Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Geloof en Wetenskap

AKTUEEL: Die Bieg-en-lieg kommissie

SKRIFOORDENKING:
Hand 4: 23-31 Die liefdeswraak van die Heilige Gees

Gebruik die Nagmaal suiwer

Weer 'n Psalm-Gesangeboek?

Psalmberyming - Kommentaar

Artikels 30 en 31 kerkorde

Individualisme en Menseregte

Korrespondensie wat die dagblad Beeld nie gepubliseer het nie

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Staat se betrekkinge met die kerk(e) se huishoudelike aangeleenthede 

Nuwe Afrikaanse Bybel nie meer in die vooruitsig nie

PUK se "CHO" in gedrang

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Gewetensklousule

BOEKBESPREKING Reformerend die Millenium in

Skepping, of "Toeval"

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Godsdiens in Kurrikulum 2005

Klassis GKSA Brakpan getuig

God leef deur Gees in gelowige

Kritiek op "Die fantasiewêreld van Harry Potter..."

Ekonomiese Ontwikkeling

Die Jesus seminaar (Kritiek)

KOMMENTAAR: 
Studie se rol en status van die vrou in die Kerk en samelewing

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Wanneer sterf 'n mens?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 3 Mei 2002

REDAKSIONEEL

Die afgelope paar maande is die aandag sterk gevestig op die fisieke bestaan van Jesus Christus. Dit het begin in wêreldwye kringe van Skrifkritiese teoloë op die voetspore van Karl Barth en R Bultmann. Nie die Bybel dien as rigsnoer van die geloof nie, maar die mens bepaal wat waar en wat nie waar is nie. Dit wat in stryd met geloofwaardigheid is word verwys na ou-tydse verstaan van die Bybelse waarheid wat vir vandag se omstandighede nie meer dieselfde aansprake besit nie.

Die Bybel verloor daarmee die gesag oor die lewe om dit normatief te lei. Die betwyfeling van die maagdelike geboorte van Jesus Christus, die debatte oor Christus se lyding en sterwe, opstanding en hemelvaart is nie maar 'n saak op homself nie. Dit staan in verband met die Skrifkritiek wat stelselmatig die Christelike geloof ondermyn. Skrifkritiek is in die grond van die saak 'n menslike poging om bokant die Skrif te gaan staan en dit te beoordeel volgens rasionele (redelike) menslike denke. Dit skep 'n konflik met die Christelike geloof wat die Bybel onbetwyfeld as waarheid en as 'n vaste norm en reël van die geloof aanvaar.

Die kerklike pers van die NG en NH kerke staan nie sterk afwysend daarteenoor nie en dit verskaf 'n stilswyende amp-telik kerklike ondersteuning vir die ondermyning van die Skrifgesag. Die Bybelse geskiedskrywing word gestel in die lig van 'n kultuursituasie wat vir vandag nie meer dieselfde geloofswaarde as vroeër besit nie. Tye verander en die norme wat voorheen geldingskrag gehad het, ver-ander en verval as gevolg daarvan. Dit is wat die ware geloof laat kwyn en ver-dwyn. Dit is een van die belangrike motiverings vir die verskyning van ons blad, om te help keer en te profeteer met die oog daarop om die Skriftuurlik goeie en die Goddelike waarheid te behou.

Die Kerkpad: Mei 2002