Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

Aktueel

THABO MBEKI DIEN DIE VOORVADERGEESTE!

- BERIG IN DIE AFRIKANER (JB) 12 - 18 Maart 2004  -

Hoe ver die kommunistiese ANC en Thabo Mbeki van die Westerse beskawing en die Christendom verkeer, is bewys deur Mbeki se deelname aan die rituele by die inwyding van die eerste fase van die ANC se Freedom Park op Salvokop net buite Pretoria, net oorkant die Voortrekkermonument.

Tydens die geleentheid het Mbeki persoonlik 'n bossie aan die brand gesteek om die voorvaders te paai en tot versoening te smeek. Die heidense ritueel het terselfdertyd gedien om die voorvadergeeste te smeek om die Freedom Park van bose geeste te bevry. Daarna het Mbeki en Wally Serote, uitvoerende hoof van Freedom Park, beide sorghumbier uit 'n kalbas gedrink om die voorvaders te bedank vir die seën wat van hulle op die projek verwag kan word. Talle toordokters en tradisionele leiers van die swartes het deel gehad aan die seremonie.

Die seremonie is ook bekendgestel as 'n "reinigingseremonie" wat dui op die heidense aanbidding van voorvadergeeste om dié se seën op die verrigtinge te plaas en te verhoed dat ander "bose geeste" hulle daar tuismaak.

Die verrigtinge het op Internasionale Vrouedag plaasgevind. Die ANC het dit ook bekendgestel as 'n herdenking aan hul tien jaar van "freedom", waarvoor die park dan ook daargestel is. Die verrigtinge het begin met toordokters wat kraletjies geskud en dolosse gegooi het. Tydens die TV-beeldsending van die verrigtinge het die Voortrekkermonument telkens in die agtergrond gepryk. Mbeki het eers later aangesluit toe die bossies aan die brand gesteek is om die voorvadergeeste op te roep om hulle seën oor die projek af te smeek.

Die verrigtinge is verder gekenmerk deur die vertelling van 'n witman, ene mnr Potgieter, van die bome en die natuur en hoe dit inskakel by die projek, en veral die tuin van herinnering.

Die Simboliek van die seremonie en die rol van die toordokter en sy aksies is aan TV-kykers in besonderhede verduidelik. Daar sal ook 'n muur van herinnering opgerig word binne die tuin van herinnering. Klippe is uit al nege provinsies aangedra wat in die tuin geplaas is as 'n simbool van eenheid. Daardeur word gepropageer dat die pyn van die verlede nou geheel is.

Die Freedom Park sal uiteindelik R650 miljoen kos. Die eerste fase, wat ... met die seën van die voorvadergeeste ingewy is, het reeds R45 miljoen gekos. Daar word gesuggereer dat die helde van alle bevolkingsgroepe in die Freedom Park gehuldig sal word, ook dié van die Afrikaner. Die naam van die tuin is "Isivivane" wat beteken "rusplek van die gevalle helde" wat dus ook 'n voorvaderkonnotasie het. Mbeki het in sy toespraak dan ook na Freedom Park verwys as 'n plek waar helde van alle rasse, gelowe, kulture en geslagte insgelyks vereer word om die eenheid van die bevolking te simboliseer.

Om die sinkretistiese ingesteldheid van die ANC te benadruk, het Mbeki die naweek (6 tot 8 Maart) voor 'n Hindoe-gehoor in Valenciapark in Nelspruit opgetree. Tydens daardie verrigtinge is die Hindoe-tilak, die rooi vlek tussen die wenkbroue bo die oogbanke, op sy voorkop aangebring. Daardeur het hy hom ook met die Hindoe-geloof vereenselwig.