeke nie wou aanvaar nie.

6. Al is die Bybel nie 'n historiese handboek nie, aanvaar ons dat die getuienisse van Bybelskrywers tog 'n histories be-troubare beeld van Jesus moontlik maak. Terwyl die studie van buite-Bybelse geskrifte waardevolle insigte in die lewe van die vroeg-Christelike kerk kan lewer, is ons oortuig dat die Bybel self voldoende grondslag bied om sinvol en met vertroue oor Jesus na te dink.

7. Die maniere waarop in die mediadebat spesifiek oor God en gebed gepraat is, stereotipeer die wetenskap en die kerk as instellings wat 'n kruipende geloofshouding teenoor God as 'n streng Vaderfiguur voorstaan. Die Nuwe Testament self bevat, na gelang van konteks, verskeie verrykende insigte oor God en gebed wat nie hierdie stereotipering reflekteer nie. Hierdie Bybelse sienings van God kan inderdaad skewe denke oor God en gebed, asook oor ander kontemporêre sake korrigeer. Sulke vernuwende denke word egter wyd in die Nuwe-Testamentiese wetenskaplike vlakke bespreek en geniet ons ondersteuning. Ons verwerp dus die implikasie van die huidige debat dat die Jesus Seminaar tans dié bron van nuwe denke is of dat slegs buite-Bybelse bronne sulke denke moontlik maak.

8. Ons bevestig dat ons nie 'n fundamentalistiese siening van die Bybel onderskryf nie. Dit is juis een van die redes waarom ons krities staan teenoor die Seminaar. Ons is oortuig dat die werk van die Seminaar wesenlik fundamentalisties van aard is omdat dit 'n historiese benadering tot die Skrif kanoniseer en teologiese werksaamhede en uitsprake daaraan meet.

9. Ons bevraagteken die uitsluitlike fokus van die Seminaar op die navorsing van die historiese Jesus en die potensieel nadelige invloed van so 'n beperkte teologiese benadering op die verstaan van geloof. Dit suggereer byvoorbeeld 'n skewe beeld van geloof as prestasie omdat dit impliseer dat die vasstelling en aanbieding van sekere historiese feite geloofsekerheid of 'n geloofsgrondslag kan bied

Onderteken deur:

Prof Pieter de Villiers (Rhodes Universiteit)

Prof Jan van der Watt (Universiteit van Pretoria)

Prof Fika van Rensburg (Universiteit van Potchefstroom)

Prof Hermie van Zyl (Universiteit van die Vrystaat).

Die Kerkpad: Mei 2002